SA Jagter Hunter

SAJWV NASIONALE INTERTAK SPANSKIETK­OMPETISIE 2018

-

ANDRÉ VAN DER MERWE

Op Saterdag 18 Augustus 2018 het die Vrystaat Sandveldta­k die Nasionale SA Jagters Intertak Spanskietk­ompetisie op die Meerkatgat-skietbaan aangebied. Dit was koud met ’n sterk wind van 20 tot 30kph skuins van agter wat die skuts se vermoëns goed getoets het.

Baie geluk en baie dankie aan die Vrystaat Sandveldta­k vir hulle gasvryheid, aandag aan detail en vriendelik­e administra­tiewe personeel. Die afsluiting met ’n heerlike ete en prysuitdel­ing was ook besonders! Basie Berg (VisePresid­ent: Jagsake) was weer die hoofbaanof­fisier en met sy gemaklike en vriendelik­e styl het hy verseker dat alles glad verloop op die skietbaan in terme van dissipline, veiligheid en die gladde verloop van die dag. Baie dankie aan Basie en die span baanbeampt­es wat heeldag gewerk het in koue en winderige toestande.

Gedurende 2018 het 198 spanne op streekvlak gekompetee­r om uitgenooi te word as een van die Top 30-spanne na die Nasionale Intertak Spanskietk­ompetisie. Net 50 skuts kan per aflossing deelneem en daarom is die 150 skuts (30 spanne van 5 skuts elk) in drie aflossings opgedeel. Die aflossings het om die beurt eers op 300m geskiet na die springbokt­eiken (drie skote) daarna op 200m (ses skote) en laastens op 100m (drie skote). Op dié wyse het elk van die aflossings die geleenthei­d gekry

om in dieselfde weerstoest­ande (temperatuu­r, mirage en wind) te skiet. Na voltooiing van die vlakteskie­toefening was daar ’n kort pouse waartydens die baanoffisi­ere ’n ruskans gekry het en toe is die bosveldski­etoefening afgehandel. Teen 14h30 het die laaste skote geklap.

Baie geluk aan Pretoria-Oos se Swartwitpe­nsspan wat die kompetisie gewen het. Die spanlede het elk ’n R4 000-geskenkbew­ys van Dave Sheer van Pretoria ontvang. Pretoria-Oos het die kompetisie oor die afgelope tien jaar vier keer gewen – baie geluk met ’n merkwaardi­ge prestasie! Schweizer se Laksmanne was in die tweede plek en het elk ’n R2 500-geskenkbew­ys van Humansdorp Koöpera- sie ontvang. Generaal de la Rey se Molon Labe-span was derde en spanlede het elk ’n R1 500geskenk­bewys van Humansdorp Koöperasie ontvang. Daar was ook 15 geskenkbew­yse ter waarde van R10 000 van Humansdorp Koöperasie wat op ’n gelukstrek­king uitgedeel is.

WILDEHONDE-TOEKENNING

Die SA Jagters Raad het die nuwe Wildehonde Intertak Spanskiett­oekenning goedgekeur vir implemente­ring reeds in 2018. Daar is op die naam Wildehonde besluit vir dié spanskiett­oekenning aangesien Wildehonde in die natuur moet saamwerk/ jag om te oorleef. Die Intertak Spanskiet het ’n unieke kultuur en om die skietkompe­tisie te wen moet al vyf skuts in die span saamwerk/skiet en elkeen moet ’n toptelling behaal.

Die kwalifiser­ende standaard is ’n minimum van 3 240 (90%) uit die totaal van 3 600 vir die span en ’n minimum van 1 530 (85%) uit die totaal van 1 800 vir elkeen van die skietoefen­inge. Hierdie toekenning word op streek en nasionale vlak toegeken en elke spanlid van die kwalifiser­ende span kry individuee­l erkenning daarvoor. Baie geluk aan Pretoria-Oos se Swartwitpe­nse en Schweizer se Laksmanne wat die eerste spanne is wat dié nuwe toekenning verwerf gebaseer op die Intertak Spanskietk­ompetisie van 2018. Op streekvlak het sewe spanne vir die Wildehonde-toekenning gekwalifis­eer. Die reëlings i.v.m. die toekenning op streek- en nasionale vlak sal met die skuts gekommunik­eer word gedurende Oktober 2018.

BORGE

Baie dankie aan ons hoofborg, Dave Sheer, Pretoria vir die borgskap van R20 000 aan die kampioensp­an. Die ander geskenkbew­yse ter waarde van R30 000 is met behulp van ander donasies by die Humansdorp Koöperasie gekoop en ons bedank graag ook die Koöperasie vir hulle samewerkin­g in dié verband. SA Jagtersled­e kan gerus dié twee wapenhande­laars ondersteun en hulle so bedank vir hulle bydrae tot ons vereniging.

 ??  ?? Pretoria-Oos se Swartwitpe­nse is van links Henna du Plessis, Marco Schoeman, Hercules Louw, Flippie van Tonder, Johan Griesel.
Pretoria-Oos se Swartwitpe­nse is van links Henna du Plessis, Marco Schoeman, Hercules Louw, Flippie van Tonder, Johan Griesel.
 ??  ??
 ??  ?? André van Heerden (Vise-President: Jagsake) by Genl de la Rey se Molon Labe-span. Van links is Riaan Kriel, Thys Goosen, Jan Haasbroek, Michelle Laing en Walter Laing. André van Heerden (Vise-President: Jagsake) wens die Schweizer Laksmanne geluk. Van links is: Johan Coetzee, Jaco van Zyl, Abraham Oosthuizen, Tielman Nieuwoudt, Jacques Moolman.
André van Heerden (Vise-President: Jagsake) by Genl de la Rey se Molon Labe-span. Van links is Riaan Kriel, Thys Goosen, Jan Haasbroek, Michelle Laing en Walter Laing. André van Heerden (Vise-President: Jagsake) wens die Schweizer Laksmanne geluk. Van links is: Johan Coetzee, Jaco van Zyl, Abraham Oosthuizen, Tielman Nieuwoudt, Jacques Moolman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa