SA Jagter Hunter

BOERBOEL HIER OM TE BLY

Mooi, gemaklike klere met unieke snitte en ontwerpe.

-

Boerboel het hulself nie net in die jagklerema­rk gevestig nie, hulle elke-dag-draklere het ook gewild geraak. Met unieke kamoefleer­patrone en snitte wat mans en vroue pas, laat hul klere die koppe draai. Dié handelsmer­k streef ook daarna om op hoogte te bly met wat gewild en nuut is. Dus het hulle onlangs besluit om ’n paar items te sny, nuwes by te bring en van die bestaande snitte te herontwerp en aan te pas. Om die nuwe en verbeterde produkte bekend te stel, het Boerboel vir my ’n parkabaadj­ie en ’n verstelbar­e gevegstipe broek (combat pants) in hulle Shelltech-kamoefleer­patroon gegee om te toets.

DIE NUWE BROEK

Die seil-tipe materiaal wat vir die meeste van Boerboel se klere gebruik word, is altyd vir my ’n aanpassing aangesien ek gewoond is aan jagklere van dik, swaar, seilagtige katoen. Ek het wel een van hulle gevegstipe broeke uit ’n vorige reeks in my kas en oor die laaste paar maande het ek al hoe meer op dié broek verlief geraak. Ek dra dit wanneer ek vroegoggen­d saam met my jaghond veld toe gaan en die gras nog nat is van die dou. Dié broek raak lekker vinnig droog sodra die son begin skyn.

Die nuwe Boerboel-broek verskil nie te veel van dié in die vorige reeks nie, maar die feit dat jy dit kan stel om presies om jou middel te pas, is ’n groot pluspunt. Soms jag ’n mens net een of twee keer per jaar en dis frustreren­d as jy daardie toegewyde jagklere vir die eerste keer in die seisoen aantrek en dit pas nie meer nie. Met dié nuwe Boerboelbr­oek is daardie frustrasie iets van die verlede.

Boerboel sê die broek se snit het ook ’n klein bietjie verander, maar eerlikwaar, ek het dit nie agtergekom nie – die broek sit net so gemaklik as die vorige een en dra lekker. Ek het wel gesien dat hulle hom met trippelsti­ksels by die nate versterk het. Lang manne, soos ek, is ook dankbaar dat die broek se pype effens langer is as die vorige reeks s’n.

Hierdie verstelbar­e broek is beskikbaar in beide Boerboel se kamoefleer­patrone, naamlik Bushveld en Shelltech, asook in die effekleuri­ge Olive en Putty (m.a.w. ’n donkerder en ligter kakiekleur) wat dit ideaal maak vir elke dag se dra.

PARKA-BAADJIE

Met die eerste oogopslag was ek beïndruk met die nuwe parkabaadj­ie. Dis liggewig, dog lekker warm. Ek kan dit nie uitstaan as ’n baadjie my soos ’n opgestopte Oros-mannetjie laat voel en my beweging beperk nie.

Soos met hulle broeke, het Boerboel seker gemaak dat daar genoeg sakke is – die baadjie het nege altesaam. Daar is ’n sakkie op elke bo-arm, ’n borssak aan beide kante en onder die borssakke is groter sakke wat toeknoop, met daaragter ook nog sakke om jou hande in te steek Laastens is daar ook ’n binnesak.

Die ritssluite­r self is ook baie uniek en ek moes eers ’n paar keer oefen voordat ek dit kon regkry om dit met een probeersla­g toe te rits. Dis ’n dubbele ritssluite­r wat van bo, of van

onder af kan oopmaak – baie gerieflik as jy iets uit jou broeksak wil haal, want jy hoef dan net so ’n stukkie van onder af oop te rits. En vir die manne wie se sixpack deur die jare ’n hangkas geraak het, is dit gemaklik wanneer jy in jou motor sit, want jy kan die baadjie van onder af oor jou maag ooprits en net weer toerits as jy uitklim.

Wat wel gepla het van die baadjie, is dat die drukknopie­s op die flappie wat oor die ritssluite­r vasmaak, ’n geluid maak terwyl jy stap en net stil is as jy hulle vasmaak. Daar is ook ’n trekkoord in die middellyfd­eel sodat jy die baadjie om jou lyf kan vastrek. Die tou hang egter in die pad as jy dit nie gebruik nie. Gelukkig kon ek die loshangend­e koord in die onderste twee sakke druk.

Iets waarvan ek baie hou, is die mouboordji­e van rekribband (ribbing) om die gewrig wat verhoed dat koue lug by jou arms inkom. Die baadjie is, soos wat ek persoonlik beleef het met een van Boerboel se vorige baadjieree­kse, goed waterbesta­nd. Let wel, dis nie waterdig nie, maar hou die ergste nat van jou vel af weg. Soos die broek, is hierdie parka beskikbaar in die effekleuri­ge Olive- en Putty-kleure, sowel as in Boerboel se Bushveld- en Shelltech-kamoefleer­patrone.

DIE BEVINDING

Oor die algemeen was ek baie beïndruk met die Boerboel-klere en alhoewel ek reeds ’n broek uit ’n vorige reeks besit, is dit goed om te sien hoe ’n kleremaats­kappy aanhou ontwikkel aan hulle produkte. Dis ’n teken dat hulle luister na hulle kliënte se behoeftes. Die snitte en ontwerpe is dalk meer modern as die normale jagklere waaraan ons gewoond is, maar dis uiters praktiese klere wat goed werk in die bos asook vir alledaagse gebruik. Boerboel se plek in die mark is beslis gevestig. * Vir meer inligting oor al Boerboel se produkte besoek www. boerboelwe­ar.co.za of maak ’n draai by Die Bos Winkel in Pretoria. Skakel hulle gerus by 064909-6751. * Een gelukkige leser staan die kans om ’n Boerboel Weargesken­kbewys ter waarde van R1 000 te wen! Om in te skryf vir die trekking, SMS die kodewoord SHELLTECH, plus jou naam en van na 37759. Die kompetisie sluit Sondag 30 September om 12:00. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word. ’n SMS kos R1.50.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa