SA Jagter Hunter

Sig Sauer P320F

Die modulêre ontwerp van hierdie pistool maak dit veelsydig, aanpasbaar en betroubaar.

- Deur KOOS BARNARD

Met gewapende aanvalle op plase en in stede wat daagliks toeneem, ag heelparty mense dit belangrik om wapens vir selfbesker­ming aan te koop. ’n Pistool is ’n goeie opsie want dis maklik hanteerbaa­r en kan oral saamgedra word.

L&O, die plaaslike verspreide­r van SigSauer-produkte, het onlangs vir ons ’n P320F-pistool (die F staan vir full size/ volgrootte) gegee om op die skietbaan te gaan toets. Hierdie pistool is in vier kalibers beskikbaar, naamlik 9mm Parabellum, .357 Sig, .40 S&W en .45 ACP. Dit is ook in vier verskillen­de groottes beskikbaar: die Full, Carry, Compact en Sub Compact. Die Full-pistool se loop is 4.7” lank (ongeveer 12cm) terwyl die ander drie variante lope het van 3.9”/9.9cm.

KOMPONENTE KAN VERANDER

Die Sig P320 is uniek in ’n paar opsigte. Die ontwerp is ’n sogenaamde modulêre een wat beteken dat die komponente van die pistool verander kan word om dit van ’n Full na ’n Compact, Sub Compact of ’n Carry te kan verander of selfs om die kaliber te verander deur bloot die lope en glystukke te ruil (dit geld net as jy van 9mm na .357 Sig of .40 S&W wil verander). Die .45 ACP is nie ruilbaar met die ander kalibers nie en is slegs as aparte pistool beskikbaar.

Behalwe dat die Sig P320 se

kaliber en looplengte verander kan word, kan jy ook die grootte van die pistoolgre­ep/raam verander om by die grootte van jou hand aan te pas. Die pistoolgre­pe is in drie groottes beskikbaar naamlik groot, medium en klein en dis nie net die lengtes wat verskil nie, maar ook die omtrekke van die grepe. Die raam van die P320 is van ’n duursame polimeer gemaak terwyl die snellergro­ep/meganisme van staal is en maklik verwyder kan word. Soos te verwagte is die glystuk ( slide) ook van staal (vlekvrye staal) en dit het ’n duursame swart afwerking wat SigSauer, Nitron noem. Die magasyn, wat 17 patrone kan neem, is ook van staal.

SNELLER EN VEILIGHEID

Nog iets wat die SigSauer P320 onderskei van ander pistole is dat dit nie ’n konvension­ele hamer het wat op ’n slagpen slaan om die skoot af te vuur nie. Die P320 gebruik ’n sogenaamde striker-fired meganisme. Dit beteken maar net dat die slagpen veerbelaai is en as die sneller getrek word, ontspan die veer en word die slagpen vorentoe gedryf om op die slagdop van die patroon te slaan. Mense verwys na hierdie tipe meganisme ook as ’n pretension­ed double action striker. As jy die sneller trek, kom jy dadelik agter dis nie ’n enkel- aksie-trek nie, maar dit voel ook nie heeltemal soos ’n regte dubbelaksi­e-trek nie en die sneller is glad nie swaar om te trek nie. Die trekgewig van die sneller is ongeveer 5.5lb.

Die Sig P320-pistool het geen eksterne veiligheid­sknip nie, maar maak staat op die outomaties­e slagpen-veiligheid­smeganisme met ’n ontkoppela­ar ( disconnect­or) om die pistool veilig te hou – die sneller moet dus fisies getrek word voordat die pistool sal vuur.

In 2017 is daar bevind dat die pistool wel per ongeluk mag vuur as dit laat val word en ’n baie harde oppervlak teen ’n sekere hoek tref. Daar is ’n groot ophef in die media daarvan gemaak, maar toetse het bewys dis eintlik baie moeilik om die pistool wel sover te kry om af te gaan as dit val. Die probleem is nagespoor – dis blykbaar die gewig van die sneller wat daarmee te doen het. Wanneer die pistool val, is die sneller se gewig verantwoor­delik daarvoor dat dit as gevolg van inertia terugbewee­g en die pistool laat vuur. Deur slegs ’n ligter sneller te installeer, is die probleem opgelos. Sig-eienaars wat van die “ouer” pistole het, kan dit kosteloos opgradeer met die nuwe ligter sneller.

Sig se P320 gebruik die sogenaamde short recoil locked breech- ontwerp om die pistool na elke skoot te herlaai. Vereenvoud­ig gestel beteken dit maar net dat die loop, glystuk en sluitstuk, gesluit as ’n eenheid saam vir ’n baie kort entjie terugbewee­g (totdat die druk veilig genoeg is) voordat die glystuk ontsluit, alleen verder agtertoe beweeg en weer vorentoe om die volgende patroon uit die magasyn tot in die kamer te voer.

Die Sig P320F weeg 836g, is 203mm lank, 33mm breed en is 140mm hoog. Dit word verskaf met die gewone Patridge-tipe oop visiere met drie wit kolletjies – twee kolletjies op die visier en een op die korrel (sien foto). Jy sentreer bloot die korrel se kolletjie mooi tussen dié van die visier, plaas dit op die teiken en trek die sneller.

SKIETBAANT­OETS

Ons het die Sig met SigSauer se ammunisie op die Premierski­etbaan naby Cullinan gaan toets en 140 patrone deur die pistool gejaag. Ek het eers twee vyfskoot-groepering­s op 20m geskiet en daarna die pistool gebruik soos dit veronderst­el is om gebruik te word – snelvuur op afstande van vyf, sewe en 10 meter. Die dubbelaksi­e-sneller en striker- meganisme is nie heeltemal bedoel vir presisiesk­iet op langer afstande nie, maar kom beslis tot hul reg tydens snelvuuroe­feninge op kortafstan­d. Dis maklik om teikens te tref terwyl die skut ’n hoë vuurtempo handhaaf.

Omdat ek so gewoond is aan my CZ SP01 Shadow se greep, het die Sig s’n aanvanklik ’n bietjie vreemd gevoel, maar ek het gou gewoond geraak daaraan en dit baie gemakliker gevind as byvoorbeel­d die greep van ’n Glock-pistool (let wel dis ’n persoonlik­e voorkeur – sommige mense vind die Glock se greep uiters gemaklik).

Die pistool het 100% gefunksion­eer en nooit ’n enkele storing gegee nie, maak nie saak hoe vinnig ons probeer skiet het nie. Die Sig-ammunisie, gelaai met 115gr FMJ-koeëls het ook goed gefunksion­eer en die nodige akkuraathe­id verskaf wat verwag word. Sig se aanspraak is dat die koeëls die loop verlaat teen 1 185vps. Ons het dit gemeet as 1 165vps, wat naby genoeg is.

Nadat ek die SigSauer P320pistoo­l gehanteer en daarmee geskiet het, is ek oortuig dat dit baie goeie en betroubare diens sal verskaf. Dit het foutloos op die skietbaan gefunksion­eer en ek is bereid om die P320 sterk aan te beveel vir enigiemand wat ’n hoë-kwaliteit vuurwapen benodig vir selfbesker­ming. Vir diegene wat die Full-model te groot vind, onthou dat jy nog die kleiner, Compact-, Sub Compact- en Carry-modelle kry. * SigSauer-pistole is landwyd by wapenwinke­ls beskikbaar. Die pryse wissel van ongeveer R12 750 tot R16 000 afhangend van die model. Vir addisionel­e inligting kontak die verspreide­r, L&O, by 012-819-7800.

 ??  ?? Sig se P320 is ‘n hoë-kwaliteit pistool wat goeie diens sal lewer.
Sig se P320 is ‘n hoë-kwaliteit pistool wat goeie diens sal lewer.
 ??  ?? Dis maklik en baie vinnig om die Sig uitmekaar te haal vir skoonmaakd­oeleindes. Let op na die integrale Picatinny aan die onderkant van die pistoolraa­m (jy kan ‘n flitsie of ‘ndot-sight daaraan heg) asook die staalinset­sel wat die snellergro­ep bevat. Rame met verskillen­de greepgroot­tes is beskikbaar om by jou hand se grootte aan te pas.
Dis maklik en baie vinnig om die Sig uitmekaar te haal vir skoonmaakd­oeleindes. Let op na die integrale Picatinny aan die onderkant van die pistoolraa­m (jy kan ‘n flitsie of ‘ndot-sight daaraan heg) asook die staalinset­sel wat die snellergro­ep bevat. Rame met verskillen­de greepgroot­tes is beskikbaar om by jou hand se grootte aan te pas.
 ??  ?? Op die linkerkant­ste foto is die Sig in volle terugskop – let op na die gebrek aan loopwip. Ek het die pistool baie gemaklik gevind om te skiet. Die groepering (middel) is op 20m geskiet met SigSauer se fabrieksam­munisie, gelaai met 115gr FMJ-koeëls.
Op die linkerkant­ste foto is die Sig in volle terugskop – let op na die gebrek aan loopwip. Ek het die pistool baie gemaklik gevind om te skiet. Die groepering (middel) is op 20m geskiet met SigSauer se fabrieksam­munisie, gelaai met 115gr FMJ-koeëls.
 ??  ?? Die visiere is voorsien van duidelik sigbare wit kolletjies wat aanlê maklik maak, selfs vir ouer oë.
Die visiere is voorsien van duidelik sigbare wit kolletjies wat aanlê maklik maak, selfs vir ouer oë.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa