SA Jagter Hunter

Overberg-tak verleen droogtehul­p Fred Camphor

-

Geagte leser en lede van SA Jagters, ek gebruik doelbewus die geleenthei­d om deur middel van hierdie skrywe ’n beroep te doen op elkeen van ons lede en ook lede van die publiek om ’n klein bydrae te lewer om die lewe van mens en dier in die distrik Sutherland effens beter te probeer maak. Hierdie verhaal het wel reeds in die media blootstell­ing gekry, maar op dié manier wil ons die boodskap aan lesers van SA JAGTER/ HUNTER oordra.

MAAK ’N VERSKIL

Hierdie mooi storie het begin toe twee lede van die Overberg-tak van SA Jagters uit empatie ’n paar sakke mielies by

boereboere in die Sutherland-omgewing gaan aflaai het. Aangegryp deur die ellende van mens en dier het Frank Esterhuize­n en Essie Esterhuyze besluit om hul mede-jagters vir skenkings te nader sodat hulle meer voer na hierdie streek kon stuur.

Sutherland is een van vele streke in die land waar daar rampdroogt­e heers, maar weens sy ligging ver weg van hoofroetes af, kry dit min hulp van ander droogtehul­pprojekte. Vervoer is een van die groot struikelbl­okke om voorraad by hierdie streek uit te kry aangesien die roete nie net weg is van die hoofroetes nie, maar ook moeilik toeganklik is.

Frank en Essie se uitreikpro­jek vir die gemeenskap van Sutherland het die lede van SA Jagters in die Overberg-tak en ander inwoners in die Overberg aangespoor om geld en voer te skenk. Verskeie boere van die omgewing het voer beskikbaar gestel terwyl kontantske­nkings ingestroom het om voer en ander noodsaakli­ke items aan te koop wat die mense van Sutherland broodnodig het. Skenkers kon geld direk in Kaap Agri se bankrekeni­ng deponeer om vir nog voer te betaal. Kaap Agri het self ook mildelik bygedra terwyl ander sakelui in die omgewing op verskeie tasbare maniere hulle kant gebring het.

“Nie een van ons kon dink dat droogtehul­p so vinnig sou groei van twee bakkies na agt bakkievrag­te nie,” vertel Justus Harms, voorsitter van SA Jagters se Overberg-tak. “Toe ons sleepwaens nodig gehad het, het Jimmy’s Trailers van die Strand ingestem om vyf sleepwaens vir drie dae gratis te verskaf.”

Baie van die Overberg-boere wat begrip het vir die nood in die landbousek­tor, het sonder om te skroom, voer geskenk om die voertuie vol te pak. Die eerste konvooi het op 24 November 2017 om halfagt die oggend uit Villiersdo­rp vertrek en teen 12h00 was hulle in Sutherland. ’n Vrag van 15 ton voer is op die skouterrei­n aan Sutherland se droogtekom­itee oorhandig, wat die voer onder die boere verdeel het.

Dit was nie die einde van die storie nie. Twee maande later, op 23 Februarie het dié spannetjie vrywillige­rs wéér so gemaak. Overberg-tak het sedert November 2017 reeds 480 ton droogtehul­p na Sutherland geneem. Sommige van die plase het onlangs vir die eerste keer in vyf jaar reën gekry, maar dit gaan nog jare neem vir hierdie gebied om te herstel. Die mense kry baie swaar. Party dae is daar nie kos op hulle tafels nie. Daar is selfs gevalle van kinders wat nie skool toe gaan nie, doodgewoon omdat hulle ouers nie die geld kan bymekaarma­ak om die skoolfooie te betaal nie.

TOTAAL VAN PROJEK

Na sewe konvooie se droogtehul­p staan die Overberg-tak se Droogtehul­p-projek tans op ’n waarde van R1.041 miljoen, wat naastenby soos volg saamgestel is: • 82 ton mielies ter waarde van

R287 000 • 333 ton strooibale ter waarde

van R293 000 • Kruidenier­sware van R47 000 • Die totale afstand afgelê deur die konvooie voertuie is 36 000km • Brandstofk­oste van R164 000 • Kontantske­nkings aangewend vir aankoop van voer, kruidenier­sware, brandstof, R250 000 Die vervoerkos­te sluit net die direkte brandstofk­oste in. Die gebruik van die bakkies, vragmotors en sleepwaens is nie hierby ingesluit nie en is deur individue en sakelui van die Overberg geskenk.

Die bestuur en lede van die Overberg-tak hoop dat ander takke van SA Jagters en hulle gemeenskap­pe hierdie voorbeeld sal volg en ook die hand sal uitsteek om droogteget­eisterde gebiede in ander dele van die land te help. (Daar is boere in die noorde van die Oos-Kaap wat hulle plase se sleutels by hulle buurman gaan aflaai het en weggery het.)

Overberg-tak se droogtehul­p is met groot verligting en dank- baarheid ontvang. “Jy kon die dankbaarhe­id in hulle oë lees. Ons as jagters is ook bewaarders. Dít is waarvoor die Vereniging staan. Ek hoop dat die publiek sal besef dat ons nie net uit die natuur neem nie, maar dat ons teruggee.” Dit is Justus se woorde.

HOE KAN LEDE HELP?

Die droogtehul­p-projek gaan voort. Overberg-tak wil nog meer voer bymekaar maak. Lewer asseblief ’n bydrae tot hierdie skitterend­e droogtehul­pwerk wat gedoen word deur ’n handjievol vrywillige­rs.

Hier is ’n projek wat spontaan ontstaan het en waar die vrywillige­rs reeds die logistiek uitgewerk het en in plek het. Kom ons help om dit ’n nóg groter sukses te maak. Selfs ’n bydrae van so min as R10 kan ’n verskil maak aan een mens of dier se lewe.

Lesers en lede van SA Jagters, ondernemin­gs en lede van die publiek wat ’n bydrae wil maak, kan met Justus in verbinding tree by 082-497-4230 of justus@ supremespa­res.co.za. Enigiemand wat skenkings wil maak aan SA Jagters se Overberg-tak se droogtefon­ds, kan geld in een van die volgende rekeninge deponeer: Aan: Kaap Agri ABSA-rekeningno­mmer: 380 000 350 Takkode: 632 005 FNB-rekeningno­mmer: 6210 818 5663 Takkode: 250 655 Gebruik 43308 as verwysing OF: Aan: SA Jagters Overberg-tak FNB-rekeningno­mmer: 6211 487 1016 Takkode: 200 312 DROOGTE as verwysing

Kom ons wys vir die wêreld dat jagters die eintlike bewaarders is en dat ons omgee vir mens en dier wat swaarkry. Baie dankie by voorbaat vir enige bydrae. Vriendelik­e groete Fred Camphor HUB: SA Jagters

 ??  ?? Voer word afgelaai in die Sutherland-omgewing. Vee en wild word gehelp. Hier ontvang ‘n koedoebul voer en water.
Voer word afgelaai in die Sutherland-omgewing. Vee en wild word gehelp. Hier ontvang ‘n koedoebul voer en water.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Een van die konvooie langs die pad.
BO: Een van die konvooie langs die pad.
 ??  ?? LINKS: Dit is jagters wat omgee.
LINKS: Dit is jagters wat omgee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa