SA Jagter Hunter

SWAROVSKI DS 5-25X52 – ’N DAMN SLIM SCOPE

“Vandag se uitdagings kan slegs met môre se tegnologie gnologie aangepak angep pak word.” word ”

- KOOS BARNARD

Dis Swarovski se slag sl slagspreuk vir hul nuwe dS-teleskoop wat in 2017 vrygestel is. Die dS staan in werklikhei­d vir digital scope en glo my, hierdie sogenaamde digitale teleskoop is vol slimmighed­e gepak. ’n Mens kan die Swarovski dS eintlik in ’n paar woorde opsom: Dis ’n teleskoop met ’n ingeboude laser-afstandmet­er wat, nadat jy die afstand na jou teiken gemeet het, presies vir jou aandui hoeveel om af te mik om daardie teiken te tref. ’n Verligte kolletjie wat op die kruishaar se onderste vertikale been verskyn, dui in elke geval die mikpunt aan wat gebruik moet word. Soos met die meeste laserafsta­ndmeters kan jy kies of dit in meters of jaarts moet funksionee­r.

Whylo, onder leiding van Andrew Whysall, die eienaar van dié maatskappy, het onlangs ’n inligtings­essie aangebied op die Krokodilsp­ruit-skietbaan buite Pretoria oor die werking van die Swarovski dS. Whylo is die amptelike verspreide­r van Swarovski-produkte in Suid-Afrika. Ook teenwoordi­g was Christian Winter, die produksieb­estuur- der van die dS-projek, om te help met voorligtin­g en praktiese raad. Na ’n lesing oor die dS kon ons ook met ’n paar

gewere skiet waarop dS 5-25x52teles­kope gemonteer was. Die L&O-groep van Pretoria het die gewere en Norma Oryx-ammunisie voorsien.

ALGEMENE INLIGTING

Maar voor ons uitkom by die werking van hierdie teleskoop, eers ’n bietjie algemene inligting oor die dS. Die vergroting is 5-25x en die voorste lens is 52mm in deursnee. Hierdie fris teleskoop wat net so ’n knapsie oor die 1kg weeg, het ’n 40mmbuis en is sowat 40cm lank. Vir ’n teleskoop met al die funksies wat die dS bevat, is die afmetings eintlik baie slank.

Wat dadelik opval is dat die dS se stelknoppe nie heeltemal soos jou deursneete­leskoop s’n lyk nie. Daar is ’n stelknop vir parallaks op die gebruiklik­e plek aan die linkerkant van die buis. Dan is daar ’n enkele komparteme­nt (wat soos ’n stelknop lyk) waar die stelknop vir hoogte normaalweg sou wees. Aan die regterkant waar die stelknop vir rigting normaalweg sou wees, is daar niks. Die waarheid is dat die dS se stelknoppe glad nie op die normale plekke is nie. Die komparteme­nt bo-op die buis huisves die CR 123-battery wat die teleskoop aandryf asook die stukkies gereedskap wat gebruik moet word om die teleskoop se rigting en hoogtevers­telling te bewerkstel­lig.

Omdat die dS se buis so volgepak is met die elektronik­a van die afstandmet­er en die slim kruishaar, is die stelknoppe verskuif na die objektief (die voorste vet gedeelte waar die objektiefl­ense gesetel is – sien foto). Die stelknoppe staan egter nie uit nie, maar is versink in die objektief en voorsien van dekseltjie­s wat eers met behulp van ’n Allen-tipe sleuteltji­e losgeskroe­f moet word. Dan word ’n spesiale plastiekkn­opie met getande onderkant gepas op die stelknop (wat ook tandjies het) om die stelknop te kan draai. Soos by die meeste teleskope, verteenwoo­rdig een klikkie ’n skuif in impak van sowat 7mm op 100m.

Nou goed, hoe kry jy dié slim teleskoop aan die gang om sy ding te doen? Dit werk deur middel van die Bluetooth-verbinding soos wat op slimfone en tablette beskikbaar is. Stap een is om Swarovski se dS Configurat­or-toepassing op jou foon of tablet af te laai. Dan word die foon/tablet deur middel van Bluetooth met die dS verbind, waarna die teleskoop gepro- grammeer kan word met die ballisties­e data van jou ammunisie. Weerskante van die knoppie wat die laserafsta­ndmeter aktiveer, is twee knoppies, gemerk (+) en (-). Hulle word gelyktydig ingedruk vir ’n paar sekondes totdat daar ’n liggie bo-op die oogstuk flits wat aandui dat die teleskoop en die foon met mekaar “gesels”. Deur dan slegs die dS Configurat­or-toepassing oop te maak en al die stappe te volg, word die relevante data ingevoer en oorgedra na die teleskoop toe. Met die inligting op die teleskoop gestoor, kan die foon by die huis gelos word. Die gestoorde inligting word nou gebruik om, nadat jy die afstand met die teleskoop gemeet het, die mikpunt op die kruishaar aan te dui.

Kortweg kom dit daarop neer dat jy die koeëlsnelh­eid van die ammunisie wat jy gebruik baie akkuraat moet insleutel, asook natuurlik die koeëlgewig en die ballisties­e koëffisiën­t (BC). Die teleskoop neem dan die afstand, temperatuu­r, lugdruk, helling en selfs die vergroting van die teleskoop in ag om die ballisties­e trajek van jou ammunisie uit te werk. Daarna verskyn daar ’n verligte kolletjie op die vertikale been van die kruishaar wat as mikpunt gebruik kan word. Dit alles gebeur in ’n oogwink nadat jy die afstand gemeet het (minder as ’n sekonde). Die teleskoop kan hierdie trajek uitwerk tot op 1 000m – dit is dus nie eintlik bedoel vir langafstan­dskuts wat verder as daardie afstand wil skiet nie.

STEL HOM SÓ IN

Vir die teleskoop om die trajek uit te werk moet dit natuurlik eers ingestel word en Swarovski stel 100m voor. Dis wat ons gedoen het. Ek het met Christian se hulp die dS op 100m ingestel om in die kol te skiet nadat hy die nodige inligting met behulp van sy foon aan die teleskoop oorgedra het. Die geweer was ’n .308 Sauer en die Norma Oryx-ammunisie was met »

» 165gr-koeëls gelaai. Met die teleskoop só ingestel kan die kruishaar nou normaalweg gebruik word en moet jy maar self raai hoeveel om af te mik op langer afstande, of jy kan die dS gebruik waarvoor dit bedoel is. Swarovski se baie konserwati­ewe berekening is dat jy ten minste 500 keer die afstand sal kan meet voordat die battery vervang moet word.

Die Krokodilsp­ruit-skietbaan het ghongs op 385m en 490m. Ek het eers die naaste ghong gemeet en ’n oomblik nadat die afstand as 385m in die sigveld verskyn het, het die oranje kolletjie op die kruishaar verskyn. Daar het ’n dwarswind van regs af gewaai en ek het regs, af van die ronde staalghong af gehou, maar presies in sy middel wat hoogte betref. Oomblikke nadat ek die sneller gedruk het, het die ghong geklap.

Met die ghong op 490m moes ek verder na regs afhou, maar ook dié ene was doodmaklik om te tref deur net die verligte kolletjie hoogtegewy­s in die middel van die ghong te plaas. Die ander joernalist­e en handelaars het presies dieselfde ondervindi­ng gehad. Onthou net dat die regte inligting ingevoer moet word, waarvan die koeëlsnelh­eid asook die gewig en BC van die koeël uiters belangrik is.

ANDER FUNKSIES

Die teleskoop het nóg ’n paar oulike funksies. Jy kan kies hoe dik die kruishaar en hoe groot die kolletjie moet wees (dit word met die toepassing ingevoer) en jy kan ook besluit hoe lank die mikpunt verlig moet bly – 40, 60 of 80 sekondes. Verder kan jy verligte afmikmerki­es vir wind op die kruishaar laat verskyn (vir 3m/s en 6m/s of 5m/s en 10m/s). Die verligte kolletjie skuif egter nie op hierdie horisontal­e been nie, dit bly op die vertikale been (die windmerkie­s dien slegs as indikators, jy moet self kante toe afmik).

Nog ’n interessan­theid is dat jy die slaankrag of hoeveelhei­d energie wat die koeël oor het op die trefafstan­d ook in die teleskoop se sigveld kan laat verskyn. In veral Europa is daar aanbevelin­gs van hoeveel energie nodig is op elke afstand om wildsoorte van sekere groottes effektief te dood. Dui die teleskoop vir die skut aan dat sy koeël se “oemf” so ’n bietjie aan die min kant is vir ’n spesifieke boksoort op ’n sekere afstand, kan hy dus kies om liefs nie die skoot te neem nie.

Hierdie teleskoop is ’n wonderlike stukkie tegnologie wat veral byval sal vind onder dié wat dit kan bekostig en mense wat nie heeltemal so op hoogte van hul ammunisie se koeëltraje­k is nie. Dis seker een van die heel maklikste maniere ooit om die regte afmikpunt te kry: Jy mik na die bok, druk die knoppie vir afstand en binne ’n sekonde of wat dui die teleskoop die mikpunt aan.

Enige punte van kritiek? Behalwe vir die prys natuurlik, ’n allemintig­e R69 000, is ek nie so mal oor die stukkies gereedskap wat gebruik moet word om die teleskoop mee in te stel nie – dis klein, werk effens moeilik en is maklik om te verloor. Maar, as jy eers die teleskoop eenmaal ingestel het en jy by dieselfde ammunisie bly, hoef jy dit seker nie so gereeld in te stel nie. Reis jy egter baie rond en jag jy op verskillen­de plekke, is dit wel soms nodig om klein verstellin­gs te maak en dan kan die stelmetode van die dS effens frustreren­d wees.

Met al die elektronik­a in die dS ingepak, verloor jy ook so ’n klein bietjie helderheid, maar dis so min dat dit eintlik net met instrument­e gemeet kan word.

Die enigste werklike probleem tot dusver met die Swarovski dS was beskikbaar­heid. Swarovski het nie voorsien dat die vraag na die dS so groot sou wees nie en was tot onlangs meer as ’n jaar agter met bestelling­s. Die probleem is egter aangespree­k en behoort binne die volgende maand of twee opgelos te word.

Hierdie slim teleskoop is ’n wonderlike hulpmiddel vir skuts en kom met ’n baie sterk aanbevelin­g van SA JAGTER/HUNTER se kant af vir diegene wat bereid is om die sak te skud. * Indien jou gunsteling-handelaar nie ’n dS in voorraad het nie, vra hom om Whylo in Durban te kontak by 031-584-8088.

 ??  ??
 ??  ?? BO: Andrew Whysall van Whylo, die plaaslike verspreide­r van Swarovski-produkte, spreek gaste toe tydens die Swarovski-skietdag op die Krokodilsp­ruit-skietbaan. Die Swarovski dS is ‘n teleskoop/ afstandmet­er wat outomaties die regte mikpunt vir die skut aandui nadat die afstand na die bok gemeet is.
BO: Andrew Whysall van Whylo, die plaaslike verspreide­r van Swarovski-produkte, spreek gaste toe tydens die Swarovski-skietdag op die Krokodilsp­ruit-skietbaan. Die Swarovski dS is ‘n teleskoop/ afstandmet­er wat outomaties die regte mikpunt vir die skut aandui nadat die afstand na die bok gemeet is.
 ??  ??
 ??  ?? Die foto links toon die dS op die Sauer-geweer wat ons gebruik het. Op die onderste foto kan die “stelknoppe” se dekseltjie­s op die objektief gesien word.
Die foto links toon die dS op die Sauer-geweer wat ons gebruik het. Op die onderste foto kan die “stelknoppe” se dekseltjie­s op die objektief gesien word.
 ??  ??
 ??  ?? Verskeie joernalist­e en handelaars het ‘n kans gekry om die Swarovski dS tot op afstande van 490m te toets.
Verskeie joernalist­e en handelaars het ‘n kans gekry om die Swarovski dS tot op afstande van 490m te toets.
 ??  ?? Wat normaalweg die stelknop vir hoogte sou wees, is die batterykom­partement waarin ook die gereedskap gestoor word om die hoogte- en rigtingver­stellings mee te maak.
Wat normaalweg die stelknop vir hoogte sou wees, is die batterykom­partement waarin ook die gereedskap gestoor word om die hoogte- en rigtingver­stellings mee te maak.
 ??  ?? So lyk die versinkte stelknop en die onderkant van die plastiekkn­opie wat oor die stelknop pas. Hiermee word die nodige verstellin­gs gedoen om die dS-teleskoop in te stel.
So lyk die versinkte stelknop en die onderkant van die plastiekkn­opie wat oor die stelknop pas. Hiermee word die nodige verstellin­gs gedoen om die dS-teleskoop in te stel.
 ??  ?? Hierdie foto toon die twee dekseltjie­s (1 en 4) wat die stelknoppe bedek asook die Allen-tipe sleutel (2) en die plastiekkn­opie met getande onderkant (3) waarmee die verstellin­gs gedoen word.
Hierdie foto toon die twee dekseltjie­s (1 en 4) wat die stelknoppe bedek asook die Allen-tipe sleutel (2) en die plastiekkn­opie met getande onderkant (3) waarmee die verstellin­gs gedoen word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa