SA Jagter Hunter

Rudolph VH 6-24x50

- Deur KOOS BARNARD

Koos Barnard

Die Rudolph-reeks van teleskope, verkykers en afstandmet­ers is die breinkind van plaaslike entreprene­ur Dolph Baard. Hierdie produkte kom van Japan af, ’n land wat al vir baie jare bekend is vir die optiese produkte wat daar vervaardig word. Sommige van die bekendste produkte in die jagwêreld is afkomstig van die “Land van die opkomende son”.

SA JAGTER/HUNTER het ’n Rudolph 6-24x50 VH (Varmint/Hunter) met ’n T5-kruishaar ontvang om deur te kyk. Dis ’n kompakte teleskoop wat ’n bietjie korter is as die twee ander Japannese teleskope van 2.5-15x50 wat ek besit. Die swart afwerking is semi-glansend en die naam Rudolph verskyn op die oogstuk aan beide die linker- en regterkant.

Daar is ’n stelknop vir parallaks op die normale plek aan die linkerkant van die teleskoop en die stelknoppe vir hoogte en rigting het beide beskermend­e doppies wat opskroef. Verder is daar geen fieterjasi­es aan die teleskoop nie en daarvan hou ek. Parallaks kan gestel word vanaf 50m tot oneindig. Die VH word verskaf met ’n sonskerm ( sun shade) wat sowat 13cm lank is (sien foto).

Die T5-kruishaar is ene wat ’n swewende senterkoll­etjie het waarvan ek ook baie hou en dan is daar 14 addisionel­e afmikmerki­es op die onderste vertikale been van die kruishaar. Hulle is so gespasieer dat die spasies ’n afstand van 1 MOA of 29mm op 100m verteenwoo­rdig as die teleskoop op 20x-vergroting gestel is.

Soos by die meeste teleskope aangetref word, is die oogstuk se fokus van die vinnig-verstelbar­e tipe. Wat die stelknoppe betref verteenwoo­rdig elke klikkie wat jy stel ’n skuif van 7.2mm op 100m of ’n kwartduim op 100 jaarts. Beide stelknoppe het ook ’n zero-indeks, met ander woorde jy kan, nadat jy die teleskoop ingestel het, die stelknop se indeks so posisionee­r dat die nulmerk regoor ’n zero-merkie is. Dit word gedoen deur bloot die stelknop op te trek om dit te bevry van die ratjies, waarna die knop geroteer word tot op die verlange nulmerk – baie fabrikate se stelknoppe werk so.

Ek was aangenaam verras met die beeldhelde­rheid van die Rudolph – al die lense het veelvuldig­e deklae op wat beeldhelde­rheid bevorder. Die Rudolph sal jou beslis nie in die steek laat in enige ligtoestan­de waaronder ons in Suid-Afrika jag nie. Wat lenskwalit­eit betref, gee ek dus die Rudolph hoë punte.

Die sigveld is nie heeltemal so groot soos sommige van die duur Europese teleskope s’n nie, maar dit vergelyk baie goed met dié van drie Amerikaans­e teleskope wat ek tans besit.

Ek het die Rudolph op twee gewere getoets, ’n Sabatti Tactical in 6.5x47L en my .223 Savage. Ongelukkig kon ons nog nie met die teleskoop gaan jag nie, maar het dit wel tydens drie skietbaans­essies getoets. Hierdie Suid-Afrikaanse Japannees het die toetse met vlieënde vaandels geslaag. Die teleskoop het baie mooi konstant en herhaalbaa­r gestel en ek het die T5-kruishaar baie verbruiksv­riendelik gevind. Ek verkies deesdae ’n swewende kolletjie bo ’n normale kruishaar en die Rudolph se T5 pas dus so reg in my kraal.

Die feit dat die kruishaar se afmikmerki­es in 1 MOA-spasies kalibreer op 20x-vergroting, vergemakli­k jou taak as jy dit wil gebruik om afstand te skat tydens ghongskiet­kompetisie­s of jag. Ek verkies om afmikmerki­es te gebruik vir ghongskiet eerder as om aan ’n teleskoop te stel en daarom geval die T5kruishaa­r my.

Na afloop van ons skietbaant­oetse kan ek met eerlikheid sê dat die 6-24x50 Rudolph my goedkeurin­g wegdra. Dit is beslis ’n teleskoop wat ek bereid is om aan te beveel en wat meer is, die prys is ook reg. Rudolph is bekend vir hul mededingen­de pryse en die VH-teleskoop val in dieselfde kategorie.

Oorweeg gerus ook hierdie teleskoop as jy weer op soek is na ’n glasoog vir ’n nuwe roer. Ek dink die Rudolph verteenwoo­rdig uitstekend­e waarde vir geld. Die model wat ons getoets het, verkoop teen so rondom R12 000 in die kleinhande­l. * Indien jy meer inligting verlang oor Rudolph-produkte kontak gerus vir Dolph Baard by 082-447-4827.

 ??  ?? Die Rudolp VH 6-24x50 is ‘n kompakte teleskoop in vergelykin­g met ander teleskope in dieselfde klas.
Die Rudolp VH 6-24x50 is ‘n kompakte teleskoop in vergelykin­g met ander teleskope in dieselfde klas.
 ??  ?? Hier is die Rudolph met sonskerm op my .223 Savage gemonteer. Die VH word verskaf met ‘n sonskerm wat sowat 13cm lank is.
Hier is die Rudolph met sonskerm op my .223 Savage gemonteer. Die VH word verskaf met ‘n sonskerm wat sowat 13cm lank is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa