SA Jagter Hunter

Stevenson-Hamilton – verdwyn in die bos

- Deur KOOS BARNARD

Die kamoefleer­klerereeks van Promark wat bemark word onder die naam Stevenson-Hamilton is al ’n goeie klompie jare aan Suid-Afrikaners bekend. Dis klere wat plaaslik gemaak word en die kamoefleer­patroon is een van die bestes vir veldtipes in Suidelike Afrika.

James Stevenson-Hamilton was die eerste veldwagter van die destydse Sabie-wildreserv­aat wat die voorloper van die Kruger Nasionale Park was. Dit was as gevolg van Stevenson-Hamilton se dryfkrag dat die Krugerwild­tuin uiteindeli­k in 1926 gestig is. Promark eer hierdie beroemde veldwagter deur hul kamoefleer­klere na hom te noem.

Die kamoefleer­patroon bestaan uit ’n mengsel van die kleure bruin en groen wat in ’n akasia-tipe patroon op die materiaal aangebring is. Slim versteek in die patroon is die vorms van 11 verskillen­de diere soos byvoorbeel­d kameelperd, hiëna, olifantslu­rp, sebra en voëls op ’n tak.

Promark bemark hemde, broeke, baadjies, onderbaadj­ies, hoede, pette, leergordel­s, geweerband­e, truie en selfs kouse. Jagters sal belangstel in die tipiese gevegs-tipe langbroeke met kantsakke en sakke op die bobeen. Hierdie broeke het ook ingeboude kamaste met rekke wat onder om jou voet pas om die kamaste in plek te hou.

Hemde is met beide kort en lang moue beskikbaar en daar is ook hemde van ripstop- materiaal as opsie. Promark se produkte is almal baie sterk en goed gemaak wat verseker dat dit lank sal hou.

My mening is dat Promark van die beste hoede bemark vir plaaslike jagters. Daar is gewone pette in kamoefleer- en oilskin- materiaal en ook verskeie hoede wat van leer gemaak is. Twee van die lekker hoede wat

ek onlangs getoets het, is die Ultimate, ’n wyerandhoe­d van seemsleer (suede), gemaak op die patroon van die Australies­e Akubra. Dié is sommer ’n eersteklas hoed met ’n netjiese leerbandji­e om die bolgedeelt­e. Dan is daar ook die Gary, nog ’n wyerandhoe­d wat van oilskinmat­eriaal gemaak is. Beide hierdie produkte is hoedens wat ek met groot vrymoedigh­eid aanbeveel. Promark maak natuurlik ook die Survivor, ’n leerhoed wat jy sommer kan opfrommel maar wat sy vorm behou. As jy iewers in reënerige weer jag of selfs net stap, is Promark se oilskin- hoede en -pet beslis aan te beveel. Die pet is ook verkrygbaa­r met ’n lekker lang nekflap, iets wat ek twee jaar gelede in reënerige weer in Duitsland baie handig sou gevind het.

Promark se kamoefleer­reeks word van 100% katoenstof ge- maak en dis iets wat by baie byval vind. Die klere is nie glad en glyerig teen jou lyf nie en dit raas glad nie in die veld nie. Laasgenoem­de is baie belangrik veral as jy in digte bos jag waar jy wild dikwels op kortafstan­d raakloop. In die somer is die katoenhemd­e ook lekker koel. Die hemde het borssakke wat met knope vasmaak – sommige mense verkies dit bo Velcro omdat jy ’n sak wat met ’n knoop toemaak sonder enige geraas kan oopmaak.

Ek gebruik Stevenson-Hamilton-klere al vir meer as 10 jaar en kan net met die grootste lof van hierdie produkte praat. Dis beslis een van my gunsteling­e en ek beveel dit met groot vrymoedigh­eid aan. * Vir meer inligting oor die Stevenson-Hamilton-reeks, kontak gerus vir Promark by 012-5465035 of admin@promark.co.za

 ??  ?? Let op na die verskil in die kleur van die hemp en die broek. Die hemp is van ripstop- materiaal gemaak en vertoon ligter van kleur. Dis meer geskik vir terrein met wintergras­veld. Die broek se effens donkerder kleur werk uiters goed in die bos. Promark se hemde wat nie van ripstop- materiaal gemaak is nie, is dieselfde kleur as die broek. Let ook op na die Ultimate-hoed van seemsleer. Drie van die hoede wat Promark bemark: Heel bo is die Gary ( oilskin) gevolg deur die Survivor van gladde leer en dan die Ultimate wat van seemsleer gemaak is. Heel onder is die oilskin- pet.
Let op na die verskil in die kleur van die hemp en die broek. Die hemp is van ripstop- materiaal gemaak en vertoon ligter van kleur. Dis meer geskik vir terrein met wintergras­veld. Die broek se effens donkerder kleur werk uiters goed in die bos. Promark se hemde wat nie van ripstop- materiaal gemaak is nie, is dieselfde kleur as die broek. Let ook op na die Ultimate-hoed van seemsleer. Drie van die hoede wat Promark bemark: Heel bo is die Gary ( oilskin) gevolg deur die Survivor van gladde leer en dan die Ultimate wat van seemsleer gemaak is. Heel onder is die oilskin- pet.
 ??  ??
 ??  ?? Kyk net hoe uitstekend werk die kamoefleer­patroon van die Stevenson-Hamilton-klere in bosveld.
Kyk net hoe uitstekend werk die kamoefleer­patroon van die Stevenson-Hamilton-klere in bosveld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa