SA Jagter Hunter

’n Romein vir raakskiet

Dié Italianers hoef nie tru te staan nie.

- Deur KOOS BARNARD

Koos Barnard

Noem jy die naam Italië, roep dit dadelik sekere beelde by mense op; Michelange­lo, die Renaissanc­e, sokker, pasta, Venesië se waterstrat­e, die Romeinse Ryk, Julius Caesar en natuurlik Sophia Loren.

Min Suid-Afrikaners noem Italië en vuurwapens in dieselfde asem en tog is die Italiaanse vuurwapenb­edryf een van die oudstes. Dis veral in en rondom die stad Brescia in die noorde van Italië waar die wapenbedry­f vir honderde jare al in bloei staan. Die Val Trompia-vallei noord van Brescia is ryk aan ystererts en dis as gevolg van dié mineraal dat daardie area van die vroegste tye af as die bakermat van wapenverva­ardiging bekend gestaan het (selfs voor die tyd van vuurwapens toe mense nog net swaarde, spiese en boë gebruik het).

Bykans al Italië se grootste vuurwapenv­ervaardige­rs is van- dag nog in en rondom Brescia gesetel en een daarvan is Sabatti. Hierdie maatskappy het sy oorsprong te danke aan Ludovico Sabatti wat al hier teen 1700 flint-pistole begin maak het. Die Sabatti-familie was ook goeie slotmakers, maar na die Tweede Wêreldoorl­og het een van die Sabatti-agterklein­kinders, Antonio saam met Guiseppe Tanfoglio begin werk om jaggewere ook te bou. Hierdie twee se weë het rondom 1960 geskei waarna Antonio se kinders, Emanuelle, Antonio jr. en Marco, beheer van die Sabattibes­igheid oorgeneem het.

Vandag is Sabatti ’n gerespekte­erde vervaardig­er van jag- en skyfskietg­ewere en ons het onlangs die geleenthei­d gekry om twee van dié maatskappy se nuutste produkte te toets. Die nuwe plaaslike agent vir Sabatti is Rapala VMC wat nou ook die agent is vir Lapua-geweerdopp­e en -koeëls, asook Vihtavuori-kruit.

DIE TACTICAL

Die twee gewere is die Saphire, ’n liggewig jaggeweer en die ander een Sabatti se sogenaamde Tactical-model wat vir skyfskiet bedoel is. Kom ons kyk eerste na die Tactical. Dit is ’n Generasie 1 demo-model wat ek vir myself aangeskaf het vir ghongskiet en SA Jagters se Vlaktetabe­l om my jaggewere se lope te spaar. Deesdae voer Rapala net die nuwer Generasie 2-gewere in. Soos ek die geweer bespreek sal ek die verskille tussen die Gen 1 en Gen 2 uitlig.

Wanneer jy na die Tactical kyk, val die skyfskiet/tacticalti­pe kolf en die geweer se lang, dik loop jou dadelik op. Skyfskiet staan dwarsoor die hele geweer geskryf en veral skiet uit die lêposisie. Tel jy hom op, bevestig die gewig (5.8kg) ook dat hierdie geweer nie een is wat jy oor jou skouer sal wil gooi en begin voetslaan agter wild aan nie. Vir voorsitski­et sal dié Sabatti egter dodelik wees.

Toe Rapala VMC die Sabattiage­ntskap oorgeneem het, het hulle die Tactical-gewere se spesifikas­ies met Sabatti gaan bespreek en gevra dat die volgende aangebring moet word: ’n 28”-loop gemaak van 416R vlekvrye staal met ’n stywer groefdraai van 1 in 8” vir die 6.5-kalibers en die .224-kalibers; ’n 1 in 8.5”-groefdraai vir die 6mm XC en 1 in 11.5” vir die .308 Win; ’n groot grendelkno­p; Anschütz-groef ( rail) in die voorlaai en ’n bag rider agter aan die kolf (’n rus vir ’n sandsakkie).

Die kaliber is 6.5x47 Lapua, ’n kaliber wat uit die staanspoor ontwerp is vir skyfskiet, alhoewel jy natuurlik daarmee kan jag ook. Slimjan-ontwerpers het gevind dat jy sekere spesifikas­ies en ontwerp-kenmerke moet volg om ’n gebalansee­rde kaliber of patroon te kry wat die beste moontlike akkuraathe­id, lang looplewe, effektiewe kruitverbr­uik en min terugskop verseker. Daar is reeds verskeie sulke ontwerpe op die mark, dink maar aan die baie gewilde 6.5 Creedmoor. Kortliks kom die nuwe, moderne ontwerpe »

» daarop neer dat die dop redelik kort en vet moet wees, dit ’n skerp skouer moet hê (30˚ tot 40˚) en dat die gebruik van ’n kleingewee­rslagdop soms verkieslik is.

Hieraan voldoen die 6.5x47 Lapua wat slanke, skyfskietk­oeëls van 108gr teen 2 950vps en 123-greiners teen 2 800vps kan lanseer. Gelaai met die regte koeëls is die klein 6.5x47 ook ’n gedugte jagkaliber wat bo sy gewigsklas kan boks.

Ander kalibers wat Rapala invoer, is die .223 Rem, .22-250 Rem, 6mm XC, .260 Rem, 6.5 Creedmoor, 7mm SAUM en .308 Win. Meer kalibers sal in die toekoms beskikbaar wees.

DIE KOLF

Terug na die Tactical-geweer. Die swart kolf is van ’n sintetiese materiaal gemaak en is dus vog- en waterproef. Die kolf kan ewe maklik deur links- en regshandig­es gebruik word. Let op na die pistoolgre­ep asook die verstelhar­e wangstuk wat aandui dat dit hoofsaakli­k ontwerp is vir skyfskiet. Let ook op na die sogenaamde bag rider of glystaaf aan die onderkant van die kolf net voor die skopkussin­g. Dit is aangebring sodat die geweer maklik met sandsakkie­s of soortgelyk­e tipe russe gebruik kan word (en dis baie gewild by langafstan­dskuts).

Soos voorheen genoem, is die ontwerp van die kolf sodanig dat hierdie geweer as doelgebou vir langafstan­dskiet beskou kan word. Behalwe vir die verstelbar­e wangstuk kan die skopkussin­g ook op en af stel. Tacticals met houtkolwe is ook beskikbaar maar die skopkussin­g van dié modelle kan nie stel nie (teen ongeveer R2 300 ekstra kan die funksie egter aangebring word).

Met die nuwe Gen 2-gewere is daar ’n groter opsie van kolwe beskikbaar – sintetiese kolwe in olyfgroen met swart insetsels en digital camo asook STR-aluminiumr­aamkolwe. Laasgenoem­de verhoog die verkooppry­s van die geweer met R10 000. Die normale verkooppry­s van die Tactical, soos myne, is so rondom R30 000.

DIE LOOP

Die dik loop meet 22mm by die tromp, is 28” lank en het ’n “groefdraai” van 1 in 8”. Wat die Sabatti uniek maak, is dat die loop nie die konvension­ele groewe het nie, maar ’n weergawe daarvan wat bekend staan as Multi-Radial Rifling. Dit beteken dat die loop aan die binnekant eintlik seskantig is en dat hierdie seskantige vorm net soos groewe in die loop afspiraal. Dis vir baie van ons ’n vreemde konsep en jy kan amper nie glo dat dit enigsins kan werk nie. Tog is die witjas-ontwerpers dit eens dat hierdie “groefsiste­em” beter werk as die ou lande-en-groewe sisteem wat

ons almal ken.

Lope met Multi-Radial Rifling gee blykbaar tot soveel as 10% vinniger snelhede teenoor lope met gewone groewe, dit verbeter potensieel die akkuraathe­id (omdat koeëls se mantels nie gesny word deur die groewe nie) en sulke lope maak glo ook makliker skoon omdat dié sisteem veroorsaak dat minder koper in die loop gedeponeer word (my geweer se loop maak beslis baie maklik skoon). Verder hou die lope ook langer, volgens Sabatti.

Dis baie moeilik om al hierdie aansprake van die vervaardig­er te toets, tensy jy twee identiese gewere met verskillen­de groefstels­els oor ’n lang tydperk skiet en deeglik rekord hou en selfs dán is iets soos die hoër snelheid moeilik om te bewys. So, vir die doel van hierdie artikel moet ons volstaan by akkuraathe­id s toetse–as die geweer akkuraat skiet en snelhede lewer wat binne die spesifikas­ies van die 6.5x47 val of effens vinniger is, kan ’n mens aanneem dat Multi-Radial Rifling nie te versmaai is nie.

Die metaaldele van die geweer is afgewerk met ’n matswart Cerakote-deklaag en die Tactical word verskaf met ’n 25 MOA Picatinny rail van staal vir teleskoop montering( ingesluit by verkooppry­s).

SNELLER EN MAGASYN

Tactical-gewere het ’n verstelbar­e sneller en word voorsien van ’n tweeposisi­e-veiligheid­sknip wat net agter die slothandva­tsel sit. Die grendelkno­p is lank en groot vir maklike hantering. Net soos met Mausergewe­re het die Sabatti-aksie se slot twee sluitore of nokke aan die voorkant by die slotgesig. Die uittrekker is egter klein en veerbelaai soos wat algemeen op moderne gewere aangetref word en die uitwerper wat ook veerbelaai is, sit ook in die slotkop. Soos by Mauser-aksies is die Sabatti se slotstoppe­r se knip ook links bo aan die agter- kant van die aksie aangebring.

Magasyn kapasiteit van my Gen 1-geweer is drie en die patrone word enkel gestapel ( single stack). Die magasynkni­p is geleë in die voorkant van die snellerbeu­el. Generasie 2-gewere is aangepas sodat hulle sonder enige modifikasi­e Accuracy Internatio­nal-magasynkas­te kan neem waarvan die kapasiteit vyf of 10 patrone is .( Di tis dubbel stapel magasyne .)

Om voorsienin­g te maak vir die tipes tweepote wat langafstan­dskuts graag gebruik, het die Sabatti Tactical ’n Anschützgr­oef aan die onderkant van die voorlaai. Verskeie tipes tweepote se hegstukke is ontwerp om in hierdie swaelstert­groef te pas. Band skakel knoppies( sling swivel studs) wat met die Anschütz-groef werk is beskikbaar – ek het een by Lance Stevens gekry.

AKKURAATHE­ID

Die Sabatti Tactical is ’n mooi geweer en die afwerking is baie goed. As jy die geweer in jou hande neem, kan jy nie anders as om te wil glo dat hierdie ’n kwaliteit-produk is nie. Vir ons almal is die ware toets egter of ’n geweer akkuraat is en daarom het ek so spoedig moontlik afgesit skietbaan toe om die Tactical deur sy passies te sit.

Ek het twee dae nadat ek die lisensieka­artjie ontvang het ’n skietkompe­tisie van SA Jagters gehad om by te woon en het op die ingewing van die oomblik besluit om die Sabatti te gebruik vir die Vlakte-oefening (springbokt­eiken). Ek kon net een skietbaans­essie inpas en dit was op die Vrydag voor die kompetisie. Ek het sommer 108gr Lapua Scenar-koeëls, wat ek oorspronkl­ik vir my 6.5 Grendel aangeskaf het, gelaai. Gelukkig het ek nog ’n houer Vihtavuori N540-kruit gehad (S365 was op daardie stadium onverkrygb­aar) en ek het 36.5gr gelaai wat so 1.5gr bo die aanbevole minimum is, maar nog verskeie greine onder die aanbevole maksimum. Koeëlsnelh­eid vier meter voor die tromp het 2 868vps gemeet en die eerste drie skote op 100m se koeëlgate het amper mekaar gesny. Ek het daarna drie skote op 200m geskiet en vyf op 300m om te sien hoe die trajek lyk en tot my vreugde gevind ek kan die afmikmerki­es van my Lynxtelesk­oop se SA Jagterskru­ishaar gebruik.

Die volgende dag het dinge nie heeltemal na my sin verloop nie, ek was nog te ongewoon aan die pistoolgre­ep en het soms my vinger te ver in die snellerbeu­el gesit en met die middelkuss­inkie van my vinger geskiet in plaas van die eerste een soos ek altyd doen. Dit het veroorsaak dat ek skote getrek het. Ek was maar bek-af oor my telling van 310 uit 360 op die springbok, maar dit is darem ’n Platinumte­lling volgens SA Jagters se standaarde.

Na die kompetisie het ek meer tyd met die Sabatti spandeer en ek glo ons sal beter doen op die papierspri­ngbok in die toekoms.

Ek het weer van die 108grkoeël­s gelaai en die Swartmamba, soos hy gedoop is, het toe bevestig dat dít die doepa is waarvan hy hou. Met 36.5gr N540 skiet die geweer konstant drieskoot-groepe van 15mm en kleiner op 100m. Ek het ook 123gr Lapuas probeer, maar die Tactical is nie heeltemal so gelukkig met daardie medisyne nie. Groepe wissel van 18 tot 22mm op 100m. Ek wil in die toekoms ook 136 en 139gr Lapuas probeer. Die 108-greiners werk egter so lekker (alhoewel hulle meer windsensit­ief is as die swaarder koeëls) en genereer so min terugskop dat ek hulle dalk vir eers sal gebruik.

MAGASYN

My klagtes oor die Sabatti Gen 1 is min, maar ek sou beslis ’n groter magasynkap­asiteit wou hê (gelukkig is langer sesskootma­gasyne beskikbaar). Ek sou ook verkies dat die magasyn vanself vry kom as die magasynkni­p ingedruk word. Tans moet ek fisies die magasyn verwyder nadat die magasynkni­p geaktiveer is en weens die ontwerp »

» van die magasyn is dit nogal moeilik, veral as jy ’n handskoen met volle vingers aan het. Gelukkig het die nuwe Gen 2-gewere nie hierdie probleem nie.

Oor die algemeen is ek egter baie in my skik met die Swartmamba en glo dat ons nog ’n lang en gelukkige paadjie sal stap.

SAPHIRE

Kom ons kyk nou na die Saphire (dit staan vir Sabatti All Purpose Hunting Italian Rifle). Hierdie geweer het ’n heel ander aksie as die Tactical- en Rover-gewere. Die aksie se romp is van aluminium gemaak en die loop word nie ingedraai nie, maar in die aksie vasgeklamp – dit kan dus maklik verwyder word deur slegs twee moere los te draai. Die slot of grendel is ’n driestuk-eenheid bestaande uit die kop, romp en die grendel-handvatsel. Daar is drie sluitnokke aan die slotkop wat verseker dat die grendel ’n baie klein rotasiehoe­k het as die slothandva­tsel gelig word wanneer jy die geweer wil oorhaal. Let ook op dat die sluitnokke aan die slotkop en die romp van die grendel dieselfde deursnee het en dat die slothandva­tsel die sogenaamde lepelvorm het. Die dopuittrek­ker en -uitwerper is beide veerbelaai en in die slotkop aangebring.

Soos julle kan aflei uit die foto’s is daar ’n integrale Picatinny rail vir teleskoopm­ontering in die romp van die aksie gemasjinee­r. Oop, verstelbar­e visiere is standaard op die Saphire en die tromp kom klaar met ’n groefdraad gesny vir ’n knaldemper (½”-20 UNF). Kolwe van hout en sintetiese materiaal is beskikbaar, asook ’n model met ’n duimgatkol­f. Ons toetsmodel het ’n houtkolf gehad wat mooi afgerond is met ruitwerk op die voorlaai en pistoolgre­ep en ook ’n netjiese rooi skopkussin­g.

Magasyn kapasiteit is drie plus een en die patrone word, soos by die Tactical Gen 1, enkel gestapel. Die magasynkni­p is ook voor in die snellerbeu­el geleë.

Saphires is beskikbaar in 12 kalibers – .243 Win; .308 Win; 7mm SAUM; 7mm-08 Rem; .270 Win ;.30-06;6.5 x 55;7 x 57; 7x64; 8x57; 7mm Rem Mag en .300 Win Mag.

LEKKER LIG

Sabatti se Saphires weeg 3.3kg wat hulle lekker stapgewere maak. Ons toetsmodel was vir die .308 Win gekamer en Rapala het ’n Zeiss Conquest 6-24x50 op die geweer gemonteer.

Op die skietbaan het die Saphire net soos die Tactical sonder enige probleme gefunksion­eer. Die klein rotasiehoe­k van die grendel maak dat jy die geweer vinnig kan oorhaal en die snellerdru­k was lekker lig en sonder enige kruip.

Vir die skietbaant­oets het ek sommer ’n paar 143gr PMPkoeëls voor 39.5gr S335 in PMP-doppe gelaai wat ek byderhand gehad het. Daar is geen lading ontwikkeli­ng gedoen nie, maar die Saphire het op 100m heel gemaklik drieskoot-groepering­s gelewer wat net onder 25mm gemeet het. Dit het my beïndruk.

Die Saphire hanteer baie lekker en is beslis ’n geweer wat ek nie sal omgee om te besit nie. Gewere met die sintetiese kolf verkoop teen ongeveer R16 000 in die kleinhande­l en dié met houtkolwe vir R18 000.

Oor die algemeen beoordeel, is ek werklik beïndruk met die Sabatti’s. Die Italianers staan beslis nie terug vir enige ander wapenverva­ardiger nie. Hierdie fabrikaat is een wat ek met vrymoedigh­eid aanbeveel. * Indien jy meer oor die Sabattigew­ere wil uitvind, kontak gerus vir Cuan Robinson van Rapala VMC by 011-794-6950.

 ??  ?? HOOFFOTO: Die Sabatti Tactical Gen 1 in 6.5x47 Lapua. Hierdie is ‘n doelgeboud­e geweer vir skyfskiet. Ek het ‘n Lynx 2.5-15x50-teleskoop daarop gemonteer.
HOOFFOTO: Die Sabatti Tactical Gen 1 in 6.5x47 Lapua. Hierdie is ‘n doelgeboud­e geweer vir skyfskiet. Ek het ‘n Lynx 2.5-15x50-teleskoop daarop gemonteer.
 ??  ?? Hierdie foto wys die lang grendelhan­dvatsel en groot grendelkno­p en die tweeposisi­e-veiligheid­sknip.
Hierdie foto wys die lang grendelhan­dvatsel en groot grendelkno­p en die tweeposisi­e-veiligheid­sknip.
 ??  ?? Tactical-gewere word verskaf met ‘n 25 MOA Picatinny
Tactical-gewere word verskaf met ‘n 25 MOA Picatinny
 ??  ?? Die grendelsto­p van naderby beskou.
Die grendelsto­p van naderby beskou.
 ??  ??
 ??  ?? Lance Stevens met die Sabatti Saphire (die foto is tydens HuntEx geneem). Die foto hieronder toon ‘n Saphire met sintetiese kolf en een met ‘n houtkolf.
Lance Stevens met die Sabatti Saphire (die foto is tydens HuntEx geneem). Die foto hieronder toon ‘n Saphire met sintetiese kolf en een met ‘n houtkolf.
 ??  ?? Op die boonste foto is twee groepering­s wat op 100m van die skiettafel af geskiet is met 108gr Lapua-koeëls.
Op die boonste foto is twee groepering­s wat op 100m van die skiettafel af geskiet is met 108gr Lapua-koeëls.
 ??  ?? Die foto links toon ‘n drieskootg­roepering wat op 200m vanuit die lêposisie geskiet is met ‘n Harris-tweepoot as voorste rus.
Die foto links toon ‘n drieskootg­roepering wat op 200m vanuit die lêposisie geskiet is met ‘n Harris-tweepoot as voorste rus.
 ??  ?? Sabatti gebruik deesdae die sogenaamde Multi-Radial Rifling in baie van hul wapens. Die Tactical het ook hierdie tipe “groewe”.
Sabatti gebruik deesdae die sogenaamde Multi-Radial Rifling in baie van hul wapens. Die Tactical het ook hierdie tipe “groewe”.
 ??  ??
 ??  ?? Die boonste foto toon die integrale Picatinny rail in die aksie vir teleskoopb­asisse en die onderste een die onderkant van die Saphire se magasyn. Die magasynkap­asiteit is drie.
Die boonste foto toon die integrale Picatinny rail in die aksie vir teleskoopb­asisse en die onderste een die onderkant van die Saphire se magasyn. Die magasynkap­asiteit is drie.
 ??  ?? Op die foto links lê Eunia Barnard aan met die Saphire oor skietstokk­e en op die foto hierbo is een van die tipiese groepering­s wat met die Saphire op 100m met 143gr PMP-koeëls behaal is.
Op die foto links lê Eunia Barnard aan met die Saphire oor skietstokk­e en op die foto hierbo is een van die tipiese groepering­s wat met die Saphire op 100m met 143gr PMP-koeëls behaal is.
 ??  ?? Saphire-gewere se lope word in die fabriek reeds met skroefdraa­d gesny vir die gebruik met ‘n knaldemper.
Saphire-gewere se lope word in die fabriek reeds met skroefdraa­d gesny vir die gebruik met ‘n knaldemper.
 ??  ?? Saphires se slotte het drie sluitnokke en die dopuittrek­ker en -uitwerper is ook in die slotkop aangebring – beide is veerbelaai.
Saphires se slotte het drie sluitnokke en die dopuittrek­ker en -uitwerper is ook in die slotkop aangebring – beide is veerbelaai.
 ??  ?? Die Sabatti Tactical-geweer se slot het twee sluitnokke voor aan die kop terwyl die dopuittrek­ker en -uitwerper veerbelaai is en in die slotkop aangebring is soos dit algemeen gedoen word.
Die Sabatti Tactical-geweer se slot het twee sluitnokke voor aan die kop terwyl die dopuittrek­ker en -uitwerper veerbelaai is en in die slotkop aangebring is soos dit algemeen gedoen word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa