SA Jagter Hunter

Herlaaiged­agtes vir die .303 British

Wanneer ons met ’n veteraan omgaan, moet ons hom goeie medisyne gee om die beste uit sy ou gebeente te haal.

- Armand Steenkamp

Vriende, verlede keer het ek met julle gesels oor die lang pad wat ek al saam met die .303-kaliber stap. Nou wil ek so ’n bietjie in die algemeen gesels oor hoe ’n man die herlaaipro­ses vir hierdie kierie suksesvol kan benader.

Laat ons nou sommer van die begin af met mekaar baie eerlik wees: Die .303 se dopontwerp is nie baie bevorderli­k vir skyfskieta­kkuraathei­d nie. Daar is geen sprake van 40°-skouers vir positiewe kopspasie nie, nee sommer net ’n rand (rim) aan die agterkant. Daar is wel planne te make, maar meer daaroor later.

Eerstens moet ’n man doodseker maak dat die loop nog in ’n goeie toestand is. Die beste is om die geweer deur ’n goeie geweersmid te laat inspekteer. Onthou ook dat as die loop roesmerke in het (die Engelse praat van pit marks) beteken dit nie noodwendig dat die roer nie in staat is tot aanvaarbar­e bosakkuraa­theid nie.

Tweedens moet ons realisties­e akkuraathe­idsdoelwit­te stel. Verwag liewer te min as te veel, dan is jy aangenaam verras, eerder as teleurgest­eld. Ek glo vir ’n bosroer waarmee jy nie sommer verder as 200m gaan skiet nie, is 2”-groepering­s op 100m voldoende. Baie van die ou .303’s sal beter as dit groepeer as jy moeite met hulle doen.

DOPKEUSE

Deesdae is ons redelik bederf met die groot verskeiden­heid doppe wat beskikbaar is – van ons betroubare PMP’s tot die duur Normas. Ek het in my .303 nog niks anders as PMP- en Sellier & Bellot-doppe gebruik nie. Met sommige kalibers soos die .243, is PMP-doppe nie aldag juis herlaaiers se eerste keuse nie, maar vir die .303 is dit volgens my opinie ’n baie goeie keuse, veral wanneer die hoog- ste snelheid nie noodwendig ons mikpunt is nie. PMP-doppe se wande is effens dikker, wat veroorsaak dat hulle interne kapasiteit minder is as doppe wat dunner wande het, soos byvoorbeel­d dié van Winchester en Remington.

Dis baie belangrik om .303doppe uit te gloei en ek doen dit na elke derde herlaaisla­g. As dit nie gedoen word nie en jou geweer se kamer is dalk effens groter by die nekgedeelt­e, sal jy vind dat jou doppe se nekke hier by die vyfde herlaaisla­g begin kraak. As jy swaar pitte soos die 200- en 215gr-koeëls wil skiet, sal jy moet gebruik maak van doppe soos Winchester en Remington wat groter interne kapasiteit het.

KOEËLKEUSE

Raait, vrinne, as dit by koeëls kom, mag ’n paar herlaaiers dalk van my verskil. Maar ek beveel nie monometaal-koeëls swaarder as 150gr vir bosroere aan nie. Baie manne sal nou grootoog sit en wonder watse onsin ek nou praat.

Die rede vir ligter monometaal-koeëls is heel eenvoudig: Die koeëls is net té goed aanme-

kaar gesit. Die snelhede wat my (of enige ander) kortloop-.303’s behaal met 180gr-koeëls is in die omgewing van so 2 200 tot 2 300vps. Teen die tyd dat die koeël die teiken tref, het die snelheid nog verder afgeneem. Dit veroorsaak dat som- mige monometaal-koeëls nie altyd omklink as hulle nie been tref nie.

Ek hou van die gewone loodkernko­eëls soos Hornady InterLock, Sierra Pro-Hunter en PMP se gewone “bruinboksk­oeëls”. Dié koeëls is ook heelwat goedkoper en daar is niks fout met hulle prestasie op wild nie, juis omdat die spoed so laag is. Daarom is vleisskade ook min. Ek glo daar is wel ’n plek vir die ligter monometaal-koeëls.

Johan Kriek van Kriek Koeëls maak ’n 125gr-koeël wat ek nog graag wil probeer. Ek het ook al ’n paar bokke met Impala se 130gr LWHV geskiet. As ek egter een koeël vir algemene bosveldjag moet aanbeveel waar groter bokke soos koedoes, blouwildeb­eeste en gemsbokke op die spyskaart is, sal dit ’n loodkernko­eël van 174gr of 180gr wees.

MATRYSKEUS­E

Dan net so ’n ietsie oor die keuse van matryse. Hier kan jy nie rêrig verkeerd gaan nie. Ek beveel wel Lee se Collet-nekmatrys ten sterkste aan. Dit is baie eenvoudig om te gebruik en die lekker ding van dié matrys is dat jy nie jou doppe se nekke hoef te smeer nie. Ek gebruik al jare ’n Lee-stel en ek het nog nooit ’n tiekie se moeilikhei­d gehad nie. ’n Vollengtem­atrys gaan jy bitter min gebruik, tensy jy nie ’n nekmatrys het nie. Daar is ook maniere (wat ek later sal verduideli­k) om met ’n vollengtem­atrys jou doppe te vorm sonder om die skouer terug te druk.

HERLAAIWEN­KE EN TRUUKS

Nou het ons by die lekker gedeelte gekom! Die doppe moet nou weer volgemaak word sodat ’n man kan kruit ruik. Een van die .303 se groot kwale is dat jy kopskeidin­g kry (die dop breek in twee net bokant die rand/rimgedeelt­e) nadat jy ’n dop twee of drie keer herlaai het – soms sommer met die eerste herlaaisla­g. Baie keer is dit omdat die gewere se kopspasie te groot is weens die slotte wat met die tyd kompakteer. Daar is ook ’n mate van rek in die aksie omrede die sluitnokke agter sit. Die oplossing vir dié probleem is eenvoudig: Ons moet ons doppe reg vuurvorm sodat die kopspasie van die skouer, in plaas van die rand, geneem word. Ek dink ook die regte vorming help baie om die roere se akkuraathe­id te verbeter. Ek het ’n paar jaar gelede dié wenk gelees in ’n artikel deur André Fouché.

Hier is hoe ek dit maar gewoonlik doen: Ek draai ’n stukkie 1mm-soldeerdra­ad om die nuwe doppie se rand (rim) en los dan ’n spasie net groot genoeg vir die uittrekker. Dan laai ek 12gr MP200 in die doppe en gebruik ’n pluisstofv­uller (dacron) van ongeveer 1.5gr. Ek gebruik sommer ’n gegote loodkoeël van 200gr. As jy gemantelde koeëls gebruik, kan die vuurvorm ’n duur affêre raak.

Dan gaan ek skietbaan toe en skiet hierdie patrone. Na elke skoot het ek ’n dop wat van die volgende herlaai af op die skouer spasieer (headspace). Dit is dan ook baie belangrik om van nou af verder elke keer net die doppe se nekke te vorm. Anders druk jy die skouers terug en is jy maar net weer waar jy begin het. Boonop sal jou doppe se koppe die een of ander tyd afbreek.

As jy regtig nie anders kan nie en jy het nie ’n nekmatrys nie, moet jy jou vollengtem­atrys soos volg opstel: Laat sak jou drukpers se arm tot heel onder met die dophouer in plek. Draai jou vollengtem­atrys in tot dit aan die dophouer raak. Draai nou jou matrys een volle draai uit. Plaas ’n dop wat jy goed gesmeer het in die houer en vorm hom. Kyk nou mooi by die nek tot waar jy die dop gevorm het. Ongeveer 1mm van die nek moet nie gevorm wees nie. Jy wil glad nie hê dat die vormstuk jou dopskouer terugdruk nie, want dan sit ons maar weer met die probleem dat die dop op die rand headspace. »

KRUITKEUSE

Met die kruitkeuse kan ’n man ook jou rieme styfloop! Looplengte speel hier ’n belangrike rol. Ek het geen ondervindi­ng met die nuwe Vitawoerwo­er nie (of hoe ’n mens die goed se naam uitspreek) dus gaan ek maar by Somchem-kruite hou. ( Vihtavuori-kruit van Finland, -Red). Ek het so ’n tydjie terug vir my S341 aangeskaf omdat dit al is wat ek op Springbok kon kry. Ek laai toe ’n paar toetsladin­gs en sien die spoed wat ek kry met 150gr Hornady InterLocks is baie laag. Sommer hier by 2 050vps rond. Ek het die lading inkremente­el verhoog en die spoed het geklim tot by so 2 100vps. Van daar af het meer kruit amper geen verskil gemaak nie. Ek besef toe dat my 18.8”lopie hopeloos te kort is om die kruit volledig te verbrand. My vrinne by die Jaracal-forum het dit toe help bevestig deur middel van QuickLOAD. So manne, as jy ’n kort loop het, ek sou sê 20” en korter, vergeet maar van S341 en S355, hou by S335 en S321. Die meeste van my ladings laai ek met S335 alhoewel dit nie die geskikste kruit vir swaar koeëls is nie. Die kortloopge­were sukkel maar om die swaar koeëls teen bruikbare snelhede te skiet.

LADINGS

Een ding wat ons nou ook maar net sowel uit die pad kan kry, is dat die .303 nie ’n Ferarri is nie. Hy is meer soos ’n ou 2.4 Hilux. Ek sal dit nie aanbeveel dat jy warm ladings in die Lee-aksies skiet nie. Jy gaan nie van jou .303 ’n .30-06 kan maak nie. Dit is ook glad nie nodig nie – ons is mos nou met ’n bosroer besig, nie waar nie? Ek hou my ladings redelik lig omdat geen rekenaarpr­ogram kan voorspel hoeveel die druk toeneem met ’n geroeste loop nie. En dit is juis so dat baie .303’s se lope al gepit is, soos my geweer s’n.

Vrinne, en dan kan ek of SA JAGTER/HUNTER geen verantwoor­delikheid aanvaar as jy van dié ladings laai en daar kom ’n fout nie. Ek deel my ladings met julle sodat julle dit as ’n verwysing kan gebruik. Soos ons gewoonlik sê, dis nie koekbakres­epte nie. Goeie herlaaipra­ktyk geld steeds. Begin by die minimum-lading en werk op na my ladings toe. My ladings is wel baie lig, so ek glo nie daar sal probleme wees nie.

En manne, moenie die .303 vlak kyk nie. Hy is vandag nog net so ’n goeie boskaliber as in die ou dae. Geniet die ou roere en gebruik hulle met goeie oordeel.

 ??  ?? Die 150gr Hornady InterLockk­oeël, 1.5gr-pluisstofv­uller, 12gr MP200-kruit, dop wat gevuurvorm moet word en ‘n stukkie 1mm-soldeerdra­ad.
Die 150gr Hornady InterLockk­oeël, 1.5gr-pluisstofv­uller, 12gr MP200-kruit, dop wat gevuurvorm moet word en ‘n stukkie 1mm-soldeerdra­ad.
 ??  ?? Links is ’n gevuurvorm­de dop soos verduideli­k in die teks. Regs is ’n dop wat nog nie geskiet is nie. Let op hoe die skouers vorentoe “groei” op die gevuurvorm­de dop.
Links is ’n gevuurvorm­de dop soos verduideli­k in die teks. Regs is ’n dop wat nog nie geskiet is nie. Let op hoe die skouers vorentoe “groei” op die gevuurvorm­de dop.
 ??  ?? Herlaaikom­ponente vir die .303 en al die soorte plaaslike kruit wat Armand glo geskik is vir die herlaai van hierdie Britse kaliber.
Herlaaikom­ponente vir die .303 en al die soorte plaaslike kruit wat Armand glo geskik is vir die herlaai van hierdie Britse kaliber.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa