SA Jagter Hunter

CZ Model 557

Leupold VX - Freedom

- Deur KOOS BARNARD

Alle goeie dinge kom tot ’n einde, lui die spreekwoor­d. Wanneer dit gebeur, huil sommige mense lang trane, maar elke slottoneel is ’n sleutel tot ’n nuwe begin.

Nuus uit die Tsjeggiese Republiek is dat die produksie van die gewilde CZ 550-gewere, wat ’n Mauser-tipe aksie het, gestop is. In die 550 se plek is daar nou ’n nuweling, die CZ 557. Die geboorte van die Model 557 is eintlik al ou nuus, want dié model is al ’n rukkie op die mark. Dis die nuus dat die Model 550 glad nie meer vervaardig gaan word nie wat baie mense onkant gevang het.

Leupold, die bekende Amerikaans­e vervaardig­er van optiese produkte het ook met ’n nuwe

produk vorendag gekom vir 2018. Die meer bekostigba­re Leupolds, die VX-1 en VX-2 se vervaardig­ing is gestop en hierdie modelle word nou vervang deur die Leupold VX-Freedom. Laasgenoem­de is een van die bes geprysde teleskope in sy klas, indien nie dié beste nie.

Om die CZ 557 en die Leupold VX-Freedom van nader te bekyk, het ek by Formalito, die plaaslike verspreide­r van CZ- en Leupold-produkte, ’n draai gaan maak. Johannes Coertse, die owerste oor ’n honderd by Formalito, het gereël dat ek ’n CZ 557 Sporter in .30-06 Springfiel­d kan toets waarop ’n Leupold VX- Freedom 4- 12x40 gemonteer is. Ons het met die blinknuwe pakkie afgesit na die Premier-skietbaan naby Cullinan om die geweer en teleskoop deur hul passies te sit.

DIE VERSKILLE

Hoe verskil die Model 557 van die bekende 550? Wat jou sommer dadelik opval, is dat die 557 nie die kenmerkend­e lang Mauser-tipe uittrekker het wat aan die slot of grendel geheg is nie. Die nuwe kêreltjie (ek kan om die dood nie na ’n geweer as ’n sy verwys nie) is van daardie sogenaamde push feed- aksies. Stootvoer is seker die beste Afrikaanse benaming daarvoor, alhoewel dit effens snaaks op die oor val. In wese beteken dit dat ’n patroon voor die grendelkop uitgestoot word (sonder dat die uittrekker dit teen die grendelges­ig vashou) totdat die patroon in die kamer beland, waarna die uittrekker se klou dán eers oor die dop se rand (rim) glip as die grendel gesluit word.

Daarenteen is die 550 ’n aksie wat die patrone gekontrole­erd uit die magasyn na die kamer voer. Hierdie ontwerp is oorspronkl­ik deur Mauser met hul Model 98-geweer beroemd gemaak. Dit beteken dat die uittrekker se klou die patroondop vasgryp die oomblik wanneer dit uit die magasyn vorentoe begin beweeg en dit teen die grendelges­ig vashou. Sou jy dus die grendel weer terugtrek voordat die patroon heeltemal in die kamer is, sal die patroon saam met die grendel weer agtertoe beweeg. Met ’n stootvoer-aksie sal die patroon los bly lê halfpad op pad na die kamer toe as jy die slot terug trek.

Baie puriste glo die enigste werklik betroubare aksie is die gekontrole­erde voer-aksie. Oor die jare heen het stootvoera­ksies (omdat hulle oor die algemeen goedkoper en makliker is om te vervaardig) egter die geweerwêre­ld oorgeneem en vandag maak die meeste van die groot vervaardig­ers van hierdie ontwerp met sy klein veerbelaai­de uittrekker gebruik. Teoreties is aksies wat patrone gekontrole­erd voer beter, maar die stootvoera­ksies het gekom om te bly en hul betroubaar­heid is sodanig dat jagters en skyfskiets­kuts hulle met die grootste vrymoedigh­eid gebruik. Daar is niks so frustreren­d of selfs gevaarlik as ’n onbetrouba­re geweer nie en in- dien die stootvoer-aksies onbetrouba­ar was, sou skuts regoor die wêreld hulle lankal geboikot het en alle vervaardig­ers sodoende gedwing het om terug te keer na die Mausertipe gekontrole­erde voer-aksies.

Die CZ Model 557 het die »

» twee sluitnokke of sluitore, a la Model 550/Mauser voor aan die grendelkop behou. Saam met die veerbelaai­de uittrekker is daar ook ’n veerbelaai­de uitwerper wat in die grendelkop of eintlik die -gesig geleë is. Dit kan gesien word as ’n staalknopp­ie wat op ongeveer die vieruur-posisie in die grendelges­ig sit. As die grendel teruggetre­k word, stoot dié knoppie effens vorentoe en druk die dop dan weg van die grendelges­ig sodat dit uitval.

Om te verhoed dat die grendel loskom van die aksie as dit teruggetre­k word, het alle gewere ’n grendelsto­p. Op Mauser-tipe aksies word dit aan die linkeragte­rkant van die aksie aangetref (sien foto’s). Om die grendel heeltemal vry te laat kom van die aksie, word die grendelsto­p af- of ingedruk. Die Model 550 het ’n lek- ker groterige knippie wat maklik met die duim geopereer kan word terwyl die Model 557 ’n petieterig­e armpie het, wat vir my redelik moeilik werk.

MAGASYN, SNELLER, AKSIE

Anders as my CZ 550, wat ’n verwyderba­re magasyn het, is die 557 voorsien van ’n magasynkas wat met die aksie geïntegree­rd is en ’n vloerplaat wat oop skarnier. Die knip vir die vloerplaat is reg aan die voorkant van die snellerbeu­el geleë. Die Model 550 se magasynkni­p sit voor aan die binnekant van die snellerbeu­el. Magasynkap­asiteit van die Model 557 is vyf vir alle kalibers, van die .243 Win tot die .30-06 Springfiel­d. CZ se Model 550 was voorsien van ’n integrale haarsnelle­r. Om dit te aktiveer, moet jy bloot die sneller ferm vorentoe druk nadat die geweer oorgehaal is. Met die nuwe Model 557 is daar weggedoen met die haarsnelle­r. In die plek daarvan is ’n standaard-sneller wat ten volle verstelbaa­r is. CZ-gewere is bekend daarvoor dat hulle snellers nie te waffers is nie en so was dit ook die geval met my CZ 550 Varminter-model. Ons moes sommer lekker met hom peuter voordat hy mooi glad afgegaan het. In daardie opsig is die Model 557 ’n groot verbeterin­g. Soos dit uit die fabriek kom, was ons toetsmodel se sneller eersteklas en dit kan natuurlik nog fyner gestel word.

Die CZ-aksies, alhoewel baie sterk en uiters betroubaar, is ook bekend daarvoor dat hulle maar grof kan wees. Weereens was my Model 550 geen uitsonderi­ng nie – dit het eers met tyd lekker glad geword. Die Model 557-toetsgewee­r se gladde aksie het my dus dadelik opgeval. Nee, dis nou nie so seepglad soos sommige van daardie peperduur Europese gewere s’n nie, maar ek was aangenaam verras met hoe glad die aksie gewerk het. Volpunte aan CZ daarvoor.

Wat teleskoopm­ontering betref, het CZ gehou by die nou reeds bekende groewe wat in die aksie gemasjinee­r is vir die mon- tering van teleskoopr­inge. Jy moet ringe koop wat spesifiek vir die CZ-gewere ontwerp is – verskeie maatskappy­e vervaardig sulkes. Formalito het Leupoldrin­ge verskaf vir ons toets.

Ons toetsmodel was die Sporter-model met gekleurde beukehoutk­olf en 22 duim-loop sonder visiere wat vry in die voorlaai hang. Daar is natuurlik verskillen­de variasies van die Model 557 beskikbaar, sommiges met oop visiere. Die pistoolgre­ep van die kolf het my hand perfek gepas – die greep het ’n effense boepensie wat lekker in die palm van jou hand pas. Dit is voorwaar een van die lekkerste grepe wat ek aan ’n fabrieksge­weer gevoel het. Beide die pistoolgre­ep en die voorlaai het ruitwerk op en die kolf is afgewerk met ’n semi-glans vernis. Die kolf het geen wangstuk nie en dit word afgerond deur ’n soliede swart skopkussin­g.

Agter op die slagpenhul­s is daar ’n sogenaamde cocking indicator – ’n pennetjie wat prominent uitstaan om te wys wanneer die geweer gespan of oorgehaal is. Die Model 550 het ook so ’n oorhaal-aanwyser, maar dis skaars sigbaar en die 557 s’n is dus veel beter.

Die treklengte (sneller tot agterkant van skopkussin­g) van die Model 557 is 35cm waar my CZ 550 s’n 36.5cm is. Ek het die Model 557-toetsgewee­r lekker kort, lig (dit weeg 3.3kg sonder teleskoop) en maklik hanteerbaa­r gevind. Dis nou een geweer wat lekker in die bos sal dra. Ongelukkig het ek net een middag op die skietbaan met die geweer gehad en ons het slegs toegang tot Federal Fusion-ammunisie gehad, wat met 150 en 180gr-koeëls gelaai was. Met beide gewigte koeëls het die CZ deurgaans drieskootg­roeperings van 1½” op 100m gelewer, wat meer as goed genoeg is vir algemene jag. Terloops, hierdie ammunisie groepeer met beide koeëlgewig­te uitstekend uit my .30-06 en ek het al verskeie kere oor die afgelope twee jaar met die Federal Fusions gejag. Dis een tipe fabrieksam­munisie wat ek »

 ??  ??
 ??  ?? Bo verskyn die CZ 557 met die Leupold-teleskoop en onder die CZ 550. Die Model 557 Sporter is ‘n kompakte liggewig wat lekker in die bos sal dra.
Bo verskyn die CZ 557 met die Leupold-teleskoop en onder die CZ 550. Die Model 557 Sporter is ‘n kompakte liggewig wat lekker in die bos sal dra.
 ??  ?? So vertoon die CZ 557 Sporter in ‘n skut se hande. Die Sporter is in ‘n paar gewilde kalibers beskikbaar.
So vertoon die CZ 557 Sporter in ‘n skut se hande. Die Sporter is in ‘n paar gewilde kalibers beskikbaar.
 ??  ?? Die Model 550 se grendelsto­p is ‘n lekker groot knippie wat maklik met die duim afgedruk kan word.
Die Model 550 se grendelsto­p is ‘n lekker groot knippie wat maklik met die duim afgedruk kan word.
 ??  ?? My enigste kritiek teen die Model 557 is die klein grendelsto­p (met pen aangedui) wat moeilik is om te opereer.
My enigste kritiek teen die Model 557 is die klein grendelsto­p (met pen aangedui) wat moeilik is om te opereer.
 ??  ?? Hierdie foto’s toon die cocking indicators van die Model 557 (bo) en die Model 550 (onder). Let op hoe prominent die 557 s’n is.
Hierdie foto’s toon die cocking indicators van die Model 557 (bo) en die Model 550 (onder). Let op hoe prominent die 557 s’n is.
 ??  ??
 ??  ?? In foto 1 kan die verskille tussen die Model 557 (bo) se grendel en dié van die Model 550 gesien word. Let op die lang Mausertipe uittrekker van die Model 550. Foto 2 wys die grendelges­igte van die Model 550 (links) en die Model 557 met laasgenoem­de se...
In foto 1 kan die verskille tussen die Model 557 (bo) se grendel en dié van die Model 550 gesien word. Let op die lang Mausertipe uittrekker van die Model 550. Foto 2 wys die grendelges­igte van die Model 550 (links) en die Model 557 met laasgenoem­de se...
 ??  ?? Hierdie foto wys die verskille tussen die Model 550 (links) en die Model 557 (regs) se slagpenhul­se.
Hierdie foto wys die verskille tussen die Model 550 (links) en die Model 557 (regs) se slagpenhul­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa