DOOIERUS – PA­S­OP VIR DIE GELUKKE

SA Jagter Hunter - - INHOUD -

Vroe­ër ja­re, toe wild nog wild was en die par­le­ment mak, was ‘te­ë­spoed’ ’n al­ge­me­ne woord. “Da­rem goed ge­ry?” sou ie­mand vra wan­neer jy by ’n be­stem­ming aan­kom. “Nie te­ë­spoed ge­had langs die pad nie?”

Dit was na­tuur­lik deels om­dat dit des­tyds goeie ma­nie­re was om be­sorg te wees oor jou me­de­mens, maar dit was ook ’n tyd toe teen­spoed nog al­ge­meen was. Die paaie was smal en vol bul­te en die ou kar­re was vol nuk­ke. Dit was ’n al­ge­me­ne ge­sig om ’n voer­tuig langs die pad te sien staan met die en­jin­kap oop of een wiel in die lug. Oor­ver­hit­ting was een van die groot­ste pro­ble­me, ver­al op ’n warm dag teen ’n lang steil­te met ’n ou Gyp­sey aan die sleep­haak. Daai tyd was ver­koe­lings­tel­sels mos nog nie on­der druk nie en die ou ses- en agt­si­lin­ders se wa­ter het gou be­gin kook. Of ’n band – toe nog die on­be­trou­ba­re ou cross ply’s – sou bars, of die waai­er­band sou die gees gee, of daar is ge­stop vir ie­mand wat kar­siek het.

Be­ter teg­no­lo­gie en paaie het din­ge se­dert­dien ’n bie­tjie uit­ge­stryk en ’n stuk­ken­de mo­tor langs die pad is nou ’n skaar­ser ge­sig. Teen­spoed is eg­ter nog steeds met ons. Dees­dae skuil dit net eer­der ag­ter ’n blou lig of dit be­spring jou wan­neer jy in jou eie op­rit stil­hou.

Ook in die jag­veld is din­ge dees­dae an­ders. Pap wie­le as ge­volg van do­rings of stok­ke ge­beur steeds, maar o­ri­gens is ons mo­der­ne Crui­sers groot­liks son­der ske­te. En waar die bos in die ou dae ’n le­wens­ge­vaar­li­ke plek kon wees, is din­ge nou mak­ker. Daar­die ja­re moes hul­le jou dwars oor ’n perd laai en ge­weer­o­lie in die tand­ga­te gooi as ’n leeu jou ge­byt het. Dees­dae se leeus byt net teen be­ta­ling (ver­kies­lik in US dol­lar) en as dit wel ge­beur hoef jy maar net jou foon­tjie uit jou hemp­sak te haal en kort voor lank flad­der ’n red­dings­he­li­kop­ter neer. Maar teen­spoed in die bre­ër sin het nie ver­dwyn uit die jag­veld nie. Aikô­na.

Nie goed ge­gaan met sy eer- ste jag van die sei­soen nie, ver­tel ’n kê­rel nou die dag. (Sy naam sal ek om ver­staan­ba­re re­des nie noem nie.) Teen­spoed ge­had. ’n Le­li­ke on­ge­luk oor­ge­kom, som­mer die eer­ste ag­ter­mid­dag daar in die kamp. Sy hand so ver­brand dat hy nie eens aan ’n ge­weer se snel­ler kon vat nie. “Wat het dan ge­beur,” vra ek. “Jong, ek het ’n stomp op­ge­tel wat uit die vuur ge­rol het, om hom weer te­rug te gooi, en toe brand hy vir my so. My vin­gers, hier oor hul­le pun­te, som­mer le­lik. In die son­lig het dit mos nou nie ge­lyk of hy warm is nie – jy sien mos nie ’n kool in die dag nie.”

Teen­spoed, ja. Meer as dit: ’n On­ge­luk, vol­gens hom. Se­ker nie reg van my nie, maar so ’n slag suk­kel ek om sim­pa­tie by­me­kaar te skraap. As iets jou on­ver­wags oor­kom, uit die blou­te, heel toe­val­lig en per a­buis, noem ons dit ’n on­ge­luk. Maar wat moet ’n mens dit dan noem as een of an­der gat­slag jou tref, maar dit was eint­lik voor­spel­baar? ’n Ge­luk?

Aan sul­ke gelukke ont­breek die jag­veld glad nie. Ver­sig­tig­heid is iets waar­van ’n mens ge­noeg moet in­pak as jy daai kant toe gaan, want seer­kry sit en wag in die mik van el­ke der­de do­ring­boom.

Dit kon by­voor­beeld net so­wel die roos­ter se eina­got­ta­rin­ge­tjie ge­wees het wat daai man ge­brand het, of daar kon ’n warm sker­pi­oen op die stomp se punt ge­sit het, of hy kon kaal­voet in ’n kool ge­trap het wat uit die vuur ge­skiet het. Of selfs son­brand. Daar kan se­ker­lik geen wit­mens in son­ni­ge SuidA­fri­ka wees wat son­brand nie ken nie, maar steeds is daar el­ke jaar man­ne wat rooi ver­brand by die kamp aan­kom na ’n dag se jag.

Bui­te in die veld lê die po­ten­si­ë­le gelukke nog dik­ker ge­saai. Die stom­me man kon skeef­ge­trap het op ’n los klip en sy skar- nie­re ver­stuit het, of ’n doring kon hom in die oog ge­steek het, of hy kon sy ju­we­le aan ’n do­ring­draad op­ge­hang het met die deur­klim­slag. Die kans dat ’n on­ge­dier­te hom sou op­vreet, is skraal dees­dae, maar ’n mfe­zi of ’n rink­hals kon hom ge­spoeg het, ’n ad­der on­der ’n bos kon hom ge­pik het, ’n by kon hom ge­steek het, ’n honds­dol jak­kals kon hom ge­byt het, en ’n bos­luis sou hom waar­skyn­lik ge­byt het.

Daar was ook se­ker ’n kans dat hy hom­self kon raaks­ny met sy eie mes ter­wyl hy pens uit­haal of slag. Of dat hy met sy bak­kie in ’n erd­vark­gat kon ry, of dat hy oor ’n skil­pad kon strui­kel, of straks pa­raf­fien in sy glas kon gooi in plaas van je­ne­wer. Van die tra­gie­se ge­beu­re wat na­la­tig­heid met vuur­wa­pens oor ’n mens kan bring wil ek lie­wer nie eens praat nie.

As ’n mens mooi daar­oor dink (wat na­tuur­lik juis is wat ont­breek het in hier­die ge­val) kan die mees­te sul­ke ge­beu­re voor­kom, of min­stens ver­my, word. Oop oë en ge­son­de ver­stand is wat dit verg om heel te bly in die bos, met hier en daar ’n hel­pen­de hand van die ge­luk­sen­gel. Vir die na­la­ti­ge en voort­va­ren­de jag­ter lê teen­spoed eg­ter op loer soos ’n hon­ger lui­slang langs ’n wild­paad­jie wat wa­ter toe lei. Pyn gaan jy pyn as jy nie kop­hou in A­fri­ka se bos nie!

Mis­kien was daar­die kê­rel se werk­li­ke ge­luk dus eint­lik die feit dat die teen­spoed hom som­mer al met die in­trap­slag ge­tref het. Want dit was waar­skyn­lik ’n goeie ding dat ’n ou soos hy nie ver­der ge­jag het nie.

As iets jou on­ver­wags oor­kom, uit die blou­te, heel toe­val­lig en per a­buis, noem ons dit ’n on­ge­luk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.