SA Jagter Hunter

KLOP DIE ROTTE

GERHARD H. VERDOORN

-

Die bruinrot word as een van die gevaarliks­te indringers­pesies op aarde beskou. Daar is geen kontinent waar die bruinrot homself nog nie gevestig het nie, terwyl sy kleinnefie, die huismuis, ook baie goed op kontinente en eilande ingeburger is. Dit is ondenkbaar dat jagkampe en slagkamers rotvry is en daarom moet ’n mens maar lig loop vir die kontaminas­ie van slagplekke en voedsel met rotmis en urine wat onder meer salmonella-bakterieë dra. Een inname van salmonella haal ’n jagter maklik uit die veld en vestig hom vir ’n paar dae op die “wit troon” met ernstige maagkrampe en kwaai diarree.

Sodra rot- of muisgif genoem word, frons baie mense, want almal weet dat uile moontlik sekondêre vergiftigi­ng kan opdoen wanneer hulle knaagdiere vang wat van dié doders gevreet het. Uile, valke, muskeljaat­katte, muishonde en slange is waardevoll­e knaagdierj­agters en deur hulle getalle te skaad met gevaarlike gif, gaan die rotinfesta­sie net vererger.

Wat benodig word in ’n jagkamp en by slaggeriew­e is ’n knaagdierd­oder wat effektief is teen rotte en muise, maar wat nie sekondêre vergiftigi­ng van uile, roofvoëls en roofdiere sal veroorsaak nie. Dit moet ook ’n lae risiko vir primêre vergiftigi­ng inhou. Sommige knaagdierd­oders is geskik om te gebruik in ’n omgewing waar daar uile is, maar dan is dit nie só effektief teen muise nie.

Selontra van BASF (L10101, Wet No. 36 van 1947, bevat 0.75g/ kg cholekalsi­ferol VERSIGTIG) is ’n nuwe knaagdierd­oder wat feitlik geen risiko vir uile inhou nie. Dit is ook ’n uitstekend­e muisdoder met die verdere voordeel dat dit die knaagdier se eetlus na een dag demp; met ander woorde die muis knaag nie verder aan hout en toerusting nie en jy ly dus nie nóg skade nie. Alhoewel die aktiewe bestanddee­l, wat Vitamien D3 is, wel giftig is vir roofdiere, is dit baie minder giftig vir hulle as die tipiese antikoagul­ant-knaagdierd­oders.

Die belangriks­te aspek van enige beheerprog­ram vir knaagdiere is om die risiko vir die omgewing te verminder. Dus is lokaashoue­rs die beste manier om Selontra toe te dien sodat slegs pesdiere dit vreet. In jagkampe is dit ook noodsaakli­k om die lokaas binnenshui­s te gebruik sodat skadelose, inheemse knaagdiert­jies nie daaraan blootgeste­l word nie. Maak seker die doder word aangevul sodat die hele bruinrot- of huismuisko­lonie uitgewis word. Indien dooie rotte of muise opgemerk word, tel op en vernietig.

Geniet die rot- en muisvrye omgewing!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa