SA Jagter Hunter

BOSPOS – SÊ JOU SÊ

Sê jou sê

-

E-pos na marisa.beeton@media24.com

WINNING LETTER NOSTALGIA

Geoff Wainwright’s hunting story of the sable hunt in Zambia ( Cursed sable of the witchcraft kind – October 2018) brought back fond memories.

That specific area in Zambia where the southern tip of the Kafue National Park is bordered by Mulobezi, Billi Springs and Sichifula Game Management areas are known for all sorts of witchcraft and strange beliefs.

The area was known for sable with the deep curved horns (nearly royal sable) but the thing that stood out for me when I hunted (some 20 years ago) in Mulobezi which borders Sichifula to the northwest, was the amount of lions. Every night they roared close by and they were not afraid to show themselves during the day – blackmaned, big-bodied beasts. One other thing coming back to my mind was the black cotton soil in the vlei areas that caused a lot of slipping and digging.

The Game Department office was in the small village of Mulobezi where all paperwork was done and your game scout was “issued” to you.

The village was a train stop for the logging business of teak wood in the area years ago. Sad to say, today you will see lots of stumps in the bush where the big trees were sawn off.

The train from Mulobezi to Victoria Falls were known to be so slow that if you sit in the front compartmen­t and you need to go to the “toilet” you climbed off and do your thing in the bush and then climb back on into the last compartmen­t.

The Mulobezi train halt was full of old steam trains standing on old tracks with trees growing from and through them. Some roads in the area were still littered with reminisce of the bush war.

I wonder if the areas I have mentioned, still have good numbers of wildlife... I can just imagine how pristine the bush must have been in the days when Geoff hunted there. SAREL VAN DER MERWE * Sarel is the winner of a Survivor leather belt from Stevenson Hamilton KWESSKOTE

Ek moet reageer op die swak smaak van Nico Grobbelaar. Sy brief het verskyn in die SA JAGTER/HUNTER van Oktobermaa­nd. Repliek wil ek nie lewer oor die inhoud nie, maar maak graag die volgende opmerkings:

Nico Grobbelaar se naam behoort opgeteken te word in die Guinness Book of Records, want ek weet van geen jagter wat 78 jaar oud geword het sonder om ’n bok te kwes of mis te skiet nie! Wel gedaan, Niekie!

Ek weet van ’n “Babelse ver- warring”, maar het nog nooit gehoor van ’n “Babelse ballisties­e bombardeme­nt” nie en sal dit ook nie opneem in my woordeskat nie. ’n Groepering van 2cm oor ’n afstand van 25 meter kan ek ook regkry – of het u dalk oor 50 meter ingeskiet?

Ek maak uit Tuba van der Walt se smaakvolle antwoord die afleiding dat u ’n ginekoloog is? Hou u maar by hierdie edel beroep!

Oor enkele maande word ek DV 80 jaar oud, ek was vir baie jare lid van CHASA en is tans nog lid van SAJWV en het nou vir die eerste keer kennis geneem van ’n “wonderwerk” wat nie mis skiet of kwes nie!

Jagters-kwesskootg­roete, NEELS NEUHOFF

PA SE JAGLESSE

Johan Snyman se nostalgies­e jagmymerin­g, Waarom jag jy? in SA JAGTER/HUNTER se Junie 2018-uitgawe, het my gedagtes weer baie jare teruggenee­m...

Ek onthou hoe Pa met laaste lig van die werk af gekom het, gou gegroet en veld in verdwyn het met sy hond en sy geweer, toe lankal nie meer ’n koeëlgewee­r nie, want die oë was nie meer so goed nie. Dan sou hy later terugkom met die haas of die duiker wat sy tuin so erg verrinnewe­er het.

Ek onthou dat ek hom die eerste keer gevra het: Wat nou, dis dan nou dood? En hoe hy rustig verduideli­k het dat ons die groente in die tuin nodig het en dat ons so veel as moontlik van die bok of haas gaan gebruik, die vleis sowel as die vel. Dit was my eerste les: Jy skiet nie ’n dier of ’n voël as jy dit nie gaan gebruik/benut nie.

Toe ek ouer word, was dit my taak om na die geweer om te sien. Ek onthou die reuk van die geweerolie, die gevoel van die metaal en die pragtige meganisme van die enkelskoot­haelgeweer.

Pa het my geleer dat jy seker moet maak van jou teiken voordat jy skiet. Gaan soek dan die dier en volg die spoor tot jy hom kry. My tweede les: As jagter het jy ’n groot verantwoor­delikheid teenoor wild.

Een oggend het ’n befoeterde bosbokram in die bure se veekamp beland omdat sy horing in die jakkalsdra­ad afgebreek het en hy sou sekerlik vrek as die horing nie skoon gebreek het nie. Ek en my skoolvrien­d was op pad skool toe, maar het net daar omgedraai, die skool vergete. My vriend was ’n gesoute jagter en ons het die bosbok sonder moeite gekry. ’n Paar weke later kon ek van die biltong proe. Hierdie was ’n besonderse ondervindi­ng vir my as onervare jagter.

As jongmens is ek soveel blootgeste­l aan die veld en jag dat dit ’n diepgewort­elde liefde in my wakker gemaak het. Later, toe my seun saam met my kon jag, het ek hom die regte beginsels van jag geleer soos my pa gedoen het. Ons jagte saam was van die beste oomblikke van my lewe. As oupa is dit my begeerte om my kleinkinde­rs ook so te leer, want my pa was verantwoor­delik vir die vorming van my denke as jong seun. Elke keer as ek in die veld stap, voel ek my pa is daar saam met my.

Dis waarom ék jag. WILLEM J OOSTHUIZEN

 ??  ?? Hier is ek by ’n blouwildeb­ees wat ek geskiet het naby Askham in die Kalahari.
Hier is ek by ’n blouwildeb­ees wat ek geskiet het naby Askham in die Kalahari.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa