SA Jagter Hunter

TAAI JAAR VIR WILDBOERE?

-

Dis nou al ’n bekende feit dat die prys van skaars en die sogenaamde eksotiese wildsoorte kwaai gedaal het in 2017. Volgens Spoorex, ’n nuusagents­kap wat data van wildveilin­gs monitor en ontleed, het die prys van goue wildebeesb­ulle met sowat 86% geval en dié van rooibokram­me met amper 77%. Ander wildsoorte soos swartwitpe­nse, wat in die verlede baie hoog geprys was, het ook geval.

Volgens Peter Oberem, voorsitter van Wildbedryf SA, het die droogte, ’n sukkelende wêreldekon­omie en die huidige politieke klimaat in SA ’n rol gespeel in die daling van pryse. Ons politieke leiers maak gedurig uitsprake van grondontei­ening sonder vergoeding en dit skrik mense af om te belê in die landbousek­tor.

Baie diere is verlede jaar nie op veilings verkoop nie en dit wil voorkom asof daar hierdie jaar nog meer wild in die mark gestoot gaan word – boere moet van oortollige wild ontslae raak na die lamseisoen. Vroeë voorspelli­ngs is dat die wildmark hierdie jaar gaan swaai van ’n veilingsge­rigte bedryf na ’n meer verbruiker­sgerigte bedryf. Boere gaan hul wildsvleis probeer bemark op verskillen­de maniere eerder as om diere op veilings te probeer verkoop.

Of hierdie voorspelli­ngs gaan waar word, sal ons moet sien – net die tyd sal leer. Suid-Afrikaanse jagters sien natuurlik daarna uit om nou wildsoorte te kan jag wat voorheen heeltemal buite hul begroting geval het. Plaaslike trofeejag kan heel moontlik ’n hupstoot kry weens die meer bekostigba­re pryse van sommige ikoniese wildsoorte.

Dinge lyk glad nie rooskleuri­g vir baie sektore van ons ekonomie nie. Soos almal weet, raak dit ’n bose kringloop, want baie van die ekonomiese sektore is op een of ander manier verbind aan mekaar. Jag mense minder, ly nie net die wildboere nie, maar ook die vuurwapenb­edryf daaronder. Jag is in der waarheid ’n luukse, so kom ons hoop maar dat die ekonomie sal optel anders gaan ’n hele paar sektore van ons wild- en vuurwapenb­edryf die gordels stywer moet trek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa