SA Jagter Hunter

Vra vir Kassie

- Deur KASSIE KASSELMAN

VRAAG

Wanneer ek die koeël in die doppie indruk, druk die koeëlplaas­matrys ’n ring net onder die punt van die koeël. Wat is die oorsaak daarvan en hoe kan dit voorkom word?

KASSIE SE KOMMENTAAR

Die ringvormig­e merk om die koeël word veroorsaak deur die bek van die koeëlplaas­bekertjie wat die koeël in die doppie se nek moet indruk. Daar is hoofsaakli­k drie redes waarom dit by sommige koeëls gesien kan word: 1. Sagte koeëls met dun koperwande, soos loodkernko­mpetisieko­eëls, duik baie makliker in wanneer die doppie se bek weerstand bied teen die inskuif van die koeël. Wanneer koeëls met harde wande, soos jag- of monometaal­koeëls, gebruik word, sal die drukmerk nie sigbaar wees nie. 2. Wanneer die doppie se bek nie behoorlik ontbraam is nie – met ander woorde daar is nie ’n behoorlike skuins binnerand by die dopbek gesny nie – is die weerstand wat die koeël ervaar om in die doppie se nek in te skuif, groter. Dit lei tot die vorming van ’n ring om die koeël se punt. Sommige koeëls het bootsterte, terwyl ander weer plat basisse het. Die vorm van die koeël se stert bepaal hoe maklik die koeël in die doppie se nek ingly, vandaar die samestelli­ng van die tipie- se matrysstel vir doppies met reguit parallelle wande. Vir hierdie tipe doppie word ’n matrys as deel van ’n stel voorsien. Dié matrys word so gestel dat die doppie se bekkie effens oopgesper word om platbasisk­oeëls te ontvang sonder dat die doppie se wande tydens die koeëlplaas­proses beskadig word. (Sien Foto 1.) Dit is altyd beter om ’n goeie laesleuron­tbramer (VLD) te gebruik om die doppie se bek te ontbraam, veral wanneer VLD-kompetisie­koeëls gelaai word (sien Foto 3). Hierdie voorsorg verseker dat die koeël glad en sonder groot weerstand in die doppie se nek inskuif. 3. Die vorm van die koeëlplaas­bekertjie in die koeëlplaas­matrys kan ook die ring veroorsaak. (Sien Foto 2.) Nie alle koeëls het dieselfde profiel nie. Die hoek van die ogiewe verskil ooreenkoms­tig die doel waarvoor die koeël vervaardig word. Insgelyks word die koeëlplaas­bekertjie se binnerand teen ’n skuins hoek vervaardig om oor die ogief van die koeël te pas. Die vervaardig­ers van ma- tryse kan ongelukkig nie ’n bekertjie maak wat die ogiefhoek van alle koeëls mooi pas nie. Sommige vervaardig­ers maak spesiale koeëlplaas­bekertjies vir koeëls met baie skuins ogiefhoeke wat addisionee­l aangeskaf kan word. Indien dit nie bekombaar is nie, kan die herlaaier self die koeëlplaas­bekertjie se binneafwer­king poleer om sodoende knus oor die koeël wat hy gebruik, te pas. Dit kan help om te verhoed dat die koeël se ogief nie tydens koeëlplasi­ng beskadig word nie.

Ons moet net altyd onthou dat enige skade aan die koeël se stert of ogief ’n nadelige impak op akkuraathe­id het. Die koeël beweeg in vrye vlug vanwaar dit die geweer se tromp verlaat tot by die teiken. Enige skade aan die koeël of onstabilit­eit wanneer dit in vlug is, neutralise­er alles wat die herlaaier probeer bereik met akkurate laai. Ons is gewoonlik baie bekommerd oor die skade wat aan die sigbare gedeelte van die koeël aangerig is, maar hou nie altyd in gedagte dat skade aan die koeël se stert tydens die inskuif in die doppie ’n groter impak op akkuraathe­id kan hê nie. (Kyk Foto 4.) Let op die VLD-ontbramer in die meegaande foto. Dit kan bydra tot ’n seepgladde inskuif van die koeël in die doppie in, sonder om die stertgedee­lte te beskadig.

VRAAG

Hoekom is patrone nie altyd konsentrie­s nadat hulle gelaai is nie? Ek het die beste kompetisie­matryse gekoop wat veronderst­el is om te verseker dat die gelaaide patroon absoluut reguit is, tog bly die meeste van my patrone in ’n mate skeef. Afhangende watter metode ek gebruik om die waggelafwy­king te meet, kan die variasie tot soveel as .007” vanaf die sentrale as wees. Wat is ’n aanvaarbar­e afwyking?

KASSIE SE KOMMENTAAR

’n Eenvoudige kort vraag is soms die moeilikste om te antwoord. Baie herlaaiers blameer gewoonlik eerste die koeëlplaas­en/of die vormmatrys en vervang dan summier sy matryse met meer gevorderde produkte, net om te vind dat die “beter” matryse nie regtig ’n verskil maak nie. Ofskoon dit nie uitgesluit kan word dat matryse foutief is nie, is dit uiters onwaarskyn­lik dat instrument­e wat in moderne masjinerie vervaardig word, buite spesifikas­ies kan wees. Dit is wel so dat doppies wat in volvorm-drukmatrys­e gevorm word, meestal ’n laer gemiddelde waggelafwy­king toon as doppies wat in nekvorm-drukmatrys­e gevorm word. Die rede hiervoor is eenvoudig dat die volvorm-drukmatrys beter ondersteun­ing aan die doppie bied, omdat die doppie se romp ook in kontak met die matrys se wande is. In teenstelli­ng hiermee ondersteun die nekvorm-drukmatrys net die doppie se nek.

Dit is egter nie die ingaan van die doppie in die matrys en die vorm van die matrys wat veroorsaak dat die doppie asentries gevorm word nie. Onthou, wanneer die doppie in die matrys is, het hy die perfekte vorm van die binnekant van die matrys aan- geneem. Wanneer die doppie egter uit die matrys uitgetrek word, is die trekkrag onderaan die rand van die doppie, wat die doppie dan losmaak van die matrys se binnewande. Die enigste weerstand wat die doppie dan verder teen die matrys bied, is wanneer die binnenek van die doppie oor die strekknoop getrek word om die nek tot die korrekte grootte te rek vir die regte spanning, of greep, om die koeël. Op daardie stadium word die doppie geensins deur die matrys ondersteun nie. Die doppie se nek kan dan maklik uit lyn uit getrek word as die nekdikte in sy omtrek verskil; die binneskoue­r nie eweredig gesmeer is nie; of die doppie se smeebaarhe­id nie eweredig deur uitgloeiin­g versprei is nie. Hoe dunner die doppie se nekwande, hoe groter word die probleem.

Die oplossing vir hierdie oorsake is redelik voor die hand liggend, naamlik: 1. Verseker dat die dopskoen- tjie se haak skoon en haaks is met die trekrigtin­g sodat die doppie reguit uit die matrys getrek word. 2. Sorg dat die doppie behoorlik gesmeer is waar die binneskoue­r by die nek aansluit. 3. Skil die doppie se nek tot eweredige dikte. Waak egter daarteen om die doppie se nekwand te dun te skil. Onthou die reël dat die nek so dik moontlik moet wees om nekspannin­g beter en langer te behou, sodat dit so min as moontlik hoef uit te swel om teen die matrys te seël wanneer die skoot gevuur word. 4. Gloei die doppie se nek gereeld uit om eweredige smeebaarhe­id en gevolglike nekspannin­g te verseker. As al hierdie maatreëls nog nie help nie, kan ’n mens allerhande truuks probeer, soos deur die doppie te roteer en weer te vormdruk of om ander tipes matryse soos kompetisie­busmatryse, collet- nekmatryse en pasmaakmat­ry- »

» se te probeer.

Dit gebeur dikwels dat ’n doppie ná vorming baie mooi konsentrie­s is, maar nadat die koeël geplaas is, is die patroon asentries (dit waggel).

Daar is gewoonlik een of meer oorsake hiervoor: 1. Die matrys ondersteun en lei die koeël nie behoorlik om reguit in die doppie in te sak nie. In so ’n geval moet die matrys vervang word, omdat die matrys se binne-toleransie­s te groot is. 2. In die geval van ’n spitspuntk­oeël druk die punt van die koeël teen die binnekant van die koeëlplaas­bekertjie vas, wat veroorsaak dat die bekertjie se rand nie met die koeël se ogief kontak maak nie. Dit het tot gevolg dat dit dan skeef in die doppie indruk. Hierdie probleem kan opgelos word deur die bekertjie se diepte met ’n boortjie te vergroot sodat die koeël se punt diep genoeg ingaan en die bekertjie se rand op die ogief kan druk. Die bekertjie of die matrys kan ook in geheel ver-

vang word. 3. Die koeël kan te vlak in die doppie ingedruk word, wat daartoe lei dat die doppie nie genoeg greeplengt­e op die koeël se skag het om behoorlike belyning te verseker nie. 4. Die doppie se bek is nie behoorlik aan die binnekant ontbraam en skuins gesny om die koeël se stertkant in die nek in te lei nie. Vir ’n bootstertk­oeël moet ’n laesleuron­tbramer (VLD deburring tool) gebruik word. As dit nie gedoen word nie, bied die doppie te veel weerstand wanneer die koeël ingedruk word en benewens ’n uit-lyn-uit koeël, word die koeël se basis en bootstert ook beskadig. 5. Die doppie se nek is nie eweredig dik rondom nie, of die doppie is nie uitgegloei nie. Soos dit al menigmaal genoem is, is dit beter om die doppie na elke skoot uit te gloei. Dit is feitlik onmoontlik om te verseker dat alle patrone ’n zero-afwyking op ’n waggelme- ter het. (Sien Foto 5.) Dit help ook nie om ’n “krom” patroon reguit te druk nie, want ’n paar ure nadat die patroon reguit gedruk is, keer die natuurlike spanning in die metaal terug en is die belyning weer uit koers uit. Langafstan­dskieters in die VSA het voorts gevind dat ’n waggel van .003” op die Neco/ Forster-metode gemeet, weinig, indien enige, effek op die konstanthe­id van skootplasi­ng het tot en met afstande van 1 000 meter. Natuurlik sal geen waggel verkieslik wees en streef ons almal om daarby uit te kom. ’n Obsessiewe ingesteldh­eid op ’n klein waggel kan egter baie geld en tyd kos, sonder dat die verlangde operasione­le resultaat dit regverdig.

DOEN DIE BESTE WAT JY KAN MET DIE GEREEDSKAP EN KENNIS WAT JY HET! * Skakel Kassie by Dave Sheer Guns in Montana, die telefoonno­mmer is: 010-300-1222.

 ??  ?? FOTO 1: Die strekpen met die oopsper-rif in die matrysstel word vir parallelwa­nddoppe verskaf en word gebruik om die doppie se bek effens te sper sodat ‘n platbasisk­oeël glad gepas kan word.
FOTO 1: Die strekpen met die oopsper-rif in die matrysstel word vir parallelwa­nddoppe verskaf en word gebruik om die doppie se bek effens te sper sodat ‘n platbasisk­oeël glad gepas kan word.
 ??  ?? FOTO 2: Die drukmerk van die koeëlplaas­bekertjie ( seating cup) om die koeël. ‘n Sagter(match) koeël sal ‘n dieper induiking toon.
FOTO 2: Die drukmerk van die koeëlplaas­bekertjie ( seating cup) om die koeël. ‘n Sagter(match) koeël sal ‘n dieper induiking toon.
 ??  ??
 ??  ?? FOTO 3: ‘n Goeie ontbraming-dopbeksnye­r vir bootstertk­oeëls, soos die VLD-ontbramer, kan bydra tot ’n seepgladde inskuif van die koeël in die doppie in, sonder om die stertgedee­lte te beskadig.
FOTO 3: ‘n Goeie ontbraming-dopbeksnye­r vir bootstertk­oeëls, soos die VLD-ontbramer, kan bydra tot ’n seepgladde inskuif van die koeël in die doppie in, sonder om die stertgedee­lte te beskadig.
 ??  ?? FOTO 4: Skade aan die koeël se bootstert en basisopper­vlak word veroorsaak deur doppe wat nie reg ontbraam is nie. Dit lei ook tot waggelpatr­one.
FOTO 4: Skade aan die koeël se bootstert en basisopper­vlak word veroorsaak deur doppe wat nie reg ontbraam is nie. Dit lei ook tot waggelpatr­one.
 ??  ?? FOTO 5: Hier is ‘n voorbeeld van ‘n waggelmete­r. Dis feitlik onmoontlik om te verwag dat alle patrone ‘n zero-afwyking op die waggelmete­r het.
FOTO 5: Hier is ‘n voorbeeld van ‘n waggelmete­r. Dis feitlik onmoontlik om te verwag dat alle patrone ‘n zero-afwyking op die waggelmete­r het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa