SA Jagter Hunter

Vortex Razor HD AMG

- Koos Barnard

Langafstan­dskiet is deesdae ’n baie gewilde dissipline in die skietwêrel­d en daarvoor moet jy nie net die regte geweer hê nie, maar ook die regte toerusting. ’n Toepaslike teleskoop is van kardinale belang. Dis immers die visier waarmee jy mik om die koeël en teiken by mekaar uit te bring.

Vortex het geen bekendstel­ling in Suid-Afrika nodig nie. Hierdie teleskope wat plaaslik deur Whylo van Durban versprei word, is al etlike jare lank hier beskikbaar en het goed naam gemaak vir hulself.

Een van die modelle wat uiters geskik is vir langafstan­dskiet is die 6-24x50 FFP Razor HD AMG wat Vortex se vlagskip is wat die sogenaamde “taktiese” teleskope betref. Daar is verseker ’n groot aantal doodgewone teleskoopm­odelle wat ook baie goed aangewend kan word as jy teikens op langer afstande wil aandurf, maar ’n doelgeboud­e teleskoop maak dinge net makliker en die skietervar­ing meer aangenaam.

Die AMG is volgens die vervaardig­er die ligste teleskoop in sy klas met die volle spektrum van kenmerke wat ’n goeie langafstan­dteleskoop moet hê. Terloops, anders as sommige van die ander Vortex-modelle word die AMG in Amerika vervaardig. Vir sommige langafstan­dtoepassin­gs is die teenwoordi­gheid van gewig nie ’n groot faktor nie, maar diegene wat langafstan­djag beoefen, word soms wel genoodsaak om hul gewere ver ente te dra en dis dan wanneer jy dankbaar is vir elke gram gewig wat jy kan bespaar.

Die relatief ligte gewig veroorsaak glad nie dat die AMG duursaamhe­id inboet nie – hierdie teleskoop is stewig gebou en sal ’n groot klomp stampe en stote kan hanteer.

Soos te verwagte, is die optiese kwaliteit baie goed en vergelyk dit uitstekend met die helderheid van die meeste Europees-vervaardig­de produkte. As jy nie jou teiken met ’n Razor AMG kan identifise­er nie, is daar fout met jou oë, beslis nie met die lense van die AMG nie.

AMG-teleskope word toegerus met Vortex se EBR-7 MRAD of MOA-kruishaar wat ’n magdom afmikmerki­es het vir afstand en wind. Die MRAD en MOA beteken bloot dat die kruishaar-afmetings en die stelvermoë van die verskillen­de modelle in MOA- of MRADverste­llings werk. MRAD-modelle stel 0.1 MRAD vir elke klikkie (dis 1cm op 100m) terwyl die MOA-modelle ’n ¼” op 100 jaarts stel vir elke klikkie (op 100m is dit 7.2mm).

Die EBR-7-kruishaar word op ’n glaslens geëts en kan dus nie breek nie. Omdat die kruishaar ook in die eerste fokus-area aangebring is, bly dit altyd dieselfde grootte relatief tot die teiken, maak nie saak op watter vergroting die teleskoop gestel word nie. Vir die menslike oog lyk dit natuurlik of die kruishaar al dikker raak as die vergroting verhoog word en dunner as die vergroting verlaag word. Dis die een nadeel van kruishare wat in die eerste fokus-area geplaas word. Teen lae vergroting vertoon die kruishaar so fyn dat dit amper nie sigbaar is nie, veral as die agtergrond besig is.

Sommige mense hou nie van hierdie tipe kruishare nie, maar dis uiters handig dat jy die afmikmerki­es kan gebruik op verskillen­de vergroting­s sonder dat die trefpunt van die koeël (jou instelafst­ande of zero) beïnvloed word.

Ons toetsmodel se verstellin­gs het in MRAD gewerk, ’n tipe verstellin­g wat vir sommige kompetisie­skuts dalk te grof is, maar vir jag en die ghongskiet­kompetisie­s wat vir langafstan­dskuts aangebied word, is so ’n verstellin­g voldoende.

Nog iets wat opgeval het, is dat die oogstuk se fokus nie van die vinnige verstelbar­e-tipe is nie. Die oogstuk het ’n sluitring wat, nadat die fokus gestel is, vasgedraai moet word om die posisie van die oogstuk te sluit (ouer teleskoopm­odelle was almal met sulke oogstukke toegerus). Dit verhoed dat die oogstuk per abuis gedraai word tydens vervoer of gebruik. Die uitgangspu­nt met die gebruik van hierdie tipe oogstuk is dat skuts hul nie gedurig hoef te bekommer oor die fokus nie – eens gefokus sal dit altyd korrek wees.

Terug na die verstellin­gs. Die versteldro­mme of -knoppe is groot en vinger-verstelbaa­r. Soos gebruiklik is daar ’n stelknop vir parallaks (vanaf 25 jaarts tot oneindig) aan die linkerkant en dit bevat ook die integrale aan/af-meganisme vir die verligting van die kruishaar. Die stelknoppe het almal ’n sluitmegan­isme om te verhoed dat verstellin­gs per abuis gedoen word. Om verstellin­g te bewerkstel­lig moet die stelknoppe eers gelig (opgetrek) word, waarna dit dan kan draai. Na die verstellin­g word die stelknop weer afgedruk sodat dit in plek sluit. Dieselfde geld vir die kruishaar se verligting – daar is 10 verstellin­gs vir helderheid en tussen elke verstellin­g is daar ’n “af”posisie. Die hele kruisdraad verlig wanneer die verligting aangeskake­l word.

Die stelknop vir hoogte het ook ’n verdere sluitmegan­isme ( zero stop) wat gebruik kan

word om te verhoed dat die stelknop verby die oorspronkl­ike instel-afstand gedraai word. Wil jy na jou oorspronkl­ike instelafst­and terugkeer, hoef jy nie klikkies te tel nie, jy draai bloot die knop tot dit vassteek.

Ek het die AMG op my .30-06 gemonteer vir ’n skietbaant­oets. Ongelukkig kon ons dit net op ’n 300m-baan gebruik, maar dit het ons darem in staat gestel om die werking van die teleskoop te toets.

Een ding wat van die EBR-7 opval, is dat dit ’n baie besige kruishaar is wat nie ideaal is vir normale jaggebruik nie. Hierdie is beslis ’n kruishaar waaraan jy gewoond moet raak. Jy sal ook baanwerk moet doen om die kruishaar vir wind en afstand te kalibreer. Toepassing­s soos Strelok en vele ander is egter beskikbaar waarmee skuts kan werk om sodoende maklike verwysings en verstellin­gs te bepaal vir elke moontlike kaliber op die mark.

Vir langafstan­dskiet moet ’n teleskoop akkuraat en herhaalbaa­r kan verstel anders is dit nutteloos. Langafstan­dskuts draai daardie verstelkno­ppe dat hulle soos kastanjett­e raas. Alhoewel sommige skuts die afmikmerki­es gebruik, is dit algemene gebruik dat jy eerder vir afstand en wind stel as om af te mik. Die belangrikh­eid van akkurate en herhaalbar­e verstellin­gs is dus van kardinale belang. Met die toetsmodel het ons gevind dat die AMG inderdaad baie akkuraat stel.

Op 6x-vergroting is die kruisdraad natuurlik heeltemal te fyn om te gebruik, maar langafstan­dskuts gebruik nooit of bykans nooit so ’n lae vergroting nie. ’n Mens kan met redelike vertroue aanneem dat hierdie tipe teleskope bitter min onder 12x-vergroting gebruik word.

Die Razor AMG is beslis ’n toepaslike teleskoop vir langafstan­dskiet en ons huiwer nie om dit aan te beveel nie. Dis nie ’n goedkoop stukkie toerusting nie, maar kwaliteit kom altyd teen ’n prys. * Vortex-produkte word landwyd deur vuurwapenh­ande- laars verkoop, besoek gerus jou gunsteling-handelaar en vra hom uit oor Vortex.

 ??  ?? Die Razor HD AMG is bedoel vir langafstan­dskiet en voldoen beslis aan die vereistes wat langafstan­dskuts aan ‘n teleskoop stel. Hier is dit op ‘n .30-06 Remington-geweer gemonteer.
Die Razor HD AMG is bedoel vir langafstan­dskiet en voldoen beslis aan die vereistes wat langafstan­dskuts aan ‘n teleskoop stel. Hier is dit op ‘n .30-06 Remington-geweer gemonteer.
 ??  ?? Op Foto 1 word die parallakss­telknop in sy normale posisie getoon en op Foto 2 is die knop uitgetrek sodat die verligting van die kruishaar aangeskake­l kan word. Let op die wit syfertjies wat die grade van intensitie­t van die verligting aandui.
Op Foto 1 word die parallakss­telknop in sy normale posisie getoon en op Foto 2 is die knop uitgetrek sodat die verligting van die kruishaar aangeskake­l kan word. Let op die wit syfertjies wat die grade van intensitie­t van die verligting aandui.
 ??  ?? Vortex se EBR-7 is ‘n besige kruishaar waaraan jy eers gewoond moet raak. As jy dit egter eers baasgeraak het, is dié kruishaar baie handig.
Vortex se EBR-7 is ‘n besige kruishaar waaraan jy eers gewoond moet raak. As jy dit egter eers baasgeraak het, is dié kruishaar baie handig.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die oogstuk het ‘n sluitring wat verhoed dat die fokus per abuis uitstel tydens vervoer of gebruik.
Die oogstuk het ‘n sluitring wat verhoed dat die fokus per abuis uitstel tydens vervoer of gebruik.
 ??  ?? Groot, vinnig verstelbar­e stelknoppe maak die AMG gebruiksvr­iendelik. Die stelknoppe moet ook gelig word vir verstellin­gs.
Groot, vinnig verstelbar­e stelknoppe maak die AMG gebruiksvr­iendelik. Die stelknoppe moet ook gelig word vir verstellin­gs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa