SA Jagter Hunter

DIE 8MM – MY KEUSE

DIRK STEYNBERG

-

Wie en wat is ’n versamelaa­r? Sonder om in sy toekoms te kan sien of na sy verlede te kyk, sou ek sê ’n mens moet sy woord aanvaar. So aanvaar nou maar my woord as ek sê ek is ’n geweervers­amelaar, al is my versamelin­g baie klein in vergelykin­g met groot versamelaa­rs s’n.

Ek konsentree­r op die versamelin­g van Mausers en veral die 8mm-kalibers, want hier kan ek ten minste kompeteer met die groter manne as dit kom by probleme. Oor die jare heen het ek ’n hele paar 8mm’s besit waarvan veral een my baie probleme in die vorm van geld en tyd besorg het. Voor wie se deur die oorsaak van die probleme - lê moet word, sal ’n mens uit die volgende vertelling kan aflei. Afgesien van die gevolgtrek­king wat gemaak word, bly die 8mm my keuse en bly dit beslis my gunsteling-jagkaliber.

Die ander geweer wat wel aanspraak kon maak as my gunsteling-jaggeweer is my 10.75x68 Mauser. Met hom het ek al ’n buffel, ’n paar elande en groter wild geskiet, maar hy is meer geskik vir die Groot Vyf wat, helaas om finansiele redes nie vir my beskore is nie. Sy patrone is in elk geval nie kommersiee­l beskikbaar nie en moet handgelaai word. Dan is daar die 9x57 Oberndorf Mauser waarmee ek ook heelwat groter wild gejag het. Die geweer het ek op feitlik al my jagtogte as ’n tweede of spaargewee­r saamgeneem. Die 7x57 is die volgende. Dit is ’n Suhl Mauser met ’n agtkantige loop van 34” wat al redelik geslyt is. Ek het baie met die geweer gejag en selfs uitdunning­swerk op wildsplase gedoen waar net kopskote toegelaat was. As dit nie was vir sy ouder- dom nie kon hy maklik die 8mm se plek ingeneem het.

Die 8mm’s wat ek het, of gehad het, is kortliks die volgende. Die mooiste van alma van almal was 'n oorspronkl­ike 8x69 Oberndorf Mauser met 'n oop visier en 'n pragtige houtkolf. Ek glo nie daar was een persoon wat nie dadelik by die geweer vasgesteek het en dit wou koop nie. My oë was nie meer so goed nie en die geweer was te mooi om ’n teleskoop op te monteer. Ek het wel met die oop visiere ’n paar koedoes wat nader as ’n 100m was, suksesvol platgetrek. Met dié dat daar gereeld potensiële kopers was, het ek later begin twyfel en toe ek eendag ’n aanbod van R10 000 kry, het die geweer van eienaar verwissel. Eienaardig genoeg is die geweer binne ’n kort tyd weer ’n paar keer verkoop.

Dan was daar ’n 8x57 Oberndorf Mauser-karabyn wat die land binnegekom het deur ’n luitenant-kolonel van die Selous Scouts wat, so vertel hy, tydens ’n strooptog vanuit Zimbabwe in Mozambiek die geweer in ’n “stroois” gebuit het. Hierdie geweer is nog in ’n uitstekend­e toestand en besonders akkuraat. Die volgende 8mm is een wat na die oorlog die land binnegekom het uit Europa. Dit het 'n reguitteru­gtrekslota­ksie en die naam Blindee en die nommber 3355 daarop. Die oop visier is gemerk

Die ander geweer wat wel aanspraak kon maak as my gunsteling-jaggeweer is my 10.75x68 Mauser.

tot 1 200. Ek het nooit met hom gejag nie en net gebruik vir skyfskiet en opleiding vir beginners. Die geweer beklee tans ’n baie rustige plek in my geweerklui­s.

Laastens is daar ook my jaggeweer, ’n Gewehr 98 (Mauser) van 1905, vervaardig in die Spandau-fabriek in Duitsland. Die Mauser-aksie was só suksesvol dat miljoene Mauser-gewere vervaardig is. Hierdie geweer was vir jare my jaggeweer, maar ek kon nooit ’n perfekte groepering daarmee behaal nie. Ek het later gaan kers opsteek by kenners en die eenparige aanbevelin­g was dat die loop se dae getel was.

’N MOEILIKE PAADJIE

Diegene wat al die paadjie geloop het om ’n geweer te herloop, sal saamstem dat jy baie geduld nodig het. Afgesien van die papierwerk is dit nie altyd moontlik om ’n geskikte loop te kry nie. In my geval is ’n ekstra lang loop nodig wat gesny moes word om by die oorspronkl­ike houtkolf aan te pas. Die geweersmid het egter toevallig ’n ander kolf gehad wat op my Mauser sou pas en het dit goedgedink om eerder dié kolf te gebruik as die ou een. mooi geweer nie, maar dit het gewerk en die geweer het ook goed gegroepeer.

Toe gebeur dit. Die geweer het weer bont begin skiet. Ek het alles probeer, maar kon nie die fout kry nie... selfs later gedink dat dit die Rhino-koeëls kon wees en het die vervaardig­er die onnodige moeite aangedoen om saam met my toetse op die skietbaan te doen. Eindelik kom ons agter dat daar ’n slegte plek in die loop ontstaan het. By navraag word ek vertel dat so iets kan gebeur as daar enige obstruksie in die loop kom soos ’n skoonmaakl­appie, grond, ’n oormaat olie of selfs ’n patroon wat van ’n verkeerde kaliber is.

In die laaste geval kan ’n geweer natuurlik ontplof en die skut ernstig of noodlottig beseer. ’n Koeël kan ook in die loop vassteek as die lading te klein of afwesig is. Gebeur dit dat ’n koeël om een of ander rede in die loop vassit en die skut kom dit nie agter nie en skiet ’n volgende skoot, kan die kan beskadig word.

Presies hoe my geweer se loop beskadig geraak het, kon ek nie vasstel nie, maar die enigste oplossing was weereens ’n nuwe loop. Ek was nogal baie vies, want ’n nuwe loop jaag jou duisende rande uit die sak. Geweersmed­e in my omgewing was ook nie te gretig om dié werk aan te pak nie.

WEEREENS ’N NUWE LOOP

Toe dink ek aan Kevan Healey van Bloemfonte­in Custom Rifles. Hy het jare gelede ’n nuwe kolf vir my 10.75x68 Mauser gemaak en dit was ’n pragstuk. Ek het hom gekontak en hy was bereid om die werk te doen. Terwyl ek gewag het vir die loop om afgelewer en ingesit te word, het ek myself besig gehou deur al die ou doppies te herlaai. Ek het maar gehoop dat die lading wat ek vir die vorige loop gebruik het ook sou werk vir die nuwe een. Nou moet ek hier onomwonde erken dat ek nog baie te leer het wat die herlaaipro­ses van ammunisie betref. voel het, maar eintlik redel gou was, lewer die koerier die geweer af. Behalwe dat Kevan die nuwe loop gepas het, het hy ook die kolf gerestoure­er. Ek was hoogs tevrede met die eindresult­aat en met die opgeknapte kolf kon ek vir die eerste keer in ’n lang tyd weer trots wees op my geweer.

Toe ek uiteindeli­k die herlaaide patrone wou toets, sou ek tot my skok uitvind dat hulle glad nie in die geweer se kamer pas nie. Ek moes eers die koeëls trek en die doppe weer hervorm of size. Dis vir iemand soos ek ’n groot werk om die 40 gelaaide patrone se koeëls te trek en almal weer oor te laai. Toe neem ek maar vir eers die kortpad en koop ’n pakkie Norma-patrone, want ek was haastig om te gaan jag.

Gelukkig het die Normas goed gegroepeer en kon ek die volgende naweek my “nuwe” geweer gaan inwy in die jagveld. Ek was suksesvol en het ’n vlakvark en ’n pragtige koedoe huis toe gebring.

 ??  ??
 ??  ?? Die 8mm nadat die geweer ’n nuwe loop gekry het en die kolf opgeknap is.
Die 8mm nadat die geweer ’n nuwe loop gekry het en die kolf opgeknap is.
 ??  ?? Só het die 8mm se oorspronkl­ike kolf gelyk toe die geweer nog sy lang loop gehad het.
Só het die 8mm se oorspronkl­ike kolf gelyk toe die geweer nog sy lang loop gehad het.
 ??  ?? Bo: Die geweer met Blindee op geskryf. Dit verwys na Balles Blindee en is Frans vir gemantelde koeëls. Onder: Só lyk die 7mm met sy lang loop van 34 duim.
Bo: Die geweer met Blindee op geskryf. Dit verwys na Balles Blindee en is Frans vir gemantelde koeëls. Onder: Só lyk die 7mm met sy lang loop van 34 duim.
 ??  ?? Hierdie is my Oberndorf Mauser in 9x57mm.
Hierdie is my Oberndorf Mauser in 9x57mm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa