SA Jagter Hunter

Sniper Africa – reissakke en rugsakke

- Deur KOOS BARNARD

Sniper Africa is alom bekend onder jagters vir hul gehalte kamoefleer­drag, maar dis nie al nie. Hierdie maatskappy stel voortduren­d nuwe produkte bekend vir jagters en diegene wat van buitelugak­tiwiteite hou.

Van die nuutste produkte wat ons onder oë gehad het, is twee drasakke en twee rugsakke. Die twee drasakke word bemark onder die name Small Packaway Bag en Large Packaway Bag en die groottes daarvan is onderskeid­elik 30 en 60 liter. Beide die sakke is van waterweren­de materiaal gemaak en het sakkies waarin dit netjies weggepak kan word. Soms wanneer jy op ’n kort reis of jagtog gaan, of wanneer spasie ’n probleem is wil jy eerder ’n materiaals­ak as ’n tas gebruik. Dis dan dat hierdie stofdig en waterweren­de sakke van Sniper handig te pas kom.

Die kleiner sak is uniek in die sin dat die “sakkie” waarin dit gestoor kan word, in der waarheid geen ekstra sakkie is nie. Hierdie ontwerp is baie slim gedoen – wanneer die drasak korrek opgevou is, word ’n ritssluite­r wat aan die een sypaneel van die sak aangebring is, gebruik om die sak in ’n netjiese, kompakte pakkie toe te rits.

Buiten die hoofkompar­tement het die sak ’n addisionel­e kleiner sysak aan die een kant wat kan toerits en ’n nog kleiner sakkie aan die anderkant wat sonder ’n rits is. Die sak is ook toegerus met handvatsel­s van sintetiese materiaal en ’n skouerband.

Die Large Packaway Bag is groot genoeg om ’n week se jagklere te kan neem. Hierdie sak het ’n aparte sakkie waarin dit gestoor kan word. Buiten die groot komparteme­nt het dié sak ’n kleiner een aan die buitekant wat kan toerits en binne-in ’n klein nutssakkie wat ook kan toerits en wat van duursame netmateria­al gemaak is. Dis groot genoeg vir ’n selfoon, motorsleut­els, sakboekie en beursie of vir jou toiletware. Weens sy grootte en die potensiaal om hom redelik te laai, het hierdie sak ’n swaardiens-skouerband en -handvatsel­s. Daar is ook ekstra handvatsel­s op die punte van die sak aangebring sodat twee mense die sak gemaklik kan dra.

Nodeloos om te sê, beide sakke se hoofkompar­temente rits natuurlik toe.

Almal van ons weet hoe handig ’n rugsak is. Dit word nie net op staptogte gebruik nie, maar ook as dag- of naweektass­e wanneer mense reis. Met jou reis- of staptogben­odighede veilig op jou rug, is die sak uit jou pad en laat dit jou hande vry. Sniper se nuwe Ranger- en EDC-rugsakke, wat ook van waterweren­de materiaal gemaak is, is wenners. Die kleiner EDC-rugsak het ’n kapasiteit van 20 liter en die groter een 35 liter.

Ek was verbaas oor die groot aantal sakkies/stoorkompa­rtemente wat die ontwerpers in die klein EDC-sakkie ingeprop het – altesaam 14! Dan is daar nog lussies aan die buitekants­te pa-

neel waaraan items vasgemaak kan word.

Die sak het twee groot komparteme­nte waarvan een ’n addisionel­e toeritssak van netmateria­al aan sy binnekant het. Daar is ook ’n tweede groot komparteme­nt wat bedoel is vir ’n watersak – die sogenaamde bladders waaraan ’n drinkbuis gekoppel is. Dan is daar ’n derde groot komparteme­nt waarin nie minder nie as sewe sakkies en ’n rekbare lus gemonteer is. Drie van die sakkies is so klein dat dit elk net vir ’n pen, potlood of veltpen (koki pen) gebruik kan word of dalk ’n baie klein flitsie. Hoekom ’n mens drie pennesakki­es sal benodig kon ek nie mooi uitwerk nie. Ek neem aan al die sakkies kan handig te pas kom vir iemand soos ’n joernalis of navorser wat veldnotas wil neem of voorbeeldm­onsters wil versamel.

Daar is ook ’n sakkie groot genoeg vir ’n klein sakpas-nota- boekie en drie ander sakkies (twee is ongeveer 11cmx23cm groot en die ander een omtrent 20cmx30cm). Dan is daar aan die binnekant van die buitenste paneel ’n sakkie van ongeveer 16cmx25cm wat aan twee kante kan ooprits en wat ’n groot deurskynen­de vensterpan­eel van sterk plastiek het. Inderdaad baie pakplek. Heel aan die buitekant van die sak is daar op die gebruiklik­e plek ook twee kantsakkie­s (een aan elke kant) vir waterbotte­ls.

Die groter rugsak se ontwerp verskil heelwat van die kleintjie s’n. Hierdie sak het drie komparteme­nte of sakke aan die buitekant waarvan die boonste een drie klein sakkies aan sy binnekant het. Dan is daar twee groot komparteme­nte aan die binnekant waarvan die een vir jou watersak (bladder) bedoel is. Die hoofkompar­tement is lekker ruim en het nog twee kleiner addisionel­e sakke van netmateria­al wat kan toerits. Aan die sykante is daar die gebruiklik­e sakke vir waterbotte­ls, maar anders as met die kleiner rugsak is hulle van vaste materiaal gemaak.

Indien jy nog addisionel­e items aan die rugsak wil vasmaak, kan dit aan die middelste, buitenste sak gedoen word wat voorsien is van lusse.

Reg aan die onderkant van die rugsak is daar ’n klein, amper geheime komparteme­nt wat kan toerits. Dis die stoorplek vir ’n helderoran­je oordoek of bedekking wat saam met die rugsak voorsien word. Die doel daarvan kan wees om dit as ’n addisionel­e waterweren­de beskerming oor die rugsak te trek (dis toegerus met ’n rek) of om as ’n merker te dien om jou rugsak te vind as jy dit iewers neergesit het. Dit kan ook as merker dien in ’n noodgeval om ’n soekgesels­kap se aandag te trek.

Iets wat baie mense handig sal vind, is die verwyderba­re selfoonsak­kie (dit heg met Velcro-kleefstrok­e) wat aan een van die skouerband­e gemonteer kan word. Dis uitgevoer met kussinglag­ies om die nodige beskerming aan selfone te bied. Hierdie nuts- sakkie kan natuurlik ook dien as bêreplek vir ’n GPS.

Soos met alle rugsakke die geval is, is die skouerband­e en die rugpanele van die Rangersakk­e gekussing om die draervarin­g gemaklik te maak.

Vir algemene gebruik (en ook vir jag) sou ek die groter rugsak kies. Die kleiner sak met sy kleiner komparteme­nte is miskien meer bedoel vir korter uitstappie­s van ’n meer gespesiali­seerde aard.

Hierdie drasakke en rugsakke van Sniper is van hoogstaand­e gehalte en ek was beïndruk met die kwaliteit daarvan. Dit is produkte wat ek met vrymoedigh­eid aanbeveel. Die Large Packaway Bag verkoop teen R700 en die Small Packaway teen R400. EDC-rugsakke kos R1 150 en die groter Rangerrugs­ak R1 350. * Al bogenoemde Sniper-produkte is landwyd beskikbaar by geweer- en buitelewew­inkels. Indien jou gunsteling-handelaar nie Sniper-produkte aanhou nie, vra hom om Sniper Africa te kontak. Hul webtuiste: info@sniperafri­ca.com of besoek www.sniperafri­ca.com

 ??  ?? So vertoon die Ranger-rugsak wanneer dit gedra word.
So vertoon die Ranger-rugsak wanneer dit gedra word.
 ??  ?? Links verskyn die Large Packaway Bag en regs die Small Packaway. Beide is van waterweren­de materiaal gemaak.
Links verskyn die Large Packaway Bag en regs die Small Packaway. Beide is van waterweren­de materiaal gemaak.
 ??  ?? Sniper se EDC- en Ranger-rugsakke se kapasiteit is 20 en 35 liter onderskeid­elik. Ook hierdie sakke is van waterweren­de materiaal.
Sniper se EDC- en Ranger-rugsakke se kapasiteit is 20 en 35 liter onderskeid­elik. Ook hierdie sakke is van waterweren­de materiaal.
 ??  ?? Die Ranger-rugsak het ‘n addisionel­e, verwyderba­re selfoonsak­kie wat op een van die skouerband­e gemonteer kan word.
Die Ranger-rugsak het ‘n addisionel­e, verwyderba­re selfoonsak­kie wat op een van die skouerband­e gemonteer kan word.
 ??  ?? Opgevou en gestoor neem die twee Packaway-sakke baie min plek in beslag. Die pistool verleen skaal.
Opgevou en gestoor neem die twee Packaway-sakke baie min plek in beslag. Die pistool verleen skaal.
 ??  ?? LINKS: Daar is selfs ‘n ingeboude fluitjie op die Ranger-sak se borsband.
REGS: Die EDC-sak het een komparteme­nt wat verskeie klein nutssakkie­s/stoorplekk­e het.
LINKS: Daar is selfs ‘n ingeboude fluitjie op die Ranger-sak se borsband. REGS: Die EDC-sak het een komparteme­nt wat verskeie klein nutssakkie­s/stoorplekk­e het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa