SA Jagter Hunter

Bospos – Sê jou sê

E-pos na marisa.beeton@media24.com

-

JANCO SE JAGSTORIE

Oupa vertel: Pierre, ’n vriend van my skoonseun het een oggend ’n rooibok gaan skiet en was gelukkig om sommer vroegvroeg een raak te loop (die geluk is altyd aan Pierre se kant).

Toe Pierre ’n voertuig kom haal om die bok op te laai, het Janco, my kleinseun, op die stoep met sy trekker sit en speel en hy is toe saam veld toe. Kosie, my skoonseun, sê toe vir Pierre dat as hulle naby die plek kom waar die bok lê, hy gaan stop en dan moet Pierre vir Janco ’n skoot met die .270 laat “skiet” (Pierre sou die geweer vashou, kamtig aanlê op ’n bok en Janco moet die sneller druk). Hulle maak toe so en vertel vir Janco dat hy ’n rooibok raakgeskie­t het. Janco het natuurlik gedeel in die genot, want hy is versot op jag op sy jong ouderdom. Hy wou net uitspring en gaan kyk waar die bok lê, maar Kosie kon hom oortuig om in die voertuig te klim dat hulle kan ry en kyk waar die bok lê.

By die bok aangekom moes Pierre keer vir al wat hy werd is, want Janco wou sommer in die ry by die venster uitklim om sy bok te gaan laai.

Toe hulle stop, spring Janco uit, gryp die bok aan die voorpote en beduie vir Pierre hy moet kom help om die bok op te laai sodat hulle hom kan slag.

By die huis gekom, vra Janco vir sy ma ’n mes en die messlyper om te gaan help slag. So het hy met ’n kombuismes gehelp tot die bok klaar geslag was.

Janco is deesdae die ene ore as ons praat van ’n bok. Dan beduie hy ons moet hom gaan skiet sodat ons kos kan hê om te eet.

Hierdie is Janco se eerste kammajagst­orie, gedeel deur ’n trotse oupa. En wat ’n voorreg gee ons Liewe Here vir ons as grootouers om saam met die kinders op die plaas te kan bly. ANTON COLEMAN * Anton wen die R500-geskenkbew­ys van Safari Outdoor waarmee hy vir Janco met jagtoerust­ing kan bederf.

KLEIN LESERTJIE

Mattéo skryf: Liewe oom Koos en al die ander jagters, ek is nog ’n bietjie klein maar die SA JAGTER/HUNTER-tydskrif lees baie lekker. My ouma sit my in die groentewas­bak sodat ek lekkerder kan blaai en sodat sy iets kan gedoen kry. Ek verstaan nie hoekom nie maar dit is goed so; sy weet nogal baie goed. Weet julle – daardie boek is so lekker; dit skeur nie eens as ek daarin blaai nie.

My oupa het reeds vir my ’n .22 gekoop wat in sy kluis staan, maar die .416 Rigby is nog ’n bietjie van ’n probleem. My pa sê ek is nog te klein en sal eers eendag daarmee kan skiet. Blykbaar sal hy dit kry as my oupa doodgaan en ek kan dit na hom kry. Dink julle dit is regverdig, oom Koos? My pa se naam is Hannes van Rooyen en hy is baie streng daaroor.

Nietemin, dit is ’n baie lekker tydskrif wat ek geniet om deur te blaai. Ek geniet dit om saam met my oupa deur die skietwinke­ls te stap, want hy koop maklik goed wanneer hy daar is. My ouma sê sy bek word nie eers dik as hy in ’n jagwinkel is nie. Ek weet nie hoekom nie!

Groete! (My ouma mag nie weet ek het vir julle geskryf nie.) MATTÉO VAN ROOYEN

TE VEEL TEGNOLOGIE, TE MIN VERMOË?

Dit val my dikwels op hoeveel kere mense raad vra oor gewere, kalibers, teleskope en die tipe ammunisie wat gebruik moet word vir die jag van sekere wildsoorte. Om raad te vra is nie verkeerd nie, trouens, dit word aanbeveel.

Tog kan ek nie help nie om partykeer te wonder oor die alewige soeke na die ideale kaliber en die ideale tipe ammunisie vir sê maar springbok, gemsbok of eland. Wanneer iemand raad vra, is daar altyd baie mense wat gereed staan met ’n antwoord. Sommige van hierdie antwoorde is gebaseer op persoonlik­e ondervindi­ng of voorkeur, op emosie en soms op hoorsê van derde partye.

Weldeurdag­te, objektiewe antwoorde, gegrond op feite en goeie beredeneri­ng is heel dikwels glad nie ter sprake nie.

Dit wil my ook voorkom of mense dink sekere kalibers en sekere tipes koeëls het een of ander magiese krag. Skiet jy met hulle, sal die bok “meer dood” neerval of sal die vleisskade aansienlik minder wees. Dit lyk my dis veral wanneer dit by koeëlkeuse kom dat mense iets soek om hul bokke “doodter” te skiet. Premium-koeëls word dikwels aanbeveel en dan word daar nog gestry ook oor watter fabrikaat die beste sal wees vir byvoorbeel­d springbokk­e.

Ek besef al te goed dat koeëlkeuse belangrik kan wees, maar dink dat mense te veel hare kloof wanneer dit by koeëlkeuse­s vir gewone vlakte- en bosveldwil­d kom. Daar word volgens my mening te veel klem gelê op tegnologie in plaas van skietvermo­ë. Die beste tegnologie gaan nie biltong aan die haak verseker nie, net akkurate skietwerk en goeie skootplasi­ng.

Te veel jagters fokus te veel op die skiet van klein groepering­s van skiettafel­s af in plaas daarvan om vanuit praktiese veldskietp­osisies op realisties­e afstande te oefen. Indien jy dit doen en ’n goeie skoot gesonde verstand gebruik, sal jy met bykans enige standaard-tipe koeël suksesvol wees. Gesonde verstand beteken dat jy jou eerste skoot versigtig moet kies en nie moet skiet as die bok nie reg staan nie. As jy dan wel skiet, maak seker dat jy ’n akkurate skoot aftrek.

Tegnologie is goed maar dit kan nie skietvermo­ë vervang nie. Leer in die eerste plek om akkuraat te skiet en jy sal minder rondval op soek na die ideale kaliber, teleskoop en ammunisie. JM, GAUTENG

 ?? Janco ??
Janco

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa