SA Jagter Hunter

DOOIERUS – VER IN DIE OU KALAHARI

-

My stowwerige hart – of die stukke daarvan, altans – lê op baie plekke. Presies waar ek hom oral verloor het, kan ek nie meer onthou nie, maar as ek moet kies waar ek eerste sal loop soek, sal dit beslis die oop wêreld wees. Die woestyne en halfwoesty­ne – daardie plekke waar die grootsheid wat jou omring jou spontaan terugsnoei tot die gestalte van ’n mier. Soos Verneukpan of die vloere van die Boesmanlan­d byvoorbeel­d, waar dit voel jy’s nie heeltemal seker of jy nog op planeet Aarde is nie. Of die Namib, waar jy self ’n sandkorrel raak. Of die Karoo, met sy skurfte wat so sag oor jou kom lê. En dan natuurlik die Kalahari.

Kyk, van Kalahari lê my hart ’n hele duinstraat vol. Die rooi sand strek wyd, maar as ek binne ons landsgrens­e my vinger op ’n kaart moet druk en ’n kol in die Kalahari moet uitwys waar lekker herinnerin­ge lê, is dit Van Zyls se geweste.

Op ’n stadium het ek gereeld daar gaan draai op my rondtes as algemene wandelaar. As jy daar anderkant Hotazel die teer gelos het, was dit ’n lang wit stofpad wat vir jou voorgelê het tot jy uiteindeli­k by die dorpie langs die Kurumanriv­ier aankom. (Deesdae is nog net die laaste 25km gruis.)

Ontspan, dit is Van Zylsrus, het daar op ’n swart bord gestaan as jy die plekkie inry. En jy kon nie anders nie, want teen daardie tyd was jy al tam gery van Upington of Kuruman af. Die dorp het min of meer bestaan uit ’n hotel, ’n vulstasie waar jy op sand gestop het om brandstof in te gooi, twee negosiewin­kels, ’n klompie huise, ’n vreemde kerk wat lyk soos iets wat NASA daar staangemaa­k het, ’n blou lig, en stof in die kameeldori­ngbome.

Destyds het Wessie die hotel gehad. Dis leeuwêreld dié, het hy geskryf op die gemsbokvel­le wat as tafeldoeke op die stoep gedien het, en hy was reg. Die watergat in die gangetjie af was nie vir sissies nie. Maar dit was nie net ’n Kalaharido­rs wat my daar laat aandoen het nie. Op plekkies soos Van Zylsrus is die plaaslike hotel gewoonlik ook ’n nuttige inligtings­buro waar jy weldra te hore kom van alles wat met jag (en natuurlik ook ander mense se sake!) te doen het.

Ek het heerlike herinnerin­ge van kuiers daar aan die rand van die land. Ek onthou harde dae in sagte sand saam met gawe manne. Perfekte wintersdae en ysige Kalahari-nagte langs ’n kameeldori­ngvuur. My kampplek agter At se duin van waar ’n mens die son kon sien sak tot in ander sterrestel­sels en ’n vol maan oor ’n wye, wye landskap waar nie ’n enkele menseliggi­e die natuur ontsier nie.

En hoe kan ek die Kesie July op Duusman (wat ook al vort is Grootspan toe) se plaas vergeet? Dit was die hoogtepunt van die jaarlikse kalender. Op die eerste Saterdag in Julie het die beste ruiters en perde uit die kontrei daar saamgetrek en dan is daar resies gejaag in die droë bedding van die Kurumanriv­ier af dat die stof tot in Botswana waai. Tussendeur is daar saamgekuie­r op die werf en agterna was daar ’n opskop in die stoor. En dan natuurlik al die gawe mense wat ’n mens ontmoet het. En karakters! Soos ou Stokkies, die man met die grootste dors in die ganse Kalahari. Hy kon sluk dat selfs sy rimpels uitswel.

Maar my lekkerste onthou en verlang is die jagte. Die rooi sand is mos heerlike sagte jagwêreld. In Van Zylsrus se geweste is daar ’n bietjie bos om dit interessan­t te maak, McCarthysr­us se kant toe raak dit meer. Maar dan kry jy ook duineveld, veral Askham se kant toe. Die lang, smal plase daar strek van pragtige kameeldori­ngveld langs die rivier (met ’n ryk voëllewe, veral roofvoëls) tot diep in die duine.

Ek was lanklaas op Van Zyls. Dié besef ek nou die aand weer toe ek op die www rondkrap op soek na ’n kortpad Ghanzi se kant toe. Uit pure nostalgie blaai ek toe ’n bietjie rond en op die webblad van die Van Zylsrus Hotel struikel ek oor ’n interessan­te stukkie geskiedeni­s.

In 1974, toe die plek nog bekend gestaan het as die Gemsbok Hotel (en ek nog in Tollies op Stellenbos­ch besig was om van hotelle te leer) het die volgende pryse blykbaar gegeld: Aandete, bed en ontbyt – R12.50 ’n Bottel brandewyn – R7.50 Biltong – R1 per kg ’n Slagbees – R80 ’n Skaap – R10 ’n Gemsbok – R15

’n Statistiku­s is ek nie en van inflasie weet ons almal, maar die verhouding­s van dié pryse prikkel my toe nogal. Soveel so dat ek die volgende dag navraag doen om uit te vind wat kos die goed deesdae daar.

R700 vir kos en ’n kooi, verneem ek. R150 vir ’n bottel sonder brieke en R250 vir biltong. ’n Slagbees gaan vir so R8 000 en ’n skaap R1 200. En vir ’n mooi gemsbok gaan jy R4 500 hoes.

Wat is dan die gevolgtrek­kings te maak uit die ontleding van hierdie paar somme? Wel, eerstens seker dat ’n bottel brandewyn nou ’n groter bargain is as ooit. Tweedens dat dit nie meer baat om ’n dubbelaswa Kalahari toe te sleep om te gaan biltong koop nie. En derdens dat die Kalahari se mense deesdae seker nie omgee as die gemsbokke die skaap se weiding afvreet nie.

Maar die heel grootste les – ’n universele een – is een wat ek al lankal geleer het. En dit is dat ’n voorliefde vir jag ’n mens na die interessan­tste plekke neem.

Maar my lekkerste onthou en verlang is die jagte. Die rooi sand is mos heerlike sagte jagwêreld.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa