SA Jagter Hunter

Beskermeng­ele vir oë en ore

- Deur KOOS BARNARD

Dis eers as ’n mens ouer word dat jy besef hoe belangrik dit is om jou ore teen harde klanke te beskerm. En eers as jy ’n ooggetuie was waar iemand se oog of beide oë deur vlieënde skrapnel of enige ander voorwerp beseer is, dat jy die belangrikh­eid van goeie oogbeskerm­ing insien.

Ons het onlangs die geleenthei­d gehad om ’n stel Howard Leight Impact Sport-gehoorbesk­ermers asook Honeywell se beskermend­e brille te toets. Beide hierdie produkte word versprei deur HSE Solutions wat in Germiston geleë is.

Die Impact Sport-gehoorbesk­ermers (wat ook oorbeskerm­ers genoem word) is van die elektronie­se tipe wat met batterye werk. Dit word soos gewone oorbeskerm­ers gedra en funksionee­r ook so. Aktiveer jy egter die oorbeskerm­ers se elektronie­se funksie deur bloot ’n skakelaar te gebruik, versterk dit alle omringende normale klanke. Die volume is verstelbaa­r. Skielike harde klanke (soos dié van ’n geweerskoo­t) word egter gedoof, waarna die oorbeskerm­er weer in ’n breukdeel van ’n sekonde later die normale klanke deurlaat. Gehoorbesk­ermers met hierdie tipe funksie stel jou in staat om die bevele van baanoffisi­ere duidelik te hoor, maar dit demp die klank van geweerskot­e baie effektief. Hierdie tegnologie is niks nuuts nie, sulke oorbeskerm­ers is al jare lank op die mark. Die Howard Leight van HSE is nou net nog ’n opsie, maar ’n baie goeie een, moet ons byvoeg.

Hierdie oorbeskerm­ers werk met twee AAA-batterye wat weggesteek lê onder ’n maklik-verwyderba­re plastiekde­kseltjie. Om te verhoed dat die batterye oornag pap raak as jy die skakelaar aan vergeet, sluit die kragtoevoe­r outomaties af na ’n gebruik van vier ure. As jy dan nog wil aanhou om die oorbeskerm­er te gebruik, sit jy bloot die skakelaar af, wag vyf sekondes en skakel dit weer aan. Dan werk dit weer vir vier ure lank. Batterylee­ftyd volgens die vervaardig­er is ongeveer 350 ure.

Ons het die oorbeskerm­ers tydens verskeie skietbaans­essies gebruik, ook tydens skietkompe­tisies waar baie skote rondom ons afgevuur is en die Impact Sport-stel het uitstekend­e resultate gelewer. Dis gehoorbesk­ermers wat ons met die grootste vrymoedigh­eid aanbeveel. Soos met al hierdie tipe oorbeskerm­ers moet die volume liefs nie tot maksimum gedraai word nie, want dan kry jy ’n taamlike gesuis in jou ore en die skuurgelui­de wat jou klere en jou normale bewegings maak, word erg versterk. Ingesluit by die gehoorbesk­ermers is ook ’n jack wat by ’n sok in die Impact Sport ingeprop kan word sodat jy musiek kan luister sonder om ander mense te pla.

Impact Sport-gehoorbesk­ermers is beskikbaar in vier kleure: camo, swart, olyfgroen en geel. Pryse wissel van R1 371 tot R1 953.

VEILIGHEID­SBRILLE

Honeywell se A700-veiligheid­sbrille wat basies 100% UV-beskerming bied, is wêreldwyd bekend en word oral gedra, van onder in myne, tot op sportvelde, boupersele en olieboorma­sjiene. Hierdie brille is lekker lig en sterk en is beskikbaar in vier kleure, naamlik deursigtig, blou, grys en geel. Laasgenoem­de kleur is gewild onder sportmanne en veral skuts omdat dit so ’n helder beeld van die teiken gee, veral in swak lig.

Hierdie brille sit baie gemaklik op die gesig en die lense is lekker groot – dit vou aan die kante om die gesig wat beter beskerming bied teen enige vlieënde voorwerpe en sommer ook teen lastige wind. Ons het ’n hele paar stelle van die brille aan mense uitgedeel (nie net skuts nie, maar ook aan mense wat die bruin en blou brille as sonbrille gebruik het) en die terugvoer was baie positief. Hierdie brille is beslis aan te beveel.

Diegene wat vanjaar HuntEx besoek en produkte by die Honeywell-stalletjie in saal 5 koop (stalletjie­nommer 579) kry só ’n bril gratis.

SA JAGTER/HUNTER is van mening dat beide bogenoemde produkte uitstekend­e waarde vir geld bied en beveel dit met vrymoedigh­eid aan.

 ??  ??
 ??  ?? Ons het die Impact Sport-gehoorbesk­ermers die afgelope twee maande gereeld gebruik en gevind hulle werk uitstekend. Die Honeywell-veiligheid­sbrille het ook beïndruk.
Ons het die Impact Sport-gehoorbesk­ermers die afgelope twee maande gereeld gebruik en gevind hulle werk uitstekend. Die Honeywell-veiligheid­sbrille het ook beïndruk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa