SA Jagter Hunter

MET 'PEIL' EN BOOG

- Deur HERMAN JONKER

Iemand het eenkeer verduideli­k ’n mens het eintlik drie lewens: ’n Openbare lewe, ’n privaat lewe en dan ook ’n geheime lewe.

Wel, dit was seker in die ou dae. Want sedert Big Daddy met goed soos RICA en FICA en vuurwapenl­isensies gekom het, voel dit vir my ek het net een lewe: Een in ’n glaskas.

Ek dink dit was die army wat my die eerste keer laat suur trek het vir ’n uitvraery. Hulle wou mos alles van jou weet – oumagrootj­ie se volle name, jou kerkverban­d, bloedgroep, skoengroot­te, die lot – sodat hulle jou volledig kon besit. Of miskien was dit die skoolhoof, daardie keer toe hy my so ver probeer kry het om te split op die ander ouens wat ook gerook het. Of dalk was dit die stomme ou Ant Tossie, wat destyds oorkant die straat gebly het en mens oor en oor dieselfde ding kon vra in haar malligheid, foeitog.

Maak nie saak nie. Maar wat my uiteindeli­k verby gatvol gedryf het, is meningspei­lings.

Aanvanklik doen ’n mens dit mos maar. Jy stem in om tien minute van jou tyd af te staan en jy maak jou kruisies in die blokkies en jy gee punte van een tot tien en jy krap kop en hark die hoeke van jou gewete vir eerlike antwoorde, want jy glo mos êrens gaan dit bydra om iets te verander. As die heelal net eers hoor hoe jy dinge sien, sal dit mos van die wêreld ’n beter plek maak. Ja swaer. Was al daar. Openhartig getuig oor watter soort sjampoe ek my hare mee was, gebieg oor watter radio- stasies ek na luister en breedvoeri­g verduideli­k wat ek dink van Nando’s se spyskaart, Playboy se artikels en Nissan se naverkoopd­iens. Om die waarheid te sê, ek kan aan geen persoonlik­e menings dink wat nie al êrens opgeteken en ontleed is nie.

En tog is daar daardie een vraag wat elke keer weer opduik. Hoekom jag jy? Miskien is dit net ek, of miskien is dit die kringe waarin ek beweeg, maar daardie vraag is vir my die mees deurtrapte pei- lingsdrump­el na KFC se Please tell us how we can serve you b etter-toonbank kaartjies.

Jip. Alweer ’n jagpeiling. Nogmaals dieselfde vrae. En dan, maande later, met trompetges­kal asof student X se navorsing ’n totaal nuwe skat van kennis ontsluit het, dieselfde holrug bevindings:

Ons jag vir die buitelug ja, en die lekker organiese vleis, en die besondere konneksie met die natuur, en die uitdaging daarvan ja, en, en, en.

Almal 100% waar en 100% geldig.

Maar ons weet dit! Lankal! Om die waarheid te sê, dit was so vanselfspr­ekend dat ons nog nooit nodig gehad het om daaroor te dink tot dié simpel vraeboë gekom het nie.

(Terloops: Wat vir ’n woord is ‘vraeboog’? Skuus as ek dom is, maar waar kom ’n ‘boog’ in die prentjie as dit pleinweg ’n lys vrae is wat ter sprake is?) Hoekom jag ons? Ja, ek weet. Bla, bla, bla, bla. Maar hoekom geniet ons dit werklik so? Hoekom voel die hele trippie, die hele wegbreek bos toe, dan net so... reg?

Want dit IS reg. Dit is per slot van sake waar ons eintlik hoort, waar ons DNS, ons oersweet, die hele aard van ons wese, histories lê: in die jagveld. Die veld en sy op-die-hoef spens is in ons bloed, dis ons erflike werklikhei­d, vir honderde en honderde geslagte al.

Dit is eerder die mens se ander lewe – daardie sielvernie­ti-gende een wat die afgode hom mettertyd geleer het om te ly – wat vals is.

Daar is robomens vasgevang in ’n dwelmbesta­an waar sy brein daagliks gestimulee­r word met ’n oordosis mededingen­de materialis­me. Uur na uur trap hy die wieletjie vir beloning, met een oog deurgaans op die spieël van eie aansien.

Hy lewe in kunsmatige lig en versorgde lug en hy veer sy nes met allerhande luukses, en tog bring dit hom geen geluk nie. Inteendeel, hy jaag en stres al meer tot hy bleek en ongesond is en uiteindeli­k sterf aan hart- vatsiektes of een of ander gewelddadi­ge gebeurteni­s.

En al wat dit eintlik sou verg om hom uit so ’n gevange bestaan te ruk en ’n slag in voeling met sy natuurlike wese te bring, is ’n goeie bietjie bos.

In die bos, met die kampvuur se oeroue flikkers wat sy siel salf, vind die mens homself weer. Hy ontdek wat hy langs die pad verloor het, hy kry weer ’n besef van sinvolle bestaan en hy ervaar weer die warm boesem van heilsame ou Moeder Natuur. Uitsonderl­ik? Glad nie. Dit is hoe dit is, en nog altyd was.

So asseblief, aan al die begeesterd­e studente en statistiek­d-eurklapte akademici daar buite: Moenie weer vir ons kom vra hoekom ons jag nie. Dis ’n dom vraag.

Om te jag is bloot normaal – dis al vir eeue en eeue homo sapiens se natuurlike gedrag – so wat daarvan?

Gaan doen eerder ’n studie oor mense se ONnatuurli­ke gedrag. Hoekom hulle kies om in vuil stede saam te bondel. Hoekom hulle al hulle dae daaraan wy om blink goed te versamel en dan mekaar se kele afsny in ’n stryd om die besit daarvan. Hoekom hulle tevrede is met flentertji­es vleis vol chemikalie­ë wat uit voerkrale kom, en les bes, hoekom sulke gemuteerde aardlinge dan dink om te jag is ’n afwyking.

Gaan vind daai ’n bietjie uit asseblief. Veral laasgenoem­de. Met peilings, boë, of wat ook al. Want wraggieswa­ar, dit bly vir my ’n raaisel.

Om te jag is bloot normaal – dis al vir eeue en eeuehomo sapiens se natuurlike gedrag – so wat daarvan?

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa