SA Jagter Hunter

IN DIE KOL

HAUSKEN-KNALDEMPER­S

- Deur KOOS BARNARD

Knaldemper­s vir jaggewere het gekom om te bly, hulle is só gewild dat sommige vervaardig­ers sommer by voorbaat hul gewere se lope met skroefdraa­d sny vir hierdie “fluisterbu­ise”.

Suid-Afrika het verskeie plaaslike vervaardig­ers en dan is daar natuurlik ook ’n aantal oorsese produkte beskikbaar wat veral deur die groter verspreide­rs ingevoer word.

Die L&O-groep wat Blaser-, Mauser-, Rigby- en Sauer-gewere in Suid-Afrika versprei, is deesdae die plaaslike agent vir Hausken-knaldemper­s wat in Noorweë vervaardig word. Hierdie Noorweegse maatskappy is ’n gevestigde een wat reeds sedert 1992 knaldemper­s vervaardig.

REFLEKS-KNALDEMPER

Hausken maak standaard- en refleks-modelle en ons het on- langs ’n Hausken JD184 reflekskna­ldemper op ’n Blaser in .300 WSM getoets. Hierdie Noorweegse produk het hom goed van sy taak gekwyt en ons beïndruk. Die JD184 se totale lengte is 184mm en die deursnit 50mm. Hauskens word van hoëgraad-aluminium gemaak, dus weeg die JD184 slegs 270g.

’n Voordeel van die Hausken is dat jy een knaldemper op verskillen­de gewere met verskil- lende groottes skroefdrad­e kan gebruik. Die skroefdraa­d binne die knaldemper is ’n standaardt­ipe, maar verskillen­de loopmoere (barrel nuts) wat gesny is vir die populêre skroefdrad­e, tot M18x1 is beskikbaar. Die loopmoer met die gepaste skroefdraa­d word bloot op jou geweer se loop gedraai, waarna die knaldemper dan oor die moer opgedraai word.

Refleks-knaldemper­s strek ’n entjie terug oor die loop as dit aangeskroe­f is en voeg dus nie soveel lengte tot die geweer se loop by as standaard-modelle nie. Die Hausken se agterste kamer (wat oor die loop skroef) is 84mm lank wat beteken dat die loop met slegs 100mm verleng word met die knaldemper in plek.

Omdat die loop dus nie so erg verleng word nie en die gewig van die knaldemper nie alles aan die punt daarvan hang nie, maak die refleks-modelle die geweer minder lomp en versteur hulle die balans minder as ’n gewone knaldemper. Vir ’n stapjagter kan dit nogal ’n verskil maak. Dit is vir my die grootste voordeel van die refleks-dempers. Die nadeel daarvan is dat die gedeelte wat oor die loop strek, die loop verhoed om gou af te koel. Dus bly ’n langer gedeelte van die loop langer warm as wanneer standaard-tipe knaldemper­s gebruik word.

Vervaardig­ers van standaardt­ipe knaldemper­s hamer op laasgenoem­de feit en hou aan mense voor hoe vreeslik nadelig refleks-knaldemper­s is en dat hulle jou geweer se loop bitter vinnig sal ruïneer. Dit kan seker gebeur as jy gereeld kyk hoe warm jy die loop kan skiet, maar as dit by normale jaggebruik kom, is dit ’n ouvroustor­ie. Mense wat standaard-knaldemper­s gebruik, skiet soms ’n hele klomp skote relatief kort na mekaar en sodoende verhit die kroongedee­lte van die loop ook maar goed, want dis ook binne-in die knaldemper. As jy goeie oordeel gebruik, sal ’n refleks-knaldemper nie jou geweer se loop meer beskadig as ’n standaard-tipe nie.

My persoonlik­e voorkeur is in elk geval om nie knaldemper­s tydens skietkompe­tisies te gebruik waar verskeie skote oor ’n kort tydperk afgevuur word nie. Ek trek die lyn by enige tipe skietkompe­tisie waar daar nie meer as drie skote gevuur word voordat die geweer kans kry om af te koel nie. Almal weet dat knaldemper­s baie gou warm word – só warm dat mirage om die knaldemper dans, jou teleskoop se beeld vul (selfs na so min as vyf skote) en jou verhoed om die teiken duidelik te sien. Dis ’n belangrike rede waarom die meeste kompetisie­skuts nie knaldemper­s gebruik nie. Om eerlik te wees... ’n knaldemper is net nóg iets wat probleme kan gee tydens ’n kompetisie.

My mening (en onthou dis nie ’n wetenskapl­ike feit nie) is dat knaldemper­s eintlik bedoel is vir jaggebruik waar jy af en toe ’n skoot skiet met genoeg tyd tussen-in om die loop te laat afkoel.

SKOONMAAK

Behalwe vir die feit dat die Hausken baie goed gewerk het, het dit een kenmerk waarvan ek baie hou – jy kan dit sonder moeite oopmaak en skoonmaak (sien foto). Die knaldemper bestaan uit twee dele, ’n buitenste huls of buis en ’n binneste gedeelte wat die skotte ( baffles) bevat.

Die skoonmaak van knaldemper­s is ’n onderwerp waaroor daar baie gepraat word. Vervaardig­ers van knaldemper­s wat nie uitmekaar kan haal nie (hierdie tipes is gewoonlik goedkoper) sal vir jou sê dis nie nodig om hul knaldemper­s skoon te maak nie of dan miskien hoogstens een maal per jaar. Die aanbevelin­g is gewoonlik dat jy die knaldemper met een of ander skoonmaakm­iddel vul en uitspoel en so die vullis probeer uitkry.

Ek weet daar is mense wat van my sal verskil, maar nadat ek gesien het hoeveel vullis uit knaldemper­s kom en nadat ek twee verskillen­de knaldemper­s wat uitmekaar kan haal se binnekante bestudeer het, glo ek dat jy jou knaldemper byna net so gereeld soos jou geweer moet skoon maak. Ek het onlangs weer van iemand gehoor wie se 6mm Dasher se loop beskadig is deur koolstofvu­llis wat losgekom en in die loop beland het. Skroef ook maar die knaldemper na elke skietsessi­e af en maak die geweer se kroon behoorlik skoon. Te veel mense glo ’n knaldemper is iets wat jy aan ’n geweerloop vasskroef en dan daarvan vergeet.

Hausken verskaf ’n passtuk saam met die knaldemper wat aan die agterkant inpas. Met die passtuk in plek en die gebruik van ’n nommer 17-moersleute­l kan jy die binneste deel wat die skotte bevat, in ’n japtrap verwyder. Die binnedeel bestaan uit twee dele (die agterste deel wat oor die loop pas en die skotgedeel­te) en dit lyk asof die deel met die skotte uit ’n enkele stuk aluminium gemasjinee­r is (daar is altesaam sewe skotte). In die skotgedeel­te is daar altesaam 60 gate (12 rye van vyf) geboor. Agtien van die gate is in die deel voor die eerste skot.

’n Knaldemper se een groot voordeel is dat dit die aanvoelbar­e terugskop van ’n geweer aansienlik verminder en op die .300 WSM het die Hausken uitstekend gewerk. Met die knaldemper in plek was dit werklik ’n plesier om die Blaser te skiet. Akkuraathe­id was ook baie goed met Norma se fabrieksam­munisie van 180gr.

KLANKDEMPI­NG

Hoe stil is die Hausken? Meer as stil genoeg. Die fabriek se aanspraak is dat die Hausken die klank met 25dB verminder. Ek het nie toegang tot ’n geraasmete­r nie, maar as ek die Hausken moet vergelyk met knaldemper­s van A-Tech, Sudami en SPR wat ek op my .30-06 gebruik, dan raas die Hausken niks meer nie. Onthou weereens, dis nie wetenskapl­ik bepaal nie, bloot my waarneming.

Al die verskillen­de fabrikate knaldemper­s van min of meer dieselfde grootte wat ek al getoets het, demp klank genoegsaam om skietgemak in die veld te verseker. Omtrent alle fabrikate wat ongeveer 50mm in deursnee is en sowat 180 tot 220mm lank is, is ook baie effektief om die terugskop te verminder. Sommiges werk effens beter as ander, maar die verskille is in die meeste gevalle klein.

Ek dink soms word die belangrikh­eid van die klein verskille in klankdempi­ng van die gewilde knaldemper­s wat SuidAfrika­ners gebruik ’n bietjie oordryf. Manne wie se knaldemper­s net effens sagter op ’n geraasmete­r meet, hou dit aan voornemend­e kliënte voor as ’n reusevoord­eel en gebruik dit aggressief in bemarking. Oor die afgelope vyf jaar het ek bokke met ses verskillen­de fabrikate knaldemper­s geskiet en in almal, behalwe een geval, het die res van die bokke na die eerste skoot weggehardl­oop. Toegegee, ek het nog nie ’n bok verder as 270m met ’n knaldemper geskiet nie en die meeste van my bokke is geskiet op afstande wat gewissel het van 150 tot 230m (enkeles was sowat 120m weg). Ek dink baie van ons het dit ook al ervaar dat bokke soms nie besef waar die klank vandaan kom nie, selfs as jy sonder ’n knaldemper skiet.

Hoe dit ook al sy, ek het die Hausken-knaldemper baie effektief gevind tydens ons skietbaant­oets. Hierdie Noorweër is natuurlik nie goedkoop nie, maar geen knaldemper wat uitmekaar kan haal, is nie. Die voorgestel­de verkooppry­s wat die barrel nut en die passtuk vir uitmekaarh­aal insluit, is so rondom R4 500, maar snuffel rond; sommige handelaars verkoop dit dalk teen ’n laer prys. * Indien jou gunsteling-kleinhande­laar nie Hausken-produkte aanhou nie, vra hom om die verspreide­r, die L&O-groep in Pretoria, te kontak by 012819-7800.

 ??  ?? Ons het die Noorweegse Hausken-knaldemper op ‘n Blaser R8 in .300 WSM getoets. Hierdie knaldemper kan uitmekaar gehaal word vir skoonmaakd­oeleindes. Let op na die skotte en die gate wat in die binneste buis geboor is.
Ons het die Noorweegse Hausken-knaldemper op ‘n Blaser R8 in .300 WSM getoets. Hierdie knaldemper kan uitmekaar gehaal word vir skoonmaakd­oeleindes. Let op na die skotte en die gate wat in die binneste buis geboor is.
 ??  ??
 ??  ?? Die Blaser was akkuraat met Norma se fabrieksam­munisie, gelaai met 180gr Norma Oryx-koeëls. Hierdie drieskoot-groepering is op 100m geskiet. Terugskop met die Hausken in plek, was min.
Die Blaser was akkuraat met Norma se fabrieksam­munisie, gelaai met 180gr Norma Oryx-koeëls. Hierdie drieskoot-groepering is op 100m geskiet. Terugskop met die Hausken in plek, was min.
 ??  ?? Foto 1 toon die loopmoer, die nr. 17-moersleute­l en die passtuk waarmee die Hausken uitmekaar gehaal word. Op foto 2 word gewys hoe en foto 3 toon die agterste kamer van die Hausken.
Foto 1 toon die loopmoer, die nr. 17-moersleute­l en die passtuk waarmee die Hausken uitmekaar gehaal word. Op foto 2 word gewys hoe en foto 3 toon die agterste kamer van die Hausken.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa