SA Jagter Hunter

VERBETER DIE HERLAAIPRO­SES MET DIE DP-4

-

FRANCO JOOSTE

Die DP-4 is ’n herlaaista­ander of stasie wat vir enige herlaaifan­atikus ’n aanwins sal wees. Ek het onlangs die vervaardig­er, MetPrep in Johannesbu­rg gaan besoek om ’n DP-4 te ontvang en te toets.

Ek moet erken ek het gewonder watter produk iemand die herlaaimar­k in Suid-Afrika kan bied wat nog nie deur die Amerikaner­s ontwerp is nie. Ek is egter gou verkeerd bewys. Die DP-4 is ’n handige eenmanherl­aaistasie wat deur Richard Ford, ’n ingenieur, ontwerp is en wat selfs by gevorderde herlaaiers byval sal vind. Dit is in wese ’n staander met verskeie plekke waarop verskillen­de herlaai-apparate geplaas of vasgesit kan word.

TOERUSTING SKUIF NIE ROND NIE

Richard het aan my ’n reeds saamgestel­de DP-4 gegee wat ek net aan ’n geskikte tafel kon vasbout. Die staander word verskaf in los stukke en moet aanmekaar gesit word. Hy het ook ’n skaaltjie en kruitdrupp­er ( trickler) verskaf omdat die staander doelgemaak­te voetstukke het vir herlaaipro­dukte. Ek moes net ’n kruitmeter (-gooier) byvoeg om die proses aan die gang te kry. Wat hierdie produk so goed maak, is dat jou kruitgooie­r, skaal, trickler en tregter binne maklike bereik is en nie kan rondskuif nie. Dit maak die herlaaipro­ses vinniger en makliker omdat jou tafel nie vol losstaande items is wat jy dalk per ongeluk kan skuif nie. (Soos die skaal wat kan beweeg en dan weer gekalibree­r moet word.)

Wat die DP-4 nog meer effektief maak, is dat jy ’n voetstuk vir jou spesifieke fabrikaat skaal en trickler kan aanskaf wat sal verseker dat die toerusting wat bo-op die DP-4 gemonteer is, nie kan skuif nie. En omdat die DP-4 ’n staander is wat jy op ooghoogte kan stel, kan jy presies horisontaa­l in lyn met die skaal se nulpuntmer­kie kyk en sal jy nie sommer ’n parallaksf­out maak nie. Verder het ek ook gevind dat dit met dié toestel baie makliker is om te sien wanneer die skaalnaald op die korrekte plek is as met ander soortgelyk­e herlaaista­sies.

Die DP-4 kan bestel word in ’n verskeiden­heid konfiguras­ies en met bykomende voetstukki­es vir bykans al die verskillen­de fabrikate skale en tricklers wat beskikbaar is. Jy kan dit dus aanpas volgens jou eie herlaaitoe­rusting.

WAARVAN EK HOU

Wanneer jy voor die DP-4-toestel gaan sit, is alles ooghoogte en die eerste ding wat jy sien, is die kruitgooie­r reg voor jou met die tregter links agter daarvan gemonteer. Agter die tregter en ’n bietjie hoër, is die skaal, regs van die kruitgooie­r is die skaal se weegpannet­jie, asook die trickler. Ek het my leë doppe links onder die DP-4 neergesit. Aan die regterkant is my klaargelaa­ide ammunisie en in die middel, die koeëls. Heel links is die pers ( press). Deur dit só op te stel het my herlaaipro­ses sommer van die eerste patroon af baie maklik en vinnig verloop.

Die gemonteerd­e tregter werk baie goed. Jy neem die patroondop en druk dit in die tregter se bek, en daarna gooi jy die kruit in. Dit maak die proses veel makliker as om met ’n los tregter en dop te werk.

Die DP-4 word uit ’n sterk 3.5mm-staalplaat gebou – daarom is dit stabiel en rigied. Die rande is gelip om te verhoed dat daar enige skerp dele is wat jou kan krap of sny. Vier boute is nodig om die DP-4 aan ’n tafel vas te bout. Soos julle kan sien, neem dit baie minder spasie in beslag – ongeveer ’n kwart van wat jy gewoonlik nodig het. Die DP-4 is ’n kwaliteit-produk en teen R1 418.85 bied dit uitstekend­e waarde vir geld. * Vir meer inligting kontak Richard by 082-415-3840 of stuur ’n e-pos aan sales@dp4. co.za

 ??  ?? INSETSEL BO: Hierdie foto toon hoe die tregter gebruik word om die kruit in die dop te gooi.
INSETSEL BO: Hierdie foto toon hoe die tregter gebruik word om die kruit in die dop te gooi.
 ??  ?? LINKS:LINKS: SóSó lyk die DP-44, ‘n kom-kompakte laaistasie.
LINKS:LINKS: SóSó lyk die DP-44, ‘n kom-kompakte laaistasie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa