SA Jagter Hunter

DOW-MESSE – LIG OP DIE BEURSIE, FLUKS BY DIE WERK

-

Jag en die buitelewe is sinoniem met messe. ’n Mens kan jou amper nie indink hoe enige jagter of kampeerder sonder ’n mes of twee kan klaarkom nie. Weens die aard van buitelugak­tiwiteite is dit logies dat messe soms hard moet werk en soms beskadig of verloor sal word. Daarom is baie mense nie gretig om hul duur pasmaakmes­se of messe waaraan hulle groot sentimente­le waarde heg op elke jag- of kampeerses­sie saam te karwei nie.

Nog ’n faktor om in aanmerking te neem is dat plaaswerke­rs dikwels jagters se messe wil leen tydens die slagtery en sommige van dié manne het nie ontsag vir ’n duur pasmaakmes nie – hulle trek sommer maklik die lem oor ’n growwe klip of slypsteen om hom te probeer slyp. Baie jagters is dus dikwels op die uitkyk na meer bekostigba­re messe aan die begin van elke jagseisoen. Messe waarvoor hulle nie jammer hoef te wees nie. Die antwoord lê in DOW-messe wat plaaslik deur Knives for Africa versprei word.

Hierdie maatskappy is in Kaapstad gebaseer en hulle bekostigba­re messe word deur handelaars regoor Suid-Afrika aangebied. Jy kan ook aanlyn direk by Knives for Africa koop. DOW-messe word van 420-vlekvrye staal gemaak en is beskikbaar met verskillen­de tipes hefmateria­le. Beide knipmesse en vastelem-jagmesse word aangebied. Diegene wat van Joseph Rodgers-messe hou sal ook ver- heug wees om te hoor dat Knives for Africa ook sommige van hierdie messe aanbied.

SA JAGTER/HUNTER het drie messe ontvang om te toets, ’n vastelem-jagmes, die Caribou met ’n hef van burl wood, ’n groot knipmes, die Bontebok met ’n hef van pakkahout en ’n kleiner knipmes, die PH Junior met sintetiese hefmateria­al. Beide knipmesse het die sogenaamde liner locker- sluitmegan­ismes vir hul lemme.

Ons het hierdie messe in die jagveld gebruik, hoofsaakli­k om diere se pense uit te haal en hulle ook aan slagters gegee om diere af te slag. Verder is die messe as algemene kampmesse gebruik vir die skil en opsny van groente, vir vleis en brood sny, biltong kerf, en so meer.

DOW-messe is beslis nie in dieselfde klas as pasmaakmes­se nie, maar dis uitstekend­e waarde vir geld en het al die take waarmee ons hulle opgesaal het met vlieënde vaandels geslaag. Die Caribou was die duurste toetsmes teen R750, die Bontebok verkoop teen ongeveer R450 en die PH Junior kos R350.

Iets wat dadelik opgeval het, is dat die 420-vlekvrye staal redelik sag is en baie maklik slyp – veral die slagters sal dit waardeer wanneer hulle redelik besig raak. ’n Lem van sagte staal behou natuurlik nie sy snykant so lank soos een van harde staal nie, maar die algemene take waarmee jy ’n mes opsaal tydens ’n jag, vereis nou ook nie dat die lem tot in ewigheid skerp moet bly nie. Jagters en kampeerder­s wat dalk nie so gekonfyt is in die kuns van messlyp nie, sal dus die sagter 420staal verkies.

Diegene wat ’n bekostigba­re mes soek waarvoor hulle nie jammer is nie, kan dus gerus die DOW-produkte oorweeg. * Kontak Knives for Africa by 021-706-6064 of stuur ’n e-pos aan info@knivesfora­frica.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa