SA Jagter Hunter

GALLERY SPORTING RIFLESKIET­KOMPETISIE 2018

ANDRÉ VAN DER MERWE

-

Die eerste SAJWV Gallery Sporting Rifle-skietkompe­tisie is op Saterdag, 13 Oktober aangebied deur die Riemlandta­k op die Riemland-skietbaan ongeveer 25km vanaf Bethlehem op die R26 na Reitz.

Op die Vrydag was daar geleenthei­d vir skuts om op dié skietbaan in te skiet in goed georganise­erde aflossings onder toesig van baanoffisi­ere. Inskiettei­kens en die diereteike­ns wat tydens die kompetisie gebruik is, is voorsien. Op 100, 200 en 300 meter kon die skuts na hartelus inskiet en oefen.

Saterdagog­gend was dit vroeg duidelik dat die weer ’n potensiële probleem sou inhou aangesien daar reën voorspel is. Reeds tydens die inskietses­sie was dit bewolk, winderig en koud. Die verwelkomi­ng- en inligtings­essie was nog aan die gang toe dit begin reën en die eerste aflossing se skuts wat op die skietbaan begin aantree het, moes terugkeer klubhuis toe. Teen tienuur het die organiseer­ders begin bekommerd raak oor die nat teikens omdat die papier kon disintegre­er. Dit sou die einde van die dag beteken. Teen 10:30 het Basie Bergh, die hoofbaanof­fisier, die skuts nader geroep en die eerste aflossing het aangetree terwyl dit lig gereën het – die temperatuu­r was 11.5 °C.

Die Riemland-skietbaan het ’n pragtige klubhuis en die skuts en ander gaste het regdeur die dag heerlik gekuier. Wanneer die skuts van die skietpunt af gekom het, was hulle nat en koud en die skuiling van die klubhuis en warm koffie was dan baie welkom.

Die skietbaan het ’n unieke stelsel vir die wisseling van teikens wat bestaan uit klein, plat waentjies wat elkeen vyf teikenrame op het. Dié waentjies is gedurende die dag in twee groepe van vier agter een bakkie en vyf waentjies agter

 ??  ??
 ?? Foto’s: SAJWV ?? Die pragtige Riemland-skietbaan – die dag was nat en koud!
Foto’s: SAJWV Die pragtige Riemland-skietbaan – die dag was nat en koud!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa