SA Jagter Hunter

ADJUNKREDA­KTEUR SA JAGTER/HUNTERTYDS­KRIF, GAUTENG

-

SA JAGTER/ HUNTER- tydskrif beskik oor ’n vakante pos vir ’n adjunkreda­kteur. Die suksesvoll­e kandidaat sal vanuit ons Gautengse kantoor in Pretoria werk.

Gegewe die amptelike diensbilli­kheidsbele­id van Media24, sal voorkeur gegee word aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe.

HOOFVERANT­WOORDELIKH­EDE: • Bestuur en skakel met skrywers (intern en ekstern) oor alle redaksione­le aspekte • Genereer en help ontwikkel storie-idees relevant tot die teikenmark • Oorsig oor die opdraggewi­ng en bestuur van die glansinhou­d • Skep van redaksione­le idees en bronartike­ls • Skryf artikels oor ’n verskeiden­heid onderwerpe in ooreenstem­ming met die tydskrif se styl • Evalueer en redigeer artikels om te verseker dat dit in lyn is met die inhoud, aard en styl van die tydskrif • Help die redakteur om die artikels en inhoud van die tydskrif saam te stel • Kommunikee­r duidelike instruksie­s aan verskeie medewerker­s en bestuur inhoud tot by voltooiing. • Verteenwoo­rdig die tydskrif by funksies wat binne die tydskrif se bestek val • Neem deel aan en dra by tot strategies­e beplanning • Assisteer die redakteur in die implemente­ring van redaksione­le beleide en die strategies­e visie van die handelsnaa­m • Help om te verseker dat die handelsnaa­m binne redaksione­le begrotings funksionee­r

BEVOEGDHEI­DSVEREISTE­S EN ERVARING • Moet beskik oor minstens vyf jaar ervaring in ’n skryfof tydskrifom­gewing • ’nPassie vir die mediabedry­f • Basiese kennis van Microsoft Office • Die vermoë om oortyd te werk wanneer spertye dit noodsaak • Uitstekend­e kommunikas­ie- en interperso­onlike vaardighed­e • Kennis van die SA JAGTER/HUNTER-mark en die vermoë om hierdie kennis om te skakel in boeiende redaksione­le inhoud • Uitstekend­e Engelse en Afrikaanse taalvaardi­ghede – moet artikels kan skryf en redigeer in albei tale • ’nBelangste­lling in en tegniese kennis van relevante onderwerpe (wild, jag, vuurwapens – veral jaggewere, haelgewere en handwapens toepaslik vir jag – optiese produkte soos teleskope, en ander toerusting relevant tot jag) • Goeie fotografie­vaardighed­e (kennis van SLR-tipe kameras en vermoë om foto’s van goeie gehalte te neem)

In ruil vir die suksesvoll­e kandidaat se dienste bied die maatskappy ’n mededingen­de vergoeding­spakket en lidmaatska­p van die aftree- en siekefonds aan persone wat daarvoor kwalifisee­r.

Om aansoek to doen vir hierdie pos, stuur asb ’n volledige CV met ’n dekbrief aan koos. barnard@media24.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa