SA Jagter Hunter

5.11 Tactical – klere vir die buitelewe

- Deur KOOS BARNARD

Die maatskappy 5.11 Tactical (ook 5.11 Inc) is in Kalifornië in die VSA gesetel, maar verkoop hulle produkte wêreldwyd. Hulle konsentree­r op ’n verskeiden­heid hemde, broeke, baadjies, sportklere en skoene wat vir die buitelewe bedoel is.

Die plaaslike agent vir 5.11 Tactical is Twinbore van Johannesbu­rg wat aan Hendry Olivier behoort. Hendry het onlangs vir SA JAGTER/HUNTER ’n langbroek en hemp gegee om van naderby te beskou. Beide kledingstu­kke word verkoop onder die naam Taclite.

Veldklere wat vir jag en ander gebruike bedoel is, word gemaak in verskillen­de kleure waarvan khaki en groen seker die gewildste vir jagters sal wees. Die klere wat ons gekies het om te toets, was groenbruin – 5.11 noem dit Tundra.

Sommer met die eerste oogopslag val die kwaliteit van die klere jou dadelik op. Dit is werklik goed en uiters netjies gemaak. Bykans al die nate het dubbele stiksels.

Kom ons begin by die langmouhem­p. Dit is van die sogenaam- de ripstop- materiaal gemaak en is behandel met teflon wat volgens 5.11 verhoed dat dit so maklik soos onbehandel­de materiaal sal vlek. Die lang moue het lussies aan die binnekant wat jy kan gebruik om die opgerolde mou in plek te hou (sien die foto regs onder).

Wat hierdie hemde lekker maak, is dat hulle vier borssakke het. Agter die twee gewone borssakke, wat met flappe toemaak, is daar nog ’n sak (een aan elke kant) wat gebruik kan word om dokumente of kaarte te stoor. Hoe relevant sulke sakke vir ons Suid-Afrikaners is weet ek nie, maar dis daar om te gebruik sou jy met ’n kaart in die veld wou rondloop. Mense wat veldaantek­eninge oor enigiets wil maak sal natuurlik ’n lekker groterige notaboek daarin kan bêre. Al die borssakke maak met Velcro vas.

Nog ’n handige ontwerp by die borssakke is dat die gewone sakke elk ’n gleufie aan die bokant het waarin jy ’n pen kan inglip sonder dat jy die flap van die sak hoef oop te maak. Dis iets wat ek (wat baie skryfwerk doen) nogal handig vind. Daar is selfs twee pennesakki­es (of penflitssa­kkies) aan die bokant van die linkermou naby die skouer. Dis miskien overkill, soos die Engelse sal sê, maar dalk is daar mense wat dit sal gebruik.

Aan die rugkant is daar ’n ventilasie­flap soos wat algemeen op buitelughe­mde aangetref word. Wat ek van die 5.11hemp hou, is dat die flap op twee plekke vasgewerk is en nie met Velcro vasmaak nie.

Die Taclite-hemp is by die elmboë met ’n ekstra laag mate- riaal versterk, iets wat nogal byval sal vind by mense wat baie uit die lêposisie skiet of tyd met hul elmboë op die grond deurbring (jagters en dalk mense wat makrofotog­rafie van klein velddiere, insekte en blomme, ens. doen). Dan is daar ook dieselfde versterkin­g by die armholte-deel aangebring en onder elke armholte is twee ventilasie­gaatjies. Taclite-hemde word ook verskaf met twee los epoulette wat jy self kan laat vaswerk, sou jy dit wou gebruik.

DIE BROEK

Soos deesdae die algemene mode is, volg 5.11 se Taclitebro­ek, wat ook van ripstopmat­eriaal gemaak is (65% poliëster en 35% katoen), die gewilde gevegstipe (combat) styl. Behalwe vir die gewone kantsakke het dit ook een groot kantsak op elke bobeen. Dan is daar twee gatsakke en aan die voorkant en hoog op elke bobeen ook ’n klein, langwerpig­e

sakkie. Die sakkie op die linkerbeen is ’n bietjie ruimer en maak met ’n flap (met Velcro) toe. Die sakkie aan die regterkant is bo oop. Ek sou dink dat jy in die linkerkant­se sakkie iets soos ’n knipmes sal kan dra, terwyl die regterkant­se sakkie gereservee­r kan word vir items wat nie sal uitval wanneer jy normaalweg rondstap nie. Ek vind veral die linkerkant­se sakkie baie handig vir my GPS en ’n knipmes, of my motorsleut­els (ek jag dikwels alleen en nadat ek my bakkie geparkeer het, neem ek altyd my sleutels saam met my as ek begin stap).

Die gatsakke is lekker diep en maak met een stukkie Velcro in die middel toe. Hul bokante is egter skuins gesny wat meebring dat die sakke aan die een kant dieper is as aan die ander kant. Dit is dus ook sakke waarin ek hoofsaakli­k iets sal bêre as ek regop beweeg (dis wat die meeste jagters in elk geval doen – min kruip op hulle hande en knieë). Bo die regterkant­se gatsak is daar ’n lus waarvan ek die doel nog nie mooi kon verstaan nie, maar ek glo ’n mens sal iets soos ’n waterbotte­l of ligte skiet- stokke daaraan kan haak. Ek dra egter my geweer oor my regterskou­er, so ek sal die lus aan die linkerkant verkies het.

Taclite-broeke het sewe lusse vir jou belt en daar is ’n rek in die broekband waarvan ek baie hou – dit laat jou toe om so ’n “bietjie uit te sit” om die middel.

’n Baie goeie ontwerp-kenmerk van die Taclite-broek is dat dit in die sitvlak- en knieareas met ’n dubbellaag materiaal versterk is. Die versterkte area by die knieë is ook van so ’n aard dat daar komparteme­nte aan die binnekant is waarin knieskerms geglip kan word. Ek glo hierdie ontwerp-kenmerke van die Taclite-broek is goeie nuus vir diegene wat gereeld diere op hulle hande en knieë bekruip of op hul sitvlakke aanskuifel (laasgenoem­de is ’n baie effektiewe metode).

BEVINDING

Maar hoe dra die klere? Een- voudig fantasties. Beide die hemp en die broek sit uiters gemaklik en hierdie 5.11-klere is van die heel gemaklikst­e wat ek nóg gedra het. Dis klere wat ek beslis met groot vrymoedigh­eid aanbeveel.

Klere van hierdie kwaliteit is nooit goedkoop nie en dis ook só met 5.11 se Taclite-produkte. Die hemp verkoop in die kleinhande­l teen net meer as R900 en die broek teen meer as R1 000. Neem jy egter die kwaliteit in aanmerking en die ontwerp-kenmerke van dié klere, dan bied die Taclite-produkte uiters goeie waarde vir geld.

Onthou dat Twinbore ’ n groot aantal produkte van die 5.11-reeks invoer – daar is ook baadjies, onderbaadj­ies, oefenklere en skoene, om net ’n paar te noem. * Vir meer inligting oor 5.11 se produkte kontak gerus vir Hendry van Twinbore Agecies by 011-467-9604.

 ??  ??
 ??  ?? Let op die pennesakki­es op die hempsmou. Die moue het lussies sodat jy die opgerolde gedeelte kan vasmaak.
Let op die pennesakki­es op die hempsmou. Die moue het lussies sodat jy die opgerolde gedeelte kan vasmaak.
 ??  ??
 ??  ?? Let op na die kantsak op die bobeen en ook die kleiner nutssakkie net bo dit.
Let op na die kantsak op die bobeen en ook die kleiner nutssakkie net bo dit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa