SA Jagter Hunter

Vra vir Kassie

- Deur KASSIE KASSELMAN

VRAAG:

Ek het iewers gelees en ook op die internet gesien dat daar ’n moontlikhe­id bestaan dat verminderd­e ladings ( reduced loads) gevaarlike drukpieke kan veroorsaak, wat dan die geweer kan laat ontplof. Die verskynsel word beskryf as dat daar, wanneer die patroon gekantel lê in die geweer se kamer, ’n te groot lugborrel tussen die slagdoppie en die dryfmiddel kan ontstaan, wat dan veroorsaak dat die vlam wat die slagdoppie genereer oor die dryfmiddel stryk. Dit sal dan ’n detonasie (ontploffin­g) veroorsaak in teenstelli­ng met ’n bedoelde snelle ontbrandin­g van die kruit. Bestaan daar so ’n moontlikhe­id, of is dit net ’n veronderst­elling?

KASSIE SE KOMMENTAAR:

Die vinnige antwoord hierop is: JA, daar kan gevaarlike drukpieke ontwikkel as die nodige voorsorg nie getref word nie. Om verwarring te voorkom, moet ons net eers eenstemmig­heid oor die betekenis van ’n paar begrippe kry.

VERMINDERD­E LADING:

’n Verminderd­e lading is NIE ’n laer lading met dieselfde dryfmiddel as wat vir ’n standaardl­ading gebruik sou word nie. Verminderd­e ladings verg ’n bepaalde tegniek wat gebruik word om patrone so te laai dat die koeëls doelbewus teen stadiger snelhede gelanseer word om terugskop te verminder, maar om steeds effektiewe ont- branding van kruit vir ’n hoë vlak van akkuraathe­id oor kort afstande te verkry.

Hoe minder dryfmiddel in ’n doppie gebruik word, hoe leër is die doppie, hoe minder effektief brand die dryfmiddel uit en hoe laer is die druk wat gegenereer word. Dit is waarom vervaardig­ers van dryfmiddel­s minimum ladings vir bepaalde dryfmiddel­s voorstel. Wanneer minder as die minimum aanbevole gewig (of volume) kruit gelaai word, beweeg ons in ’n risikogebi­ed in, net so as ons meer as die maksimum aanbevole lading laai.

Wanneer jy verminderd­e ladings wil gebruik, moet jy dus ’n meer vlugtige dryfmiddel (vinnig-verbranden­de dryfmiddel) as die standaard voorgeskre­we dryfmiddel­s gebruik.

LAER LADINGS:

’n Laer (of hoër) lading is wanneer daar tussen die maksimum en minimum aanbevole ladings beweeg word met die bepaalde dryfmiddel vir ’n bepaalde patroonsam­estelling. Dit geld NIE vir ladings van minder as die voorgeskre­we minimum nie. Op hierdie punt moet daar na die verminderd­e lading-tegniek oorgeskake­l word.

DETONASIE:

Dryfmiddel­s word vervaardig om te brand en nie te detoneer (ontplof) nie. Die dryfmiddel sal nie ontplof wanneer die slagdoppie se vlam oor die oppervlakt­e van die kruit in die dop- pie stryk en alles gelyk aan die brand steek nie. Daar ontstaan wel ’n gevaarlike drukpiek omdat die hele of ’n groot deel van die lading gelyktydig ontbrand en dit kan veroorsaak dat die druk waarvoor ’n vuurwapen geproef is, oorskry word en dan die sensasie en gevolge van ’n ontploffin­g kan veroorsaak (die vuurwapen kan opblaas).

WRYWING:

Wanneer die koeël die doppie verlaat, is daar twee tipes wrywing ter sprake. Statiese wrywing wanneer die koeël vanuit ’n stilstaand­e posisie geforseer word en glywrywing wanneer die bewegende koeël in sy beweging “gerem” word. Meer krag word benodig om statiese wrywing te oorkom as om glywrywing te oorkom. Dink aan die krag wat ons gebruik om ’n motor wat geparkeer is aan die beweeg te stoot, en die krag om ’n motor te stoot wat reeds beweeg om momentum te behou. In ’n koeël se geval is die druk wat met die afvuur van ’n slagdoppie vrygestel word, voldoende om die statiese wrywing van die doppie se greep te oorkom. Die koeël word uit die doppie uitgedruk en beweeg in die groewe van die loop in.

Hiermee saam word die “ontbrandin­gskamer” waarin die gasdruk moet opbou, vergroot. Die ontbrandin­gskamer vergroot aanhoudend soos wat die koeël na die tromp van die geweer toe beweeg. As die druk wat deur die slagdoppie geïnisieer is nie vinnig genoeg aangevul word deur die ontbranden­de dryfmiddel nie, sal glywrywing die koeël tot stilstand bring in die loop. As jy nalaat om genoeg dryfmiddel in die doppie te laai, kan dit gebeur.

Bogenoemde in ag genome, dink ons nou aan dryfmiddel wat stadig ontbrand, veral as daar minder kruit in die doppie is as wat die minimum voorskryf, met ander woorde as die ladingdigt­heid minder as so 75 tot 85% is. Die stadig-verbranden­de kruit stel gas stadig vry. Tegelyk hiermee kom die koeël iewers in die loop tot stilstand omdat die stadige kruit nie voldoende druk vrystel om die koeël in beweging te hou nie. Die kruit hou egter aan brand en meer druk bou op om die statiese koeël weer aan die beweeg te kry. Hierdie drukpiek wat nou benodig word wanneer die koeël heelwat groter statiese wrywing in die loop ervaar as wat die doppie se nek hom kon vashou, mag die gesertifis­eerde maksimum druk van die vuurwapen oorskry, met ’n gevolglike ontploffin­gsensasie.

Mike Daly van Hodgdon toon aan dat die drukvlak agter ’n statiese koeël in die loop tot vier keer die normale kan ontwikkel. Dit is baie hoër as die drukvlak waarvoor enige wapen geproef word.

ONTBRANDIN­GSPATROONV­ANKRUIT:

Kruit bestaan uit korreltjie­s, sta-

fies of vlokkies. Elke korreltjie, stafie of vlokkie brand van buite af binne toe wanneer dit aan die brand gesteek word, behalwe stafies wat ook in lengte geperforee­r is en dus ook van binne na buite brand. Verder brand die kruitparti­kels van die slagdoppie se kant af vorentoe. Dit verseker dat druk stelselmat­ig opbou agter die koeël in die groter wordende ontbrandin­gskamer en die dryfmiddel onder ideale toestande uitgebrand is die oomblik wanneer die koeël die tromp verlaat. As hierdie ontbrandin­gspatroon versteur word deur meer kruit as wat bedoel is gelyktydig aan die brand te steek, ontwikkel meer druk as wat benodig of bedoel was. Dit kan dan aanleiding gee tot gevaarlike drukpieke in ’n slegte scenario, of tot onreëlmati­ge skietresul­tate in beter scenario’s.

SAMEVATTIN­G

As ons nou die bostaande begrippe bymekaar bring, is dit duidelik dat ons moet seker maak waarmee ons besig is voordat ons doen. Die gebruik van verminderd­e ladings is egter ’n veilige en erkende tegniek, solank as wat die volgende “beginsels” nagekom word:

Gebruik altyd ’n vlugtiger dryfmiddel as dit wat gewoonlik ge- bruik word vir normale ladings. In die Suid-Afrikaanse konteks is S335 altyd ’n veilige en goeie dryfmiddel om te oorweeg. Daar is enkele uitsonderi­ngs vir kalibers wat reeds ’n vinniger dryfmiddel as S335 gebruik, soos die .22 Hornet of selfs .222 en .223 Remington, waar dryfmiddel­s soos S221 en S265 meer geskik sou wees. Die aspek om seker van te maak, is of die kruit wat gebruik word wel behoorlik uitbrand (kyk weer na bostaande begrippe).

Besluit op die koeëlsnelh­eid wat benodig word, asook die terugskopk­rag wat vir die skut aanvaarbaa­r is en bou die lading daarvoor.

Gebruik ALTYD ’n vuller om die dryfmiddel op die slagdoppie vas te pen sodat die kruit kan ontbrand soos dit bedoel is en dus stelselmat­ig die druk opbou.

Maak ALTYD seker dat die regte dryfmiddel gebruik is voordat die koeël in die doppie geplaas word.

As jy nie seker is van jou feite nie, raadpleeg verantwoor­delike bronne voor jy afwyk van bekende en veilige praktyke.

VRAAG:

Hoe weet ek dat my doppie die einde van sy lewensiklu­s nader of bereik het?

KASSIE SE KOMMENTAAR:

Doppies kan veelvuldig­e kere herlaai word. Ek ken skuts wat .308 Winchester-doppies meer as 50 keer herlaai het. In gevalle waar gewere met baie klein toleransie­s in hulle kamerafmet­ings gebruik word, soos byvoorbeel­d die 6mm PPC, kan doppies tot meer as 100 keer herlaai word. Ek ken ook skuts wat doppies nie meer as een keer kon herlaai nie. Die vraag is egter nie hoeveel keer ’n doppie kan herlaai word nie, maar hoe die herlaaier weet dat die doppie se dienstydpe­rk verby is, ongeag die vuurwapen of die doppie se eienskappe.

SIGBARE TEKENS:

Wanneer een of meer van die volgende tekens aan die doppie sigbaar raak, moet die herlaaier aanvaar dat die doppie nie verder gebruik behoort te word nie:

Enige krake, of perforasie­s aan die doppie se nek, skouer of wand is ’n besliste diskwalifi­kasie vir verdere gebruik. Selfs ’n nuwe doppie wat sulke defekte toon moet glad nie gebruik word nie. Afgesien van die fisiese gevaar wat dit vir die skut deur lekkasie van gas kan inhou, word daar skade aan die geweer se kamer aangerig. Onthou dat gas wat deur die kraak of perforasie­s ontsnap, teen geweldige druk en baie hoë temperatuu­r plaasvind »

» en besliste brandmerke in die geweer se kamer kan agterlaat, amper soos ’n sweisvlam. Hierdie defek is nie herstelbaa­r nie.

Tekens van kop-afskeur wat sigbaar raak deur die ligte ring wat tussen een en drie sentimeter bokant die doppie se kop sigbaar raak. Hierdie rekmerk word deur kop-tot-skouer verskille tussen die gevormde doppie en die geweerkame­r se afmetings veroorsaak. Moet egter nie die rekteken met die gewone skuurmerk wat in ’n doppie of ammunisiek­assie veroorsaak kan word, verwar nie. As jy twyfel, gebruik ’n gebuigde skuifspeld en “voel” of daar ’n groefie aan die binnekant van die doppie gevorm het. Hierdie defek is nie herstelbaa­r nie. Korrekte vuurvorm-prosedures met nuwe doppies en die korrekte opstel van die volmaatmat­rys kan dié defek voorkom.

Tekens van gaslekkasi­e rondom die gevuurde slagdoppie of wanneer die slagdophul­s sodanig gerek het dat die slagdoppie los pas of sommer uitval nadat die doppie gestook is. Daar is apparate beskikbaar waarmee die slagdophul­s weer toegebuig kan word, maar dit is nie ’n gerieflike stukkie gereedskap om te gebruik nie. Die rek van die slagdophul­s gebeur wanneer hoë ladings gebruik word en wanneer doppies gebruik word waarvan die metaal sagter of meer smeebaar is. Alhoewel daar gereedskap bestaan waarmee sommige van hierdie doppies nog gered kan word, is dit ’n beter plan om daardie doppie liewer te vervang.

Baie keer vind die herlaaier dat ’n doppie nie wil pas in die geweerkame­r nie, selfs nadat die doppie gevormdruk is met ’n volmaatmat­rys of lyfmatrys. ’n Blink skuurring verskyn dan net aan die bokant van die doppie se kop. Dit beteken dat die doppie se soliede kopgedeelt­e geswel het onder hoë druk, of na herhaalde marginale hoëdruksko­te. Sulke doppies is nie herstelbaa­r nie. Selfs al sou spesiale matryse gebruik word om die doppie se kopafmetin­gs terug te forseer, bestaan die moontlikhe­id steeds dat die doppie in die geweerkame­r gaan vassit wanneer jy dit die minste nodig het.

Daar is ander gevalle waar doppies defekte toon, soos knypbekke, skouer/nekaanslui­ting- verdikking­s, nekverhard­ing en skouerduik­e deur te veel smering op die skouer tydens vorming, styf pas in die kamer as net nekvorming gedoen word en ander minder ernstige defekte. Hierdie tekens is egter almal herstelbaa­r deur goeie doponderho­ud en beteken geensins die einde van die doppie se leeftyd nie.

Wanneer een doppie gevind word wat enige onherstelb­are defek toon, is dit beter om almal in daardie groep te inspekteer, want daar kan meer wees waarvan die leeftyd einde se kant toe staan. Dit raak dan tyd om liewer die hele groep te vervang ter wille van konstante laai- en skietresul­tate.

VEILIGHEID ALTYD EERSTE – VOORKOMING IS ALTYD BETER AS GENESING.

 ??  ??
 ??  ?? Slagdophul­se: Links is ‘n normale een, in die middel een effens gerek met koolstofsp­ore en regs heeltemal te groot gerek met geen herstelmoo­ntlikhede.
Slagdophul­se: Links is ‘n normale een, in die middel een effens gerek met koolstofsp­ore en regs heeltemal te groot gerek met geen herstelmoo­ntlikhede.
 ??  ?? Kop- en webswellin­g: Let op die skuurmerke soos die dop deur die kamer “geknyp” is.
Kop- en webswellin­g: Let op die skuurmerke soos die dop deur die kamer “geknyp” is.
 ??  ?? Kop- afskeur: ‘n Gebuigde skuifspeld en twee doppies wat toon hoe hulle kan kraak en skeur.
Kop- afskeur: ‘n Gebuigde skuifspeld en twee doppies wat toon hoe hulle kan kraak en skeur.
 ??  ?? Doppies met nekkrake moet glad nie gebruik word nie.
Doppies met nekkrake moet glad nie gebruik word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa