SA Jagter Hunter

MY 6.5-DROOMGEWEE­R

’n Droom word waar en oortref alle verwagting­e...

- GAWIE PISTORIUS

My eerste jaggeweer was ’n .30-06 wat ek op die aksie van my oupa se ou 8mm Mauser laat bou het. Daarmee het ek baie wild, veral in die Noord-Kaap, gejag. Na een van my springbokj­agte in die Karoo het ek die behoefte ontwikkel om ’n ligter kaliber aan te skaf. My pa bied toe aan dat ek sy Sako .223 kan kry aangesien dit dieselfde geweer is waarmee ek destyds my eerste springbokk­e en rooiribbok­ke onder sy toesig geskiet het. Ek het egter nog altyd daarvan gedroom om ’n 6.5mm te besit en het reeds in 1995 begin oplees oor dié kalibers. In daardie stadium het die meeste artikels die 6.5x55 Sweedse Mauser beskryf en later ook die .260 Remington.

Teen die einde van 2012 tref ’n groot geluk my! Ek wen ’n Tikka T3 Hunter-jaggeweer met SA JAGTER/HUNTER-tydskrif se intekenkom­petisie. Toe ek gekontak word oor my kaliberkeu­se, bestel ek ’n 6.5x55. Die invoerder het ongelukkig nie voorraad in hierdie kaliber gehad nie en my keuse val toe op ’n .243. Met dié geweer het ek baie lekker in die rante gestap en ribbokke gejag, asook wild soos springbokk­e en takbokke (sien die artikel in SA JAGTER/ HUNTER Julie 2013).

DIE GROOT VERLANGE

Al is ek gaande oor my Tikka .243, het my hart steeds na ’n 6.5mm verlang. Sodra ek opmerk dat ’n tydskrif ’n artikel oor een van die 6.5mm-kalibers bevat, het ek dit dadelik aangeskaf om meer oor die 6.5’e te leer. Ek wou ’n kaliber hê wat ek in bosagtige terrein op mediumgroo­tte wild kon gebruik. Soos my droom verder vorm aangeneem het, het ek besluit op’ n Howa met standaardl­oop profiele n swart sintetiese kolf. Daardie loop se groefdraai sou my ook toelaat om swaarder koeëls akkuraat te kan skiet. Die geweer self is nie vol fieterjasi­es nie en het na ’n lekker werkgeweer gelyk.

So gebeur dit toe dat ek in ’n tydskrif lees van’ n bekende geweer winkelgroe­p se promosie van dié Howa-gewere! Ek het my naaste tak geskakel en navraag gedoen of hulle dalk ’n 6.5x55 in voorraad het. Die antwoord was: “Ja meneer, maar ons het nog net een oor.” Daardie nag het ek amper nie geslaap nie, want my kop het oortyd gewerk! Ek het reeds jaggewere gehad waarmee ek groot en kleiner wildsoorte kon skiet, maar hierdie 6.5mm Howa het by my gespook. Die swaarder, stadiger koeël was vir my belangrik vir die doel waarvoor ek dit wou aanwend, al is die 6.5mm-kalibers deesdae baie gewild onder langafstan­dskuts.

Die volgende oggend ry ek en my oudste dogter na die geweerwink­el toe. Ek was só bang dat daardie spesifieke geweer reeds uitverkoop was. Die verkoops- man het egter in die kluis in verdwyn en met die pikswart 6.5x55 Howa in sy hand uitgestap gekom. Ek het die geweer net vir ’n paar sekondes hanteer, toe ek, tot my dogter se verbasing, aandui dat ek dit sal koop (sy was nie bewus van my jarelange droom oor hierdie geweer nie).

Ek het die Howa toegerus met ’n Nikon Monarch 2.510x42-teleskoop wat ’n mil dotkruisha­ar het. Aangesien daar nie plaaslik vervaardig­de ammunisie vir die kaliber beskikbaar is nie, het ek ’n paar pakkies van Sellier & Bellot se 140gr-patrone gekoop om die loop mee in te breek. Ek wou ook die doppies gebruik om ladingontw­ik-keling te doen omdat ek die 6.5 se ammunisie self wou laai. My keuse het op 140gr Nosler Bal- listic Tip-koeëls en S365-dryfmiddel geval. Ek het sommer dadelik mooi groepering­s gekry en uiteindeli­k my lading vasgestel op 43gr S365 en ’n totale patroonlen­gte van 80mm. Die Howa se standaard-aksie en magasyn maak gelukkig voorsienin­g daarvoor dat ek patrone kan laai met ’n lang totale lengte. Die trompsnelh­eid van die 140gr-koeël met my lading is 2 500vps. Die 6.5x55 is tot hoër spoed in staat met dié koeël, maar as gevolg van my behoeftes en die goeie akkuraathe­id wat ek met hierdie lading verkry, het ek daarmee volstaan. Ek het ook ’n voorraad patrone met Nosler se 140gr AccuBonds gelaai om mee te jag aangesien dit vir alle praktiese doeleindes op dieselfde plek as die Ballis- »

» tic Tips groepeer. Die geweer is toe ingestel om so 3” (7.5cm) hoog op 100m te skiet, wat dit op 200m die kol laat tref.

JAGVELD TOE!

My 6.5x55 se eerste jagtog het uiteindeli­k aangebreek toe ek en ’n skoolvrien­d mekaar naby Beaufort-Wes ontmoet het vir ons jaarlikse jagtog. Die eerste oggend het ek en die gids langs ’n ruigbegroe­ide rivierloop gestap. Op ’n stadium het hy aangedui dat ons ’n bietjie moet stilstaan en luister. Minder as ’n minuut later het ’n jong koedoebul uit die bosse gebreek en skuins weg van ons af gehardloop. Die skietstokk­e het gelukkig klaar gestaan en toe die bul op ongeveer 150m vassteek, het ek die skoot skuins van agter geneem.

Die koeël het duidelik geklap en as gevolg van die relatiewe min terugskop van die Howa, kon ek deur die teleskoop sien hoe die koedoe in die lug spring terwyl sy wit stert opwip. My oorlede skoonpa het altyd gesê dat as ’n koedoe se stert opwip as jy na hom skiet, dan kan jy weet dis raak. Die bul het ’n draai gehardloop en net toe dit uit my sig verdwyn in ’n laagtetjie, het ons ’n rooi stofwolk sien opslaan waar hy dood neergeval het. Ons het vinnig in daardie rigting gestap en ek het weer- eens ervaar hoe lekker dit voel wanneer ’n mens die bok waarna jy geskiet het, sien lê!

As gevolg van die hoek waarteen die bul gestaan het, is die koeël net voor die linkerboud in. Dit het deur ’n gedeelte van die pens en die lewer gepenetree­r voordat dit in die longe gestop het. Die Howa en die Nosler-koeël het perfek presteer en hulle vuurdoop met vlieën- »

» de vaandels geslaag. Ek is dankbaar dat die eerste skoot in die jagveld met my nuwe 6.5x55 in die kol was.

Die volgende dag het ons rooibokke gejag en ’n groot trop teen die hange van ’n berg opgemerk. Ons het met ’n lang bekruiptog begin en soos ons hulle genader het, het die hang al skuinser geraak. Al het my stadslyf nie lekker geweet wat aangaan met al hierdie skielike oefening nie, het dit my opgeval hoe gemaklik die Howa-geweer op my skouer is – dit was nooit oormatig swaar of ongemaklik om te dra nie.

Voordat ons die finale stukkie berg sou klim om weer die bokke in sig te kry, het ons eers ’n rukkie vertoef om te rus. Toe ons oor die laaste kliprif loer na waar ons die bokke verwag het, sien ons dat hulle reeds in ons rigting staan en kyk. Daar was ’n groot ram onder die klomp, sowel as ’n paar knypkoppe en ooie. Ons het afgesak agter die kliprif in, in die hoop dat die bokke rustig sou raak. Die wind was egter sterk en het dwarrelend gewaai, met die gevolg dat die bokke ons geruik het, want die volgende oomblik het hulle geblaas en weggehardl­oop!

Ons het koers gekies na links, parallel met die bokke, teen die berghang en in die rigting waarin hulle verdwyn het. Na baie inspanning en ver klim, het ons weer ’n soortgelyk­e kliprif be- reik en toe ons bo-oor loer, kon ons die trop so 120m voor ons sien staan. Die rooibokke was weereens bewus van ons, maar terwyl ons hulle dopgehou het, het sommiges begin wei. Ek het so laag as moontlik oor die rif geloer en gevind dat ek nie kon skiet nie, want daar was bossies en gras in my pad. Ek wou ook nie hoër skuif nie, uit vrees dat die bokke weer sou hardloop. Hoewel ek fyn gekyk het vir die groot ram, kon ek hom nie opspoor nie. Aan die linkerkant van die trop was daar egter ’n jong ram wat mooi oop gestaan het. In daardie rigting was die bossies en gras ook laer. Ek kon so half staan/sit teen die rif en dooierus met my vuis op ’n klip neem. Die bok het skuins gestaan en na my gekyk. Toe die kruishaar effens laag op sy skouerknop tot stilstand kom, het ek die sneller gedruk. Met die klap van die skoot het die ram op die plek neergeslaa­n asof hy deur weerlig getref is. Die koeël het die linkerskou­erbeen gebreek, deur die longe gepenetree­r en is agter die regterblad uit.

Hoewel ek nog net enkele bokke met die 6.5x55 geskiet het, is ek beïndruk met dié kaliber se werkverrig­ting. Ek voorsien dat ons nog baie tyd saam in die jagveld gaan spandeer. My droom het uiteindeli­k waar geword en nou sien ek daarna uit om met die Howa in die regte Bosveld te gaan jag.

 ??  ??
 ??  ?? BO: Die jong koedoebul was die eerste bok wat ek met my nuwe 6.5mm geskiet het. REGS: Die 140gr AccuBond nadat dit uit die koedoe gehaal is. Dit het 67% gewig behou. ONDER: Die tipiese terrein waar ons die rooibokke gejag het.
BO: Die jong koedoebul was die eerste bok wat ek met my nuwe 6.5mm geskiet het. REGS: Die 140gr AccuBond nadat dit uit die koedoe gehaal is. Dit het 67% gewig behou. ONDER: Die tipiese terrein waar ons die rooibokke gejag het.
 ??  ?? BO: Die finale produk gereed vir die jagveld. INSETSEL: Groot was my vreugde die dag toe ek my Howa se lisensie gekry het en ek die geweer kon gaan haal.
BO: Die finale produk gereed vir die jagveld. INSETSEL: Groot was my vreugde die dag toe ek my Howa se lisensie gekry het en ek die geweer kon gaan haal.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die jong rooibokram wat ek in sterk wind met my nuwe 6.5mm geskiet het. ONDER: Ons vat ‘n ruskansie voordat ons begin met die finale bekruip na die rooibokke toe.
BO: Die jong rooibokram wat ek in sterk wind met my nuwe 6.5mm geskiet het. ONDER: Ons vat ‘n ruskansie voordat ons begin met die finale bekruip na die rooibokke toe.
 ??  ?? Nog 'n foto van die jagterrein.
Nog 'n foto van die jagterrein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa