SA Jagter Hunter

Snelvuur

-

.224-KALIBER

In die laaste kwartaal van 2017 het Federal ’n nuwe .224-kaliber bekendgest­el genaamd die .224 Valkyrie. Dit is gebaseer op die 6.8mm SPC se dop, afgenek na .224-kaliber en effens korter gesny.

Die doel van die Valkyrie was om ’n kaliber vir die AR 15-tipe gewere te ontwerp waarvan die koeël ver anderkant 1 000 jaarts nog teen supersonie­se spoed trek. Die Valkyrie doen dit met ’n 90gr-koeël van Sierra op 1 300 jaarts. Die AR 15-tipe gewere of MSR’s (Modern Sporting Rifles) is generiese semi-outomaties­e gewere geskoei op die lees van die oorspronkl­ike Colt AR 15. Hierdie tipe gewere is deesdae baie gewild in Amerika vir skyfskietd­issiplines.

Natuurlik sal die .224 Valkyrie nog beter doen uit ’n slotaksieg­eweer met ’n lekker lang loop. Die spesifikas­ies vir die Valkyrie vir 24”-lope is as volg: 2 700vps met ’n 90gr-koeël, 3 000vps met ’n 75-greiner en 3 300vps met ’n 60gr-koeël.

Die groot voordeel van die Valkyrie is dat dit bykans dieselfde ballisties­e vermoëns het ten opsigte van trajek en windskuif as die 6.5 Creedmoor, maar dat hierdie kaliber ongeveer die helfte minder terugskop genereer as die Creedmoor. Vir skyfskiets­kuts is terugskop, of dan die gebrek daaraan baie belangrik – hoe minder jou geweer skop hoe akkurater skiet jy, veral wanneer ’n groot aantal skote ter sprake is.

Federal verskaf reeds fabrieksam­munisie gelaai met 60gr-, 75gr-, 90gr- en selfs 100gr-koeëls. Die swaar, lang .224-kaliber koeëls se BC’s is baie goed en vandaar dan die goeie vermoëns ten opsigte van trajek en windskuif.

Hopelik sien ons binnekort gewere vir hierdie kaliber in die plaaslike mark.

SKRYF EN WEN!

SA JAGTER/HUNTER bied aan sy lesers die geleenthei­d om nuttige toebehore te wen indien hulle vir ons ’n artikel of jagstorie instuur wat gepublisee­r word. Tydskrifte is gedurig op soek na interessan­te artikels en SA JAGTER/HUNTER is geen uitsonderi­ng nie. In 2018 bied ons nie net Dennis Kappetijnm­esse aan nie, maar ook die duursame hout-ammunisiek­issies (Dovetail Boxes) wat Rudi en Lizelle Louw van Sasolburg maak en bemark. Dennis Kappetijn is reeds bekend aan ons lesers, want hy borg reeds ’n jaar lank messe vir wenstories.

Met elke uit uitgawe gaan daar twee wenners rs wees; een gaan ’n Dennis Kap Kappetijn-mes ontvang en die and ander twee Dovetail Boxes Boxes-ammunisiek­issies ammu ammun in die kaliber van sy/haar keuse.

Artikels en stories moet getik en in Word-formaat aan ons gestuur word. Goeie foto’s wat die artikel illustreer is ’n vereiste. Die teks en foto’s moet APART gestuur word (moenie bladuitleg probeer doen nie) en die foto’s moet van onderskrif­te voorsien word. Foto’s moet verkieslik in ’n jpeg-formaat van nie kleiner as 1MB en as ’n aanhegsel gee-pos word. Die lengte van die artikels moet nie 2 000 woorde oorskry nie en moet nie korter as 1 000 woorde wees nie. * Jy kan jou artikels stuur aan: Koos.Barnard@Media24.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa