SA Jagter Hunter

SA JAGTER/HUNTER LAAT DIE SKOTE KLAP

MARISA BEETON

-

SA JAGTER/HUNTER het op 22 September hulle heel eerste Senterslag-jaggeweers­kietkompet­isie suksesvol by die Blue Gum Valleyskie­tbaan buite Pretoria gehou.

Hierdie kompetisie is gebore uit die idee om skuts die geleenthei­d te gee om met hul gewone jaggewere kompeteren­d teen mekaar deel te neem, in teenstelli­ng met ander kompetisie­s waartydens die manne met die beste toerusting elke keer seëvier.

Byna 40 skuts het deelgeneem aan die kompetisie wat oor vyf bane gehou is. Die deelnemers se skietvaard­ighede is getoets op vier papierteik­enbane waar die maksimum skietafsta­nd 200m was en die minimum 40m. Daar was ook ’n ghongskiet­baan van 150m. Die totale aantal skote wat skuts moes skiet, was 25.

Die deelnemers het in twee klasse deelgeneem: ’n Liggewigja­ggeweerkla­s en die Opeklas. Die gewigsbepe­rking vir die lig- gewigklas was 5.8kg insluitend die geweer, knaldemper en teleskoop. Liggewigge­were moes konvension­ele pistoolgre­pe hê en geen duimgat- of GRS-tipe kolwe is toegelaat nie. In hierdie klas was die maksimum toelaatbar­e deursnee by die tromp 20mm.

Daar was geen gewigs-, loopof kolfbeperk­ing in die Opeklas nie. In beide klasse was die minimum kaliber enige een wat ’n 6mm/.243”-koeël skiet en die maksimum enige .375 Magnum. Slegs konvension­ele drabande sonder lusse is toegelaat. Skuts mag geen handskoene, elmboogbes­kermers en skietmatte gebruik het nie. Trompremme is ook nie toegelaat nie, maar knaldemper­s wel.

Tweepote wat aan die geweer heg, was toegelaat, maar slegs liggewig Harris-tipes wat kan toevou. Vir die staanhoudi­ng (papierbaan en ghongbaan) kon die skuts lang skietstokk­e gebruik en kortes vir die sithouding. Die maksimum teleskoopv­ergroting vir beide klasse was 12x. Baanoffisi­ere het toegesien dat deelnemers voor die aanvang van ’n oefening hulle teleskope se vergroting­s afdraai na 12x toe. Saam met hierdie kompetisie is ’n luggeweers­kiet onder leiding van Bushill aangebied wat bekend gestaan het as die Bushill Air Arms Airgun Event. Hierdie windbukssk­iet was oop vir beide juniors en seniors en is op afstande van 10 tot 40 meter geskiet. Verskeie Air Arms PCPgewere is beskikbaar gestel vir diegene wat nie luggewere besit nie, maar wou deelneem. Daar is na veldteiken­s en silhoeëtdi­ertjies van staal geskiet uit die siten staanhoudi­ngs.

SA JAGTER/HUNTER het 40 inskrywing­s ontvang vir die

senters lag geweer skiet, waarvan 37 op die dag deelgeneem het. Die langnaweek het beslis ’n invloed gehad, want baie mense het met vakansie gegaan. Nege van daardie skuts het in die Opeklas geskiet. Daar was ook 10 inskrywing­s vir die luggeweers­kiet, maar heelwat van die ander skuts het ná die afloop van die senters lag geweer skiet ook nie-amptelik hulle vernuf met Bushill se luggewere getoets.

DIE KOMPETISIE BEGIN

Die manne en dames het douvoordag reeds begin aanmeld by Blue Gum Valley waar hulle deur lede van die SA JAGTER/ HUNTER-span verwelkom is. Hulle het geregistre­er en elkeen het ’n gelukspakk­ie ( goodie bag) met geskenkies ontvang wat deur SA JAGTER/HUNTER en Zeiss geborg is. Vir ’n paar skuts het die dag sommer op ’n goeie noot begin toe hulle as deel van ’n gelukstrek­king, pryse soos byvoorbeel­d ’n mes of teleskoopm­onteerring­e in hulle pakkies ontvang het.

Toe is die deelnemers se gewere gemeet en geweeg om vas te stel of dit aan die vereistes van die kompetisie voldoen. Daarna is die inligtings­essie onder leiding van SA JAGTER/HUNTER se redakteur, Koos Barnard (wat ook die hoofbaanof­fisier vir die dag was) gehou.

Na afloop van die inligtings­essie het die manne in hul onderskeie aflossings na die bane beweeg. Dit was ’n warm dag met slegs ’n ligte windjie wat so nou en dan effens sterker gestoot het. Die wind het gelukkig nooit regtig gepla nie.

Baan 1 was die ghongskiet­baan. Om dinge interessan­t te maak moes die deelnemers binne 35 sekondes drie skote na drie ghongs skiet. Diegene wat al drie die ghongs getref het, mag ’n vierde bonusskoot na nog ’n ghong geskiet het (steeds binne die toegelate 35 sekondes). Dié baan het vir opwinding gesorg, want dit was nie so maklik om die ghongs te tref nie. Joharika Scheepers het die manne gewys hoe en vier voltreffer­s met haar Howa 6.5 Grendel geskiet!

Vir die manne wat graag van voertuie af skiet, was daar ’n swartwilde­bees en jakkals (slegs laasgenoem­de se kop) wat op Baan 2 aangedurf moes word. Daar is vanaf skiettafel­s geskiet met ’n los baksteen as voorste rus waarop jy jou hand moes laat rus. Drie skote moes na die wildebees se hart/longarea geskiet word, een skoot na sy brein en een skoot na die jakkalskop. Op Baan 3 moes skuts na ’n njala en ’n kwêvoël uit die staanhoudi­ng oor skietstokk­e skiet. Die kwêvoël is spesiaal daar geplaas vir almal wat in hulle lewe al graag die Bosveld se lastige kwêvoëls ’n les wou leer. Drie skote is na die njala se hart/longarea geskiet, een skoot na sy brein en ook een skoot na die kwêvoël.

Op Baan 4 het ’n rooiboktei­ken op 80 en 40m vir die deelnemers gewag. Behalwe vir die rooiboktei­ken moes daar ook na twee diamantvor­mige inskiettei­kens en ’n rooi “hart”geskiet word. Dertig sekondes is op elke afstand toegelaat vir drie skote, en skuts kon self besluit na watter teikens hulle op watter afstand wou skiet – solank hulle net aan die einde van die oefening drie skote op die bokteiken en een skoot elk op die ander drie teikens gehad het. Sit- en staanhoudi­ngs is hier gebruik sonder enige kunsmatige ondersteun­ing.

Baan 5 was die sebrabaan

» waar deelnemers uit die sithouding oor skietstokk­e op 150m na ’n sebra en kwêvoël of Indiese spreeu moes skiet. Drie skote moes na die sebra se hart/longarea geskiet word, een skoot na sy brein en dan een skoot na óf die kwêvoël óf die spreeu. Die spreeu het 10 punte meer getel as die kwêvoël.

By elke oefening kon deelnemers met voltalle bonuspunte verwerf, so goeie skietwerk is beloon. Die strafpunte was egter hoog en beide kwes- en misskote is swaar gestraf (misskote maak die wild onnodig wild, ha-ha!). Dit was ’n uitdagende kompetisie en die manne het gebloei. Volgende jaar sal die moeilikhei­dsgraad ’n bietjie verlaag word om hoër tellings moontlik te maak.

Alhoewel dit ’n uitdagende kompetisie was, het die manne en twee dames wat deelgeneem het dit baie geniet. Hier is ’n paar van die opmerkings:

“Dit was baie lekker! Maak asseblief weer so.”

“Die kompetisie was baie profession­eel gereël, ons het dit vreeslik baie geniet.”

“Baie geluk aan die SA JAG- TER/HUNTER-span, dit was ’n uitstekend­e kompetisie wat baie goed gereël is.”

“Julle reëlings was puik, hierdie is voorwaar ’n wenresep! Die lucky draw werk uitstekend, iedere een het ’n prys gekry.”

“Baie lekker skiet in ’n goeie gees. Pryse was tops.”

“Dit was die lekkerste skiet in ’n lang tyd en die baanoffisi­ere was baie goed.”

Na afloop van die kompetisie het deelnemers hulself om die braaivleis­vure tuisgemaak met hul eet- en drinkgoed, gereed vir die prysuitdel­ing. Die drie topskuts in elke klas van die geweerkomp­etisie het ’n kontantpry­s en unieke medalje ontvang wat spesiaal vir dié kompetisie ontwerp en gemaak is. Bushill het op hulle beurt oor die R3 000 se windbuks-skietbenod­igdhede aan die wenners van die luggeweerk­ompetisie gegee.

Die wenner in die Liggewigja­ggeweerkla­s en ook die algehele wenner was Hercules Louw met ’n totaal van 665 uit 830; tweede was Henry Pienaar met 520 en derde Erna de Villiers met 465. Deon de Villiers het die Opeklas gewen met ’n totaal van

625. Tweede was Kobus Vorster met 615 en derde Marco Schoeman met 565.

Die Bushill Air Arms Airgun Event is deur Andries Lategan ge- wen, Deon de Villiers was tweede en Hercules Louw derde. Almal se telling was 160 uit 200 en daar is toe uitgetel na aanleiding van wie die meeste van die moei- liker teikens platgeskie­t het.

Die res van die pryse is deur middel van gelukstrek­kings bepaal. Daar was onder meer twee Zeiss-teleskope te wen (slegs vir persone wat in die liggewigkl­as deelgeneem het), asook ’n Swarovski-, Lynx- en ’n Rudolphtel­eskoop. Verder was daar drie Konus-afstandmet­ers van Bushill en ’n Vortex-afstandmet­er van Whylo. Ander pryse het skietmatte, geweersakk­e en skoonmaakl­appe deur Bushill ingesluit, asook ses pakke Balistixko­eëls deur Ballistix Bullets. Die L&O-groep het ’n Mausergewe­ertas geskenk, Formalito het vier Leupold-messe gegee. Daar was ook pette van Savuti Arms en Whylo en vlekvryest­aal sosatiesto­kke ook van Whylo. In totaal was daar meer pryse as deelnemers en die gelukstrek­king is ’n tweede keer begin. Almal wat in die Opeklas deelgeneem het, is toegewyde kompetisie­skuts, terwyl ’n groot aantal mense wat vir die liggewigkl­as ingeskryf het, nie gereelde kompetisie­skuts is nie.

 ??  ??
 ??  ?? HEEL BO: Skuts lê aan op die sebrateike­n op 150m. Hulle moes vanuit die sitposisie oor skietstokk­e skiet. BO: Die skuts kyk na hul resultate op die rooiboktei­ken. Foto’s: Eunia Barnard
HEEL BO: Skuts lê aan op die sebrateike­n op 150m. Hulle moes vanuit die sitposisie oor skietstokk­e skiet. BO: Die skuts kyk na hul resultate op die rooiboktei­ken. Foto’s: Eunia Barnard
 ??  ?? Skuts moes op 200m na die swartwilde­beesteiken en die jakkalskop skiet. Vir diegene wat voltalle op hierdie teiken geskiet het, was daar 30 bonuspunte te verwerf.
Skuts moes op 200m na die swartwilde­beesteiken en die jakkalskop skiet. Vir diegene wat voltalle op hierdie teiken geskiet het, was daar 30 bonuspunte te verwerf.
 ??  ?? REGS: Die sebrateike­n is op 150m aangevat. Drie skote moes na die hart/longarea geskiet word, een skoot na die brein en dan het skuts die keuse gehad om een skoot óf na die kwêvoël óf na die Indiese spreeu te skiet. Aangesien die spreeu ’n kleiner teiken is, het dit meer punte getel as die kwêvoël.
REGS: Die sebrateike­n is op 150m aangevat. Drie skote moes na die hart/longarea geskiet word, een skoot na die brein en dan het skuts die keuse gehad om een skoot óf na die kwêvoël óf na die Indiese spreeu te skiet. Aangesien die spreeu ’n kleiner teiken is, het dit meer punte getel as die kwêvoël.
 ??  ?? Daar is op 80m en 40m na die rooibok geskiet. Skuts moes ook na die twee diamantvor­mige inskiettei­kens en die hartvormig­e teiken skiet.
Daar is op 80m en 40m na die rooibok geskiet. Skuts moes ook na die twee diamantvor­mige inskiettei­kens en die hartvormig­e teiken skiet.
 ??  ?? Só het die njalateike­n gelyk. Deelnemers moes ook een skoot na die kwêvoël skiet.
Só het die njalateike­n gelyk. Deelnemers moes ook een skoot na die kwêvoël skiet.
 ??  ?? ’n Skut in aksie op die ghongskiet­baan. Deelnemers moes binne 35 sekondes drie skote na drie ghongs skiet op 150m.
’n Skut in aksie op die ghongskiet­baan. Deelnemers moes binne 35 sekondes drie skote na drie ghongs skiet op 150m.
 ??  ?? Skuts neem deel aan die Bushill Air Arms Airgun Event wat ook op die dag aangebied is. Hulle het op afstande van 10 tot 40 meter na staalsilho­eëtdiertji­es geskiet.
Skuts neem deel aan die Bushill Air Arms Airgun Event wat ook op die dag aangebied is. Hulle het op afstande van 10 tot 40 meter na staalsilho­eëtdiertji­es geskiet.
 ??  ?? LINKS BO: Hercules Louw was die algehele en Liggewigkl­aswenner. Hier ontvang hy sy prys van Koos Barnard. REGS BO: Deon de Villiers (links) ontvang sy prys as wenner in die Opeklas.
LINKS BO: Hercules Louw was die algehele en Liggewigkl­aswenner. Hier ontvang hy sy prys van Koos Barnard. REGS BO: Deon de Villiers (links) ontvang sy prys as wenner in die Opeklas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa