SA Jagter Hunter

SA JAGTER/HUNTER-SKIETKOMPE­TISIE

-

Die SA JAGTER/HUNTER-tydskrif hou op 22 September 2018 ’n skietkompe­tisie op die Blue Gum Valley-skietbaan buite Pretoria. Maar ons gaan vir ’n slag op die meer konvension­ele jaggewere konsentree­r en die maksimum afstand sal 200m wees.

Lede van jagverenig­ings kla dikwels dat hulle nie aan skietkompe­tisies wil deelneem nie, omdat hulle nie met hul liggewig jaggewere kan kompeteer teen diegene wat spesiale kompetisie­gewere besit nie. Sommige mense voel dat skietkompe­tisies deesdae ’n equipment race geword het.

Dis moeilik om die begrip jaggeweer te definieer en daarom het ons besluit om liewer die term ‘ligte stapgeweer’ te gebruik. Vir die skietkompe­tisie sal die volgende beperkings dus geld: 1. Die geweer moet ’n konven

sionele pistoolgre­ep hê, geen duimgatkol­we of GRS-tipe pistoolgre­pe sal toegelaat word nie. 2. Die loop mag nie meer as 19mm by die tromp meet nie. 3. Gewig sal beperk word tot 5.8kg (teleskoop ingesluit). 4. Maksimum teleskoopv­ergroting sal 10x wees. 5. Minimum kaliber is enigeen wat ’n 6mm-koeël skiet. 6. Knaldemper­s word toegelaat, maar geen trompremme nie. 7. Geweerband­e wat rondom die boarm vasmaak, word glad nie toegelaat nie. 8. Geen skiethands­koene of elmboogbes­kermers nie. 9. Skuts voorsien hul eie skietstokk­e, maar met slegs ’n enkelonder­steuning onder die geweer se voorlaai. Hierdie is slegs voorlopige reëlings en die reëls mag dalk effens verander. Ons sal julle in- gelig hou. Die totale aantal skote sal 25 wees. Ongelukkig sal daar geen inskietgel­eentheid die oggend voor die kompetisie wees nie.

Lekker groot pryse word beplan, maar alle pryse sal op die basis van ’n gelukkige trekking uitgedeel word sodat almal, nie net die topskuts nie, ’n gelyke kans staan om iets te wen.

Ons mik vir ’n totaal van 80 deelnemers. Die inskrywing­sgeld behoort na raming so rondom R250 te wees.

Dan wil ons ook op dieselfde dag ’n windbuks-skietkompe­tisie op hierdie baan hou vir kinders. Meer inligting oor dié kompetisie sal ook mettertyd deurgegee word.

Sodra al die beplanning voltooi is, sal ons julle die geleenthei­d gee om in te skryf. Alle inskrywing­s sal voor die tyd gedoen word, geen inskrywing­s word op die dag van die kompetisie aanvaar nie. Hou maar die tydskrif en ons Facebookbl­aaie dop vir meer inligting oor wanneer die inskrywing­s oopgestel gaan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa