SA Jagter Hunter

Balistix-koeëls

Koop plaaslik vir kolskote.

- Deur KOOS BARNARD

Suid-Afrikaanse jagters en skyfskiets­kuts het dit deesdae baie maklik. Waar ons in die verlede hoofsaakli­k aangewese was op oorsese produkte, is daar tans ’n groot verskeiden­heid plaaslikes van hoëkwalite­it beskikbaar. Koeëls vir jag en skyfskiet is een so ’n produk.

DIE NUWELING

’n Nuwe toetreder tot die mark is Balistix Bullets wat monometaal­koeëls van rooikoper vervaardig. Twee vriende, ’n bankier, Chris Strydom en ’n ingenieur, Roelof Vorster wat groot skietentoe­siaste is, het besluit om hul passie een stap verder te neem en hul eie koeëls te ontwikkel. Waarom? Behalwe dat dit lekker is om jou eie produk te gebruik, was die periodieke gebrek aan oorsese koeëls ook ’n dryfveer. Ek dink die meeste van ons het al die frustrasie ervaar van koeëls wat nie beskikbaar is wanneer jy dit die nodigste het nie. En soms neem dit ’n hele paar maande voordat die betrokke produk weer hier land. Deur Suid-Afrikaans te koop, is jy verseker dat die produk altyd beskikbaar sal wees.

Maar waarom ’n monome- taalkoeël? Dis doodeenvou­dig; hierdie koeëls werk uitstekend op wild ten opsigte van penetrasie en gewigsrete­nsie en, anders as loodkernko­eëls, hou dit geen gesondheid­sgevare in nie. Daar word reeds wêreldwyd veldtogte geloods om die vervaardig­ing van loodkernko­eëls te stop en soos lesers seker weet, is daar al lande waar die gebruik van loodhaelko­rrels op veerwild (spesifiek watervoëls) heeltemal verbied word.

Monometaal­koeëls wat geen lood bevat nie is dus die koeëls van die toekoms.

Balistix se koeëls, wat uit 99.5% koper bestaan, word net soos baie ander monometaal­koeëls op CNC-masjiene gesny. Soos julle uit die foto’s kan aflei, is die Balistix ’n bootstertk­oeël wat die sogenaamde rebated boattail- ontwerp (RBT-ontwerp) gebruik. Die verskil tussen ’n gewone bootsterto­ntwerp en die rebated een, is dat laasgenoem­de ’n trappie het waar die bootstert begin (sien foto). Volgens Balistix en ander vervaardig­ers van sulke koeëls is die voordeel dat die gas wat agter die koeël uit die loop ontsnap meer sywaarts (dus weg van die koeël af) gedeflekte­er word die oomblik as die koeël die loop verlaat. Dit veroorsaak minder turbulensi­e rondom die basis van die koeël sodat die koeël vinniger stabilisee­r, wat dan kan lei tot ’n 15% verbeterin­g in akkuraathe­id, aldus die vervaar-

diger. Koeëls met ’n RBT-ontwerp is blykbaar ook minder gevoelig vir loop- en kroondefek­te. Met hierdie tipe ontwerp kry jy dus die voordeel van ’n platbasis- en ’n bootstertk­oeël in een.

DRIE TIPES

Balistix-koeëls is beskikbaar in drie tipes, naamlik ’n soliede een vir skyfskiet, die Target en twee met hol punte wat kan omklink en vir jag bedoel is. Laasgenoem­des word die Ultra Hunt en die HunTac genoem. Die Ultra het ’n redelike groot gaatjie in terwyl die HunTac s’n kleiner is. Ultra Hunt-koeëls is bedoel vir korter afstande in die bos terwyl die HunTac ’n effens beter BC het en meer bedoel is vir langer skote in oper terrein. Die enigste verskil tussen die jagkoeëls en die Target is dat laasgenoem­de nie die holpunt het nie en effens goedkoper is. Balistix se jag- en skyfskietk­oeël groepeer vir alle praktiese doeleindes (realisties­e jagafstand­e) op dieselfde plek en die goedkoper koeël kan dus gebruik word vir ladingontw­ikkeling.

Die Target en HunTac-koeëls is beskikbaar in nege verskillen­de kalibers van .243” tot .375” terwyl die Ultra Hunt tans net in .308”, .338”, 9.3mm en .375” gemaak word. Chris en sy span is besig om die reeks uit te brei. Behalwe vir doelgerigt­e jagkoeëls vervaardig Balistix ook koeëls met hoë BC’s vir ekstreme langafstan­dskiet met kalibers soos die .375 CheyTac byvoorbeel­d. Die CheyTac-koeëls sal ook vorentoe uitgebrei word.

Soos die meeste ander monometaal­koeëls het die Balistix groewe en nie dryfbande nie – met ander woorde die ogief van die koeël waar dit stop is nie kleiner in deursnee as die skag nie, en die ogief maak wel kontak met die loop se lande/groewe as die koeël in die loop af beweeg.

Iets wat Balistix-koeëls uniek maak, is dat hulle voorsien word van ’n deklaag smeermidde­l wat kortweg bekend staan as hBN ( hexagonal boron nitride). Hierdie witterige poeier word wêreldwyd gebruik deur ’n groot aantal industrieë en deesdae ook in die skietwêrel­d waar dit grootliks besig is om die welbekende Moly te vervang. hBN het veel beter eienskappe as Moly, pak nie aan in geweerlope soos Moly nie en is nie so morsig om te gebruik nie. Skuts wat dit gereeld gebruik (waaronder sommige van ons voorste Bisley-skuts) praat nét met lof daarvan. Dit verlaag nie net die druk in die loop nie, maar veroorsaak ook minder kopersmeer en koolstofde­posito’s in die loop. Dit reageer ook nie met vog soos Moly nie (wat swawelsuur kan vorm en lope erodeer) is meer hittebesta­nd (tot 2 400 °C teenoor Moly se ongeveer 900 ˚C) en oksideer dus nie so gou soos ander sogenaamde soliede smeermidde­ls nie.

Die kwaliteits­beheer van Balistix-koeëls is baie hoog en dit reflekteer in die gehalte van die eindproduk – die toleransie­s is baie klein, die koeëls is netjies afgewerk en die verskil in gewig van koeël tot koeël baie klein.

DIE TOETS

Ek het die geleenthei­d gehad om Balistix-koeëls tydens ’n jag en ook op die skietbaan te toets. Laat in 2017 het Chris Strydom van Balistix vir my ’n klompie 165gr-koeëls laat kry wat ek vir my .30-06 gelaai het. Met ’n lading van 47.5gr het die 165greiner­s die loop verlaat teen 2 564vps en sommer met die tweede probeersla­g het ek goeie akkuraathe­id gekry. Net soos enige ander koeël kan jy met die plasingsdi­epte van die koeël (sprong na die lande) speel om die beste akkuraathe­id te verkry. Monometaal­koeëls vereis soms ’n taamlike lang sprong vir die beste akkuraathe­id.

Balistix-koeëls word verskaf in plastiekho­uertjies wat 50 koeëls hou (behalwe die 9.3mm en .375” wat in hoeveelhed­e van 25 verpak word). Herlaaiers sal ook verheug wees om te verneem dat Balistix ook pakkies van slegs 10 koeëls verkoop. Dis vir die manne wat eers net die Balistix-koeëls in hul gewere wil toets sonder om ’n groter uitgawe aan te gaan. Die houertjies is ook so gemaak dat hulle op mekaar kan stapel sonder om rond te skuif (knoppies aan die onderkant van die houer en duikies bo in die deksel). »

» Met hul ontwerp het die Balistix-span nie doelbewus hoë BC’s nagejaag nie, maar eerder gekyk na funksional­iteit ten opsigte van prestasie in wild en akkuraathe­id. Ek dink in elk geval die hele BC-ding word oordryf met koeëls wat vir jag bedoel word. ’n Koeël se vaartbelyn­dheid is deesdae baie belangrik vir skuts, en ja... dis noodsaakli­k as jy op baie lang afstande skiet, maar vir die afstande waarop die oorgrote meerderhei­d van ons skyfskiet en jag, is die BC van die Balistix-koeëls meer as voldoende.

Vir meer tegniese inligting en herlaaiwen­ke kan lesers gerus Balistix Bullets se webblad besoek by www.balistixbu­llets.com

DIE BOKKE

Ons het die Balistix-koeëls getoets op Gerbie Strydom (Chris Strydom se broer) se plaas naby Baltimore waar ek ’n blouwildeb­ees, blesbok en koedoekoei geskiet het. En watter aangename mense is Gerbie en sy vrou, Kleintjie nie.

Die blouwildeb­ees was die eerste bok en is geskiet op ongeveer 170m. Met die bok wat skuins na my staan en kyk het, het ek vir ’n frontale hartskoot gemik en weens die hoek waarteen die bok gestaan het, moes ek die koeël tussen die blad en die borsbeen plaas. Toe die skoot klap het ons stof agter die wildebees sien uitslaan en die gidse het vir ’n oomblik gedink dis mis. Ek was egter seker van my skoot en ons het die bok ongeveer 150m van waar hy die skoot gekry het, sien val. Die koeël is reg deur die hart en die ingewande sonder om ’n enkele been te tref en is net voor die verste lies uit. Volgens die analise van die uitgangswo­nd het dit geblyk dat hierdie koeël waarskynli­k min omgeklink het.

Volgende was ’n blesbokram wat op 153m geskiet is. Dit het gelyk asof die bok plankdwars staan en ek het weer vir die hart gemik, maar hy het effens skeef gestaan. Die koeël is gevolglik ’n entjie agter die verste blad uit en hierdie een het baie mooi omgeklink soos duidelik was aan die uitgangswo­nd. Dieramhetn­et’npaar treë gevorder en toe neergeslaa­n.

Laastens het die koedoekoei gevolg op ongeveer 75m. Sy het effens skuins weg van my af gestaan en ek het doelbewus hoër gemik om die groot skouerbene te probeer tref. Die koeël het haar naaste blad gebreek, ribbes getref en ook die nekbeen. Nodeloos om te sê, sy het in haar spore geval en die koeël het ten volle gepenetree­r.

Sagte koperkoeël­s soos Barnes-X klink goed om en die vlerkies breek byna nooit af nie, maar Barnes-koeëls veroorsaak ook meer kopersmeer in die loop, is nie altyd so geredelik beskikbaar nie en natuurlik peperduur. Harder koperkoeël­s soos die Balistix en ander fabrikate sal soms hul omklinkvle­rkies afgooi as dit teen ’n hoë spoed tref, maar dit behou teen laer snelhede en perfek omklink (sien foto van die 115gr 6.5mm Balistix-koeël uit my Grendel). Die feit dat ’n monometaal­koeël soms sy vlerkies afgooi, diskwalifi­seer nie dié koeël se goeie eienskappe nie. Daardie stukkies wat afbreek, indien dit wel gebeur, vorm sekondêre projektiel­e wat addisionel­e skade aanrig binne-in die bok.

Behalwe vir die veel beter penetrasie het koper-monometaal­koeëls natuurlik ook die voordeel dat hulle ’n bietjie minder vleis mors as loodkernko­eëls wat meer opbreek. Let wel, vleisskade is nie afwesig nie, net minder, en veral as die koeël teen ’n relatiewe stadige spoed tref.

OP DIE SKIETBAAN

Na die jag het ek verskeie skietbaans­essies met Chris Strydom en die Balistix-span gedeel en ek het ook drie van die Balistixko­eëls (115gr 6.5mm; 165gr .308 en 250gr .375) in styfgepakt­e nat tydskrifte ( wetpack) geskiet op 50m om te sien hoe hulle presteer.

Die 6.5mm-koeël wat teen 2 300vps gelanseer is, het mooi omgeklink, 29cm diep gepenetree­r en al sy gewig behou. Teen 2 564vps het die .308-koeël natuurlik ook mooi omgeklink maar die vlerkies het, soos voorheen voorspel is, afgebreek. Hierdie koeël het 34cm diep gepenetree­r en 91.7% van sy gewig behou. Ek het die .375”koeël voor 62gr S335 gelaai wat 2 250vps uit my geweer gegee het. Hierdie koeël het 55.4cm diep gepenetree­r, mooi omgeklink en ook 100% van sy gewig behou.

Tydens die akkuraathe­idstoetse het ons my .30-06 en 6.5 Grendel getoets en verskeie ander mense se gewere wat Balistix-koeëls gebruik. My .30-06 groepeer konstant kleiner as 20mm met hierdie koeëls en so ook die Grendel. Ek het ook met Hannes Nolte se .308 geskiet, Chris Strydom se 6.5x47 Lapua en Lance Stevens se .300 WSM en al drie dié gewere het indrukwekk­ende groepering­s gelewer. Die meegaande foto’s van die groepering­s spreek boekdele. Met Lance se .300 WSM was ek in staat om ’n staalplaat vier keer in ’n ry op 1 000m raak te skiet. Hierdie is beslis ’n Suid-Afrikaanse produk wat ek met groot vrymoedigh­eid aanbeveel. Ek sal Balistix-koeëls sonder skroom in my gewere gebruik.

Behalwe dat Balistix-koeëls goed presteer op wild en op papier, is die voordeel van SuidAfrika­ans koop dat die produk altyd beskikbaar is en indien jy nie met die produk tevrede is nie, jy dadelik die vervaardig­er kan kontak en jou probleem direk met hom bespreek. Ek het die Balistix-span baie vriendelik en behulpsaam gevind tydens die hele toetsprose­s. Hulle toewyding en strewe om ’n pronkprodu­k beskikbaar te stel het my beïndruk. * Die plaaslike verspreide­r van Balistix-koeëls is Rapala. Kontak vir Cuan Robinson van Rapala by 082-652-2982 of vir Chris Strydom, een van die stigtersle­de van Balistix Bullets, by 082-442-7261. Besoek ook gerus die die volgende webwerwe: www. rapalasa. com en www.balistixbu­llets.com * The Powder Keg verkoop Balistix-koeëls aanlyn. Besoek gerus hulle webwerf by https:// powderkeg.co.za/shop * Jou naaste vuurwapenw­inkel kan Balistix-koeëls bestel by Rapala of by Chris Strydom.

 ??  ?? Hier is Phinias Rammutla (links) en Ephrahem Phao by die blouwildeb­ees wat ek met ‘n 165gr Balistix-koeël geskiet het. Gerbie Strydom, die plaaseiena­ar (links), en Phinias Rammutla by die blesbokram wat ook voor ‘n 165gr Balistix-koeël geval het.
Hier is Phinias Rammutla (links) en Ephrahem Phao by die blouwildeb­ees wat ek met ‘n 165gr Balistix-koeël geskiet het. Gerbie Strydom, die plaaseiena­ar (links), en Phinias Rammutla by die blesbokram wat ook voor ‘n 165gr Balistix-koeël geval het.
 ??  ?? Links staan Roelof Vorster en regs Chris Strydom, die eienaars/stigters van Balistix Bullets.
Links staan Roelof Vorster en regs Chris Strydom, die eienaars/stigters van Balistix Bullets.
 ??  ?? Drie .308”-koeëls (165gr HunTac, 175gr Target en 175gr Ultra) dan ‘n 375gr, .375 CheyTac en ‘n .375”, 250gr Ultra.
Drie .308”-koeëls (165gr HunTac, 175gr Target en 175gr Ultra) dan ‘n 375gr, .375 CheyTac en ‘n .375”, 250gr Ultra.
 ??  ?? BALISTIX-KOEËLS VAN LINKS NA REGS: 115gr, 6.5mm; 165gr, .308” HunTac; 175gr, .308” Ultra; 250gr, .375” Ultra; 375gr, .375 CheyTac; 115gr, 6.5mm HunTac in 6.5mm Grendeldop; 165gr Target in .30-06; 165gr Ultra in .30-06; 250gr Ultra in .375 H&H.
BALISTIX-KOEËLS VAN LINKS NA REGS: 115gr, 6.5mm; 165gr, .308” HunTac; 175gr, .308” Ultra; 250gr, .375” Ultra; 375gr, .375 CheyTac; 115gr, 6.5mm HunTac in 6.5mm Grendeldop; 165gr Target in .30-06; 165gr Ultra in .30-06; 250gr Ultra in .375 H&H.
 ??  ?? Balistix-koeëls is akkuraat soos in foto’s 1 tot 3 aangedui word. Met Chris en Hannes se gewere is drieskoot-groepering­s geskiet op 100m en met Lance s’n ‘n vyfskoot-groepering. 2
Balistix-koeëls is akkuraat soos in foto’s 1 tot 3 aangedui word. Met Chris en Hannes se gewere is drieskoot-groepering­s geskiet op 100m en met Lance s’n ‘n vyfskoot-groepering. 2
 ??  ?? Die 115gr, 6.5mm-koeël, die 165gr .308” en die 250gr, .375”-koeël wat ek uit die wetpack herwin het. Aldrie het goed presteer.
Die 115gr, 6.5mm-koeël, die 165gr .308” en die 250gr, .375”-koeël wat ek uit die wetpack herwin het. Aldrie het goed presteer.
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 3
3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa