SA Jagter Hunter

Hoe om QuickLOAD te gebruik Deel VI

DEEL VI

- Cassie Nienaber

In Deel V het ons gesels oor Christophe­r Long se Optimum Barrel Time (OBT)-teorie. Ons het ook gesien dat ons GLAD NIE QuickLOAD se berekende kamerdruk as kriterium vir veiligheid moet gebruik nie, SLEGS die koeëlspoed.

Barrel Time (BT) is die tyd, gemeet in millisekon­des (ms), wat dit neem vir die koeël om tydens die afvuur van die skoot die loop te verlaat. BT is direk verwant aan die koeël se trompspoed.

1. BEREKENING VAN ’N OBT-LADING MET QUICKLOAD:

Christophe­r se OBT-formule verskyn in sy dokument (sien die skakel daartoe in Deel V). Om op te som, met Christophe­r se formule kan jy ’n string/verskeiden­heid OBT’s bereken. Daarna moet jy jou reeds gekalibree­rde LADING (in grein) in QuickLOAD aanpas/verander totdat QuickLOAD se berekende BT ooreenstem met een van Christophe­r se OBT’s.

In Foto 1 word ’n uittreksel uit die Somchem/RDM-boekie se tabelle vir die .308 Winchester getoon. In dié tabel is die naaste koeëlgewig aan ons 155grkeuse die 150gr PMP SP. Die perke vir ons swaarder 155grkoeël behoort effe minder/laer te wees. Daarom het ek besluit op ’n veilige maksimum koeëlspoed van so 2 750vps.

Let Wel! Vir die bepaling van OBT-ladings raak ons nie nou aan RoH of Ba nie. Hulle is reeds korrek a.g.v. ons kalibrasie. Ons verander SLEGS die LADING in QuickLOAD.

Die OBT’s vir ons looplengte van 558mm word in Foto 2 getoon (soos bereken met die “calculator” op Mamba se QuickLOAD-DVD). Moet jou nie onnodig bekommer oor die onewe/ odd node of ewe/ even node- OBT-nommers nie. Hulle is slegs genommer sodat ons hulle van mekaar kan onderskei en die nommers het geen ander betekenis as dít nie.

In Deel IV het ons QuickLOAD gekalibree­r tot dit die spoed van 2 434vps bereken, presies soos wat ons patrone werklik oor ’n chronograa­f gemeet het. In Foto 3 sien ons QuickLOAD toon ’n BT van 1.254ms met ons gekalibree­rde lading van 39gr S335 @ 2 434vps. Indien ons die lading verlaag, sal die koeëlspoed daal en sal die BT in verhouding daarmee verleng. Die stadigste BT wat ons dus op Foto 2 wil kies, is 1.200ms, omdat ons met 1.313ms stadiger gaan skiet as die minimum spoed in die RDM-tabel (wat ons nie wil doen nie).

Ons vermeerder die lading in QuickLOAD om koeëlspoed te verhoog tot die BT verminder na 1.200ms. Met ’n lading van 40.4gr S335 bereken Quick- LOAD ’n BT van 1.999ms @ 2 512vps soos in Foto 4. Dis heelwat onder ons maksimum spoed van 2 750vps en daarom VEILIG. Ons kan nie altyd tot die laaste desimaal presies op die BT kom nie, kom net so na as moontlik daaraan.

Kom ons kyk of ons nog ’n VEILIGE lading kan inpas SONDER om ons maksimum koeëlspoed van 2 750vps verby te steek. Foto 5 toon QuickLOAD bereken ’n lading van 42.4gr S335 vir ’n BT van 1.126ms @ 2 621vps.

Reg, kan ons nog ’n node hoër/vinniger? QuickLOAD bereken met ’n lading van 45.9gr S335 ’n BT van 1.013ms @ 2 807vps, soos in Foto 6. ALLE tekens is ROOI = GEVAAR! Teen 67 164psi bereken QuickLOAD die kamerdruk is ver OOR 100% van die maksimum kamerdruk (60 191psi) en waarsku onderaan ook in rooi dat jy nou op gevaarlike terrein beweeg. Die maksimum spoed @ 2 807vps is ook 57vps hoër as ons perk van 2 750vps. Boonop behoort ’n lading van 45.9gr S335 vir ons 155gr-koeël vir enigeen met gesonde oordeel, en selfs vir die minder vaardige herlaaier rooi ligte en loeiende alarms te laat afgaan. In die

RDM-tabel is die 150gr-koeël se maksimum lading slegs 44.2gr.

Let asseblief baie mooi op hier! Dalk lyk 57vps vinniger/ hoër as ons perk van 2 750vps vir jou na vrek min, selfs min genoeg om te ignoreer, want dis slegs 2.1% oor die maksimum. Dit is presies hier waar ek drie aanhalings uit die Somchem/ RDM-handleidin­g onder jou aandag wil bring: “Wanneer snelheid gemeet word en die gemete waarde oorskry die ge- publiseerd­e waarde, IS die druk reeds oorkry.”

“Oënskynlik klein fisiese verskille = grootdinam­iese verskille.”

“Hierdie interne ballisties­e proses kan die verbrandin­gstempo vs. druk- sneeubal-effek genoem word. Hierdie twee aspekte werk in ’n bose kringloop op mekaar in namate hulle eksponensi­eel toeneem.”

Anders gestel, teen ’n spoed (BT/ladings) hoër as die maksimum, is die druk vs. spoed wat gelewer word buite beheer en is die moontlikhe­id baie groot dat jy gaan seerkry.

Hoe kies of besluit ons op moontlike OBT’s? Jy kies dáárdie OBT’s wat VEILIG is en ’n koeëlspoed sal lewer wat laer/ minder is as die maksimum uit tabelle met komponente soortgelyk aan joune.

2. ANDER QUICKLOAD-AANDUIERS:

Jy kan ook tydens verwerking aandag gee aan die volgende QuickLOAD-aanduiers: Dopvulling ( Filling/ L.R) = Ons wil so na moontlik aan 100% wees en herlaaiers moet dopvullers oorweeg as die ladingsdig­theid minder as 80% is; Die hoeveelhei­d dryfmiddel wat ontbrand ( Amount of Propellant Burnt) = Hoe nader aan 100% hoe meer effektief is die werkverrig­ting/ opbrengs van die kruit. Probeer ’n alternatie­we kruit indien hierdie % te laag/min raak, dalk wanneer dit laer as 97% raak.

3. TOETS VAN OBT-LADINGS:

Laai drie tot vyf patrone met bostaande twee ladings volgens ons spesifikas­ies en meet hulle spoed akkuraat oor ’n chronograa­f.

Kalibreer QuickLOAD van nuuts af volgens hierdie gemete spoed. BELANGRIK! ELKE keer wat jy ’n nuwe/ander lading volgens gemete spoed wil kalibreer, moet jy die kruit weer “skoon” uit die tabel in QuickLOAD kies. Doen dit so om te verhoed dat jy kalibreer bo-op kruit wat reeds voorheen gekalibree­r is. Deur ’n kruit meermale/herhaaldel­ik te kalibreer gaan sy eienskappe erg krom of buite verhouding gedwing word.

Met die gekalibree­rde data bepaal jy weereens ’n OBT-lading. Indien hierdie nuutste »

» OBT-lading met minder as ±0.3gr (op of af) van die vorige een verskil, is jy by/op die lading. Met kleiner verskille as 0.3gr vir opeenvolge­nde OBTladings is jy waarskynli­k besig om te kompenseer vir ander faktore as die lading self, soos verskille in klimaat, komponente of tegniek tydens herlaai en skiet.

Jou finale OBT-ladings kan effe verfyn word met klein aanpassing­s in ladings of patrooneie­nskappe vir akkurater/fyner groepering­s.

4. BETROUBAAR­HEID VAN OBTLADINGS:

Voor QuicKLOAD het ek altyd met die tradisione­le inkremente­le/ Sweet Spot/ Audette en ander empiriese metodes ladings ontwikkel, meestal met groot sukses. Hierdie metodes vereis dikwels ’n hoë mate van ondervindi­ng om die kaf van die koring te skei en 50+ skote om goeie resultate te behaal.

Vir die laaste twee jaar al maak ek ten volle staat op QuickLOAD met OBT (en gesonde oordeel) om ladings te ontwikkel vir 134 kliënte se wapens. Dit dek ’n baie wye spektrum vanaf die heel kleinste muis- tot grootste olifantkal­ibers. Ook effe ongewone kalibers soos ’n 5.6x57 en Savage .250-3000. Soms was sommige van die gewere “siek” en het hulle eers na ’n bietjie aandag hulle kant gebring. QuickLOAD met OBT het in bykans alle gevalle vir my na slegs twee tot vyf skietbaans­essies veilige en akkurate ladings gelewer, meestal met so min as 12 tot 30 skote. In minder as slegs 5% van gevalle kon ek nie met QuickLOAD en OBT alleen die beste lading bepaal nie. In kort, QuickLOAD met OBT werk uiters goed in die meeste gevalle, maar dit bly steeds net ’n hulpmiddel. Gebruik dit oordeelkun­dig tesame met gesonde verstand en jy kan met relatief min skote aanvaarbar­e resultate behaal.

In die volgende artikel sluit ek hierdie reeks oor QuickLOAD af en gaan ek die gebruik daarvan opsom. Lekker skiet! * Kontak Cassie via sy webblad www.mamba-reloading.co.za/

 ??  ?? FOTO 3: QuickLOAD gekalibree­r met spoedmetin­g.
FOTO 3: QuickLOAD gekalibree­r met spoedmetin­g.
 ??  ?? FOTO 5: Hoër OBT-lading. Hierdie lading is ook nog veilig.
FOTO 5: Hoër OBT-lading. Hierdie lading is ook nog veilig.
 ??  ?? FOTO 4: Laer OBT-lading. Die BT is veilig en onder maksimum spoed.
FOTO 4: Laer OBT-lading. Die BT is veilig en onder maksimum spoed.
 ??  ?? FOTO 2: Die OBT vir ons looplengte word hier getoon.
FOTO 2: Die OBT vir ons looplengte word hier getoon.
 ?? FOTO 1: Somchemlad­ings vir die .308 Win. ??
FOTO 1: Somchemlad­ings vir die .308 Win.
 ??  ??
 ??  ?? FOTO 6: ROOI GEVAARLIGT­E FLIKKER! DIE MAKSIMUM SPOED WORD OORSKRY!
FOTO 6: ROOI GEVAARLIGT­E FLIKKER! DIE MAKSIMUM SPOED WORD OORSKRY!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa