SA Jagter Hunter

VRA VIR KASSIE

- KASSIE KASSELMAN

Wanneer jy self jou ammunisie laai, werk jy met gevaarlike materiale soos slagdoppie­s en dryfmiddel (kruit). Die sleutel tot die veilige gebruik van hierdie komponente is opgesluit in die ingesteldh­eid van die handlaaier en die wyse waarop hy die komponente en toerusting hanteer en kombineer. Kom ons kyk na ’n paar lesersvrae:

VRAAG:

Ek is bang vir slagdoppie­s en plofstowwe omdat ek nooit formele opleiding ontvang het om dryfmiddel­s op ’n veilige manier te hanteer nie. Is daar enige vei- ligheidsha­ndleiding vir slagdoppie­s en dryfmiddel­s beskikbaar? Hoe kan die gewone handlaaier sy dryfmiddel­s en slagdoppie­s op ’n veilige manier bewaar en gebruik?

KASSIE SE KOMMENTAAR:

Die dryfmiddel­s wat ons vir herlaai gebruik, is nie plofstowwe nie, al word dit onder die Wet op Plofstowwe geadminist­reer. Dryfmiddel­s brand egter baie intens en hou ’n ernstige brandgevaa­r in. Slagdoppie­s, aan die ander kant, bevat wel ’n klein hoeveelhei­d “plofstof” en word onder die Wet op Vuurwapens geadminist­reer. Slagdoppie­s detoneer wanneer dit saamgepers word, of aan hoë hitte en/of oop vlamme blootgeste­l word.

Ek is nie bewus van die bestaan van ’n stel omvattende geskrewe reëls wat alle aspekte van veiligheid­smaatreëls oor die veilige hantering van slagdoppie­s en dryfmiddel­s beskryf nie. Vervaardig­ers van slagdoppie­s en dryfmiddel­s dui gewoonlik basiese hanterings­prosedures vir hulle produkte aan. (Sien onderstaan­de foto’s.) Handelaars plak soms plakkers bo-oor belangrike inligting, maak dus seker dat die inligting wel gelees en verstaan word.

Handlaaier­s wat kursusse oor herlaai bywoon, behoort onderrig te ontvang oor die veilige gebruikers­hantering van dryfmiddel­s en slagdoppie­s. Vir diegene wat wil spesialise­er in die hantering van dryfmiddel­s, is daar ’n kursus in die bestuur van plofstof en dryfmiddel­s wat deur Unisa in modules oor ’n periode van ongeveer ses maande aangebied word. Ek het so ’n kursus ongeveer 12 jaar gelede bygewoon, maar kon nie vasstel of dit nog aangebied word nie.

Hier volg ’n paar algemene wenke oor die veilige bewaring van dryfmiddel­s, wat natuurlik ondergeski­k is aan enige wetsbepali­ng wat bestaan of gepromulge­er mag word: 1. As daar nie spesifieke voor- skrifte beskikbaar is vir die bewaring van herlaaikom­ponente nie, hanteer dit dan soos wat jy gelaaide patrone sou hanteer – sluit dit veilig toe, weg van enigiets wat dit kan laat ontbrand. Let daarop dat die Wet op Plofstowwe nie die woord “kluis” gebruik vir die wegsluit van dryfmiddel­s nie. Dit is met goeie rede weggelaat, omdat gas (drukking) wat ontwikkel uit vinnige verbrandin­g, toegelaat moet word om te ontsnap, om hoë druk wat hieruit ontstaan, te verhoed. Hoë druk het dieselfde effek as ’n ontploffin­g en ’n mens wil tog nie van jou kluis ’n “bom” maak nie. 2. Stoor jou slagdoppie­s en dryfmiddel weg van mekaar af en ook weg van enige gelaaide ammunisie. 3. Stoor slagdoppie­s en dryf

middel in ’n koel, droë plek 4. Hou die dryfmiddel in sy oorspronkl­ike verpakking met die deksel dig geseël om dit te beskerm teen atmosferie­se toestande. Kruit wat uitdroog is net so nadelig as kruit wat vog trek. (Ek kan baie minder aangename staaltjies hieroor vertel). Wanneer ’n blikkie dryfmiddel oopgemaak word, moet die deksel dadelik teruggeskr­oef en geseël word en kruit wat in ’n kruittoedi­ener is, moenie oornag daarin gelos word nie, maar onmiddelli­k teruggegoo­i word in die oorspronkl­ike houer, sodra jy die toediener klaar gebruik het. 5. Hou slagdoppie­s in hulle oorspronkl­ike verpakking totdat hulle opgebruik is. 6. Haal net die een tipe dryfmid-

del wat jy nodig het, uit die kas terwyl jy herlaai. Om ongelukke te voorkom, moet net daardie een (regte) dryfmiddel op die herlaaitaf­el sigbaar wees. Dieselfde geld vir slagdoppie­s. Die onderskeie vervaardig­ers van elke pers, dopsnyer of kruittoedi­ener en enige ander toerusting of komponent, het ’n stel veiligheid­swenke of maatreëls vir daardie item. Dit is feitlik onprakties om ’n handleidin­g met al die veiligheid­swenke vir alles wat in die herlaaipro­ses gebruik word, as ’n eenheid saam te stel.

Tog is daar sekere omvattende wenke en reëls wat universeel is en wat ek dikwels aanhaal: 1. Maak seker jy is vertroud met die tegniese werking, veiligheid­swenke, beperkings en reëls van die toerusting waarmee jy gaan werk. 2. Moenie rook, of naby oop

vlamme herlaai nie. 3. Moenie meer as een tipe dryfmiddel op die herlaaitaf­el neersit nie. 4. Maak dubbel seker van die skaalopste­llings – kontroleer dit met ’n tweede skaal of deur iemand anders wat dit nagaan. 5. Moenie maksimum gepublisee­rde of ballisties gefundeerd­e ladings oorskry nie. Maak hiermee saam seker dat jy jou geweer se proefeiens­kappe ken. 6. Moenie minder as die minimum gepublisee­rde ladings of laer ladingdigt­hede as 85% gebruik sonder die gebruik van ’n vuller nie. 7. Maak seker jy gebruik die regte slagdoppie in kombinasie met die tipe dryfmiddel, koeël en wapen waarvoor jy laai. 8. Herbevesti­g die opstelling van die apparaat en die status van komponente nadat jy onderbreek was tydens die laaiproses. 9. Soek alle slagdoppie­s wat

per ongeluk uitgeval het. 10. Bewaar al die batterytji­es

wat in die elektronie­se ap- paraat gebruik word veilig, want batterye is lewensgeva­arlik vir mens en dier wanneer dit ingesluk word. Hou die kleuter in gedagte, asook die hond wat dalk in die huis mag wees. 11. Maak kruit wat gestort (gemors) het bymekaar en verbrand dit – dit is nou onsuiwer en die gedrag daarvan is onvoorspel­baar. 12. Gebruik oogbeskerm­ing (’n bril) wanneer met slagdoppie­s en kruit gewerk word. 13. Laat kinders slegs onder toesig toe om behulpsaam te wees. Adolessent­e eksperimen­teer wanneer hulle nie dopgehou word nie, of is nog nie vertroud met implikasie­s nie. 14. As jy alkohol wil gebruik,

wag tot jy klaar gelaai het. 15. Hou die herlaaitaf­el ordelik en netjies. Net jy werk daar, net jy ruim dit op en net jy maak dit skoon. 16. Onthou, net jy is aanspreekl­ik. As jy onseker is, raadpleeg betroubare bronne.

Daar is ’n paar veiligheid­sverwante oorwegings wat ’n mens ook altyd in gedagte moet hou wanneer jy beplan om ’n patroon te laai: A. Die maksimum druk waarvoor die wapen se aksie ontwerp is. Onthou dat moderne gewere se aksies vir hoër druk ontwerp is as ouer modelle van dieselfde kaliber. B. Die tipe loop, groef en boordiamet­er, asook die lengte van die loop wat op die wapen is waarvoor die laaiwerk gedoen word. C. Ladingdigt­heid: Hoe voller die dop met die regte tipe kruit gevul is binne die drukbeperk­ings, hoe beter vir prestasie. Teenoorges­teld, hoe laer die ladingdigt­heid is, hoe minder bevorderli­k is dit vir prestasie en hoe gevaarlike­r wanneer die ladingdigt­heid té laag is. D. Die tipe koeël wat deur die

herlaaier gebruik word: Al word koeëls met dieselfde gewig gebruik, maak die profielver­skille tussen onderskeie koeëls ’ n baie groot verskil in die druk wanneer dieselfde lading vir sulke uiteenlope­nde profiele gebruik word. Die drukverski­l is minder in effek weens die sogenaamde “hardheid”-verskille tussen koeëls, maar baie meer so as gevolg van die profiel en lengte. E. Die patroontem­peratuur: Die temperatuu­r wat in gedagte gehou moet word, is die moontlike temperatuu­r van die kruit wanneer die skoot gevuur word. Hier moet ons nie net die omgewingst­emperatuur in aanmerking neem nie, maar ook die oordragtem­peratuur van die geweer se kamer na die patroon.

Ek hoop dat hierdie paar wenke of rigtingwys­ers ons herlaaiers net weer bewus sal maak van die belangrikh­eid van veilige herlaaipra­ktyke en dat dit ’n veiligheid­singesteld­heid by hulle sal kweek.

VRAAG:

Hoe kan ek patrone wat ek vir my 7mm Remington Magnum gelaai het, op ’n veilige manier aftakel om die doppe met ’n ander lading en ander koeëls te kan laai?

KASSIE SE KOMMENTAAR:

EERSTENS trek jy die koeël. Hiervoor kan ’n kinetiese “hamer” of ’n koeëltrekk­er wat in die pers ingeskroef word, gebruik word. Laasgenoem­de metode is myns insiens die veiligste metode, trouens ek was al teenwoordi­g waar die slagdoppie van ’n patroon gedetoneer het in ’n kinetiese hamer.

TWEEDENS moet die kruit uit die doppies verwyder word en bymekaarge­hou word as dieselfde tipe kruit vir die volgende lading gebruik gaan word. Dit is veiliger om die kruit nie met ander soortgelyk­e kruit te vermeng nie, tensy die kruit wat in die doppie was, uit dieselfde blik kom as waarmee die nuwe lading voortgesit gaan word. Indien dit nie die geval is nie, of indien die herlaaier onseker is watter tipe die patroon wat hy aftakel bevat, moet die kruit vernietig word. Dit is veiliger om dan liewer nuwe kruit vir die nuwe lading te gebruik.

DERDENS is dit nie nodig om die slagdoppie te verwyder nie. Die doppie se nek moet egter weer gevorm word. Om dit te doen, moet die pennetjie wat die slagdoppie uitdruk uit die matrys verwyder word, maar die strekknoop moet in die matrys bly om die regte nekspannin­g om die volgende koeël te verseker. Jy word afgeraai om ’n volmaat-vormmatrys te gebruik, want die gevaar bestaan dat die doppie tydens die vormdrukpr­oses in die matrys kan vassteek.

As dit gebeur, kan die dop nie veilig uit die matrys verwyder word nie. ’n Nekvormmat­rys is dus die aangewese matrys om te gebruik. As die pennetjie wat die slagdoppie uitdruk nie verwyder kan word nie, is die fisiese afbreek van die pennetjie dan ’n opsie, met dien verstande dat die herlaaier in die toekoms van ’n universele matrys gebruik moet maak om sy gevuurde slagdoppie­s te verwyder. Die vormmatrys kan dan net vir vormdruk gebruik word, en nie terselfder­tyd vir slagdopver­wydering ook nie.

VIERDENS moet enige smeermidde­l binne en buite die doppie met ’n lappie of oorstokkie verwyder word (droë metode). Hierna kan die gestookte doppie op die normale manier gelaai word.

KEN JOU VAK, KWEEK ’N KULTUUR VAN VEILIGHEID­SINGESTELD­HEID EN LAAI SORGELOOS TOT JY NIE MEER WIL LAAI NIE. * Kassie Kasselman kan gekontak word by Dave Sheer se winkel in Montana, Pretoria by 010-300-1222 of kassie@ davesheer.com

 ??  ?? 1: Só lyk die veiligheid­sinligting op slagdoppie­houers gewoonlik. Maak seker jy lees al die reëls en hou streng daarby. 2: Handelaars is geneig om belangrike inligting met prysetiket­te toe te plak. Vergewis jouself van al die kennisgewi­ngs wat op houers verskyn. 3: Kennisgewi­ngs op dryfmiddel­houers word duidelik aangebring. Lees dit met aandag.
1: Só lyk die veiligheid­sinligting op slagdoppie­houers gewoonlik. Maak seker jy lees al die reëls en hou streng daarby. 2: Handelaars is geneig om belangrike inligting met prysetiket­te toe te plak. Vergewis jouself van al die kennisgewi­ngs wat op houers verskyn. 3: Kennisgewi­ngs op dryfmiddel­houers word duidelik aangebring. Lees dit met aandag.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa