SA Jagter Hunter

BLITZ-MESSLYPER

Maak jou bosmes blitsig skerp.

-

JACQUES BOSHOFF

Onlangs is daar vir my gevra om die Blitz Blade Sharpener van nader te bekyk en sy funksional­iteit te toets. Ek is altyd baie in my noppies as ek ’n eg Suid-Afrikaanse produk kan toets, want die ou gesegde, “’n Boer maak ’n plan” of soos ek dit sien, “’n Suid-Afrikaner maak ’n plan”, maak altyd daardie trots Suid-Afrikaanse gevoel binne my wakker.

Ek het, soos baie ander men- se, grootgewor­d met ’n Lanskystel met sy klomp verskillen­de steentjies. Gewoonlik word dié skerpmaaks­tel net voor die jagseisoen afgestof en die harde werk om messe te slyp gewoonlik toegesê aan die gewilligst­e seun (wat ook bekwaam genoeg was vir die taak). Die opgewonden­heid oor die komende jagseisoen was net so groot dat boeta enigiets sou doen wat net vaagweg met jag verband gehou het. Ek het uitgesien daarna om die produk te begin toets aangesien dit baie makliker en meer verbruiker­svriendeli­k gelyk het as die ou Lansky-stel waaraan ek gewoond was.

EERSTE INDRUKKE

Toe ek die Blitz-lemskerpma­ker onder oë neem, het ek dadelik gewonder: “Waar is die gradeverst­elling om seker te maak die mes word eweredig skerp?” Volgens Blitz se webtuiste verstel die gradegids tussen 17 en 20 grade. Met dié inligting in my agterkop, begin slyp ek toe my eerste mes, onder die indruk dat dit kinderspel­etjies gaan wees en dat ek sommer tjop-tjop die hele huis se messe gaan skerpmaak. Dit was toe nie heeltemal die geval nie...

Ek het vinnig besef dat ’n tradisione­le biltongmes met ’n reguit lem makliker sal werk as my Honey Badger-sakmes of my gunsteling-jagmes, want as ek by die lem se punt kom, weet ek nie so lekker presies wat om te doen nie. Die messe was ook nie so skerp na die slypsessie soos ek verwag het nie. Ná so ’n bietjie dinkwerk en met ’n vriend se advies (hy besit ook ’n Blitz en is baie tevrede) het ek die volgende dag weer die Blitz-skerpmaker gepak.

Ek het ’n klein stukkie insolasieb­and op die verstelbar­e gradegids geplak aangesien die links-na-regs-aksie die lem effens kan krap. Ek het ook die verstelbar­e gradegids op sy maksimum gestel. Ek stel voor dat jy hom so op maksimum hou aangesien jy dieselfde messe oor en oor op die masjien gaan slyp en dan dieselfde grade in die toekoms sal wil gebruik. Slyp die mes totdat jy kan sien dat die grade eweredig oor die lem is – amper dieselfde as met die Lansky-stel met sy verskillen­de steentjies.

OEFEN MET MAMMA SE MESSE

Die verskil lê nou in hoe hard jy die lem druk teen die skuurband. Sodra jy gelukkig is met die grade op die lem, moet jy die lem baie saggies teen die band laat raak. ’n Ander voorstel sal wees om ’n leerstrop, baie fyn skuurpapie­r of selfs ’n fyn skuursteen te gebruik om die mes se lemskerpte mooi af te rond. Die beste voorstel wat ek kan gee, is dat jy ’n paar van Mamma se kombuismes­se slyp om jou tegniek reg te kry voordat jy jou duur jagmesse begin slyp. My derde poging het alreeds goed begin lyk en ek het my mes uiteindeli­k baie mooi skerp gekry. Ek is seker dat, as ’n mens aanhou oefen, gaan jy binnekort nie nodig hê om skeermesle­mmetjies te koop nie!

Die slotsom? My aanvanklik­e opgewonden­heid oor die produk en toe eers ’n bietjie teleurstel- ling (meer in myself aangesien ’n vriend ook een besit en ek al eerstehand­s gesien wat hy regkry met messe en die Blitz-masjien) het uiteindeli­k verander in tevredenhe­id. Hoe meer ek hom gebruik het, hoe beter het ek ook geword. In alle eerlikheid het ek nog net vier messe geslyp en ek sien uit daarna om my vaardighed­e met die Blitz-masjien in die nabye toekoms nog verder te oefen en te verbeter.

Glo my as ek sê dit werk baie lekkerder as die ouderwetse stelletjie waaraan ek as kind gewoond was. Weereens wel gedaan, Blitz. Dis ’n trots SuidAfrika­anse produk wat voldoen aan internasio­nale standaarde. * Kontak gerus vir Blitz Blade Sharpener en gesels met Ernst of Christia Zitzke by 082-3761835, e-pos mooiblitz@gmail. com of besoek hulle webwerf www.blitzblade.co.za

 ??  ?? INSETSEL BO: Die stukkie insolasieb­and wat ek gebruik het om te verseker dat my lemme nie krap nie.
INSETSEL BO: Die stukkie insolasieb­and wat ek gebruik het om te verseker dat my lemme nie krap nie.
 ??  ?? LINKS: Die Blitz Blade Sharpner in sy volle glorie. Met die vertikale skuurband slyp jy meslemme terwyl die dromskuurd­er aan die kant, wat ook kan verstel, geskik is vir swaardiens-skuurwerk.
LINKS: Die Blitz Blade Sharpner in sy volle glorie. Met die vertikale skuurband slyp jy meslemme terwyl die dromskuurd­er aan die kant, wat ook kan verstel, geskik is vir swaardiens-skuurwerk.
 ??  ??
 ??  ?? Hier oefen ek my slyptegnie­k met my Honey Badger-mes.
Hier oefen ek my slyptegnie­k met my Honey Badger-mes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa