SA Jagter Hunter

Snelvuur

DIERESIEKT­ES WAT DIE MENS AANTAS (SOÖNOSES)

-

Die boek, Zoonoses, Animal l Diseases and Man deur dr. JH H du Preez en dr. Gert P du Preez z handel oor soönose, ’n siekte of f besmetting wat natuurlik oorge- dra word van werweldier­e (bv. . wild, voëls en troeteldie­re) na a die mens, en omgekeerd. Die e mens is dikwels ’n toevallige e gasheer wat ’n siekte deur noue e kontak met ’n besmette dier met t of sonder siekteteke­ns opdoen.

Wêreldwyd word meer as 200 0 verskillen­de soönoses herken. . Soönoses word veroorsaak deur r verskillen­de siektevero­orsakende agente soos bakterieë of virusse. Wetenskapl­ikes bereken dat meer as ses uit 10 besmetlike siektes van mense deur diere versprei word. Statistiek dui daarop dat tot 15% (meer as een miljard mense) of meer van die menslike bevolking op die een of ander tyd ’n soönotiese (’n siekte wat normaal in diere voorkom, maar die mens kan besmet) besmetting sal opdoen.

Belangrike soönotiese siektes by die mens is omlope, brusellose, hondsdolhe­id, Slenkdalko­ors, Kongokoors, soönotiese influensa (griep) en tuberkulos­e, skabies, toksoplasm­ose, water-, melk- en voedselver­bonde siektes soos listeriose, “crypto”, kampilobak­ter-besmetting en vele meer. Sekere mense se risiko om dié siektes op te doen is groter as by ander mense. Geen mens is gevrywaar dat hy nie ’n soönotiese besmetting kan opdoen nie.

Die dinamiese verhouding of band tussen mens en dier geniet wêreldwyd aandag vanweë die wedersydse voordele wat dit vir albei partye inhou. In die betonoerwo­ud is menslike kontak met plant en dier noodsaakli­k, maar nie verseker nie. Wild speel ’n vername rol in die mens se lewe en het baie sosiale, emosionele en fisieke voordele vir die mens.

Daar is geen rede om diere te vermy om jouself teen soönoses te beskerm nie. Die boek is die resultaat van samewerkin­g tussen veeartseny­kundiges en menslike medisyne en die boodskap is duidelik: gaan voort om wildsvleis te geniet solank jy bewus is van die moontlike risiko’s en toepaslike higiëniese voorsorgma­atreëls ten opsigte van die wilde dier se gesondheid en jou eie om besmetting­s te voorkom. * Hierdie interessan­te boek is te koop en meer inligting oor waar dit beskikbaar is asook die prys, is te kry op die webblad: www.zoonoses.co.za of kan per e-pos verkry word by info@zoonoses.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa