SA Jagter Hunter

'N FLUISTERBU­IS VIR 'N CZ-PISTOOL

KOOS BARNARD

-

Knaldemper­s op gewere is deesdae algemeen, maar ’n mens sien dit nie sommer op pistole nie. Die rede is seker voor die hand liggend. Enige knaldemper voeg gewig en lengte by ’n vuurwapen en maak dit lomper om te hanteer.

Om ’n knaldemper aan ’n geweer te regverdig, is egter nie moeilik nie, want dit verminder die terugskop en die geraas tot so ’ n mate dat baie mense bereid is om met die effense nadeel daarvan saam te leef.

Met pistole is dit ’n bietjie moeiliker, want die meeste pistole word seker vandag gebruik vir selfbesker­ming. Dis wapens wat daagliks deur hul eienaars gedra word en die vereistes is dat hulle kompak, lig en kort moet wees. Dit vergemakli­k die hanteerbaa­rheid ten opsigte van holster dra en ’n korter, kleiner wapen is makliker om aan die lyf te versteek.

Dis hoekom ek nogal skepties was toe Jan Lubbe van Sons of Guns in Parys my uitnooi om ’n CZ P-07-pistool, wat met ’n knaldemper toegerus is, van naderby te bekyk en te skiet.

’N LEKKER PLEK IN PARYS

Jan is die eienaar van Sons of Guns, ’n oulike en goed toegeruste geweerwink­el in Parys. Wat lekker is van hierdie winkel is dat dit ook ’n binnenshui­se skietbaan van 30m lank het. Dis breed, goed verlig en ’n plesier

om te gebruik. Jan Lubbe besit nie net Sons of Guns nie, maar is ook die voorsitter van die Olienhoutt­ak van SA Jagters wat in Parys gesetel is. Op so ’n manier gee Jan ook terug aan die jagtersen sportskiet­gemeenskap van Parys. Jan en sy vrou Leonie is gawe mense en die kuier op Parys was baie aangenaam.

’N BLIK OP DIE CZ P-07

Voor ons by die knaldemper uitkom, eers gou ’n oorsig van die CZ P-07. Soos sommige mense natuurlik reeds weet, is die P-07 ’n semi-kompakte pistool met ’n raam van polimeer-plastiek en ’n looplengte van net so onder die 4”. Die CZ P-07-pistool is ’n klein bietjie groter en swaarder as die Glock 19 en beskikbaar in 9mmP en .40 S&W. Dis een van daardie sogenaamde dubbel-/enkelaksie-pistole wat beteken dat die eerste skoot dubbelaksi­e geskiet kan word waarna dit dan natuurlik oorslaan na enkelaksie toe.

Die P-07 word verskaf met die bekende three-dot sight system wat maar net beteken die visier het twee kolletjies aan weerskante van die U-kerfie en ook ’n kolletjie op die agterkant van die korrel. Al wat jy doen, is om die drie kolletjies in ’n mooi reguit ry op te lyn, met die middelste kolletjie natuurlik op die teiken en dan die sneller te trek.

Deesdae word ’n hele aantal pistoolfab­rikate beskikbaar gestel met handgrepe wat verander kan word om vir groter of kleiner hande voorsienin­g te maak en die P-07 is geen uitsonderi­ng nie. Stroke wat aan die agterkant van die pistoolgre­ep geheg kan word, laat die greep “groei” of “krimp”.

CZ-pistole word normaalweg verskaf met twee magasyne en die pistole en magasyne word in duursame swart polimeer-plas- tiekkissie­s bemark.

’n Pistool moet jou hand gemaklik pas en dis hier waar ek die CZ goeie punte gee. CZpistole oor die algemeen pas my hande baie goed (ekself besit ’n CZ Shadow) en die P-07 het baie lekker in my hand gesit en gemaklik gehanteer.

Vir my wat aan die groter Shadow gewoond is, het die P-07 lekker klein en lig gevoel, selfs wanneer die magasyn gevul is met 15 patrone. Ek sou net ’n iet-wat groter veiligheid­sknip wou hê – die een waarmee die P-07 toegerus is, is maar klein en lê baie plat teen die pistool se raam.

Om plek te maak vir die skroefdraa­d (vir die knaldemper) steek die P-07 wat ons getoets het se loop ’n entjie voor by die glystuk uit. Dan het die pistool ook ’n hoë korrel en visier sodat die oopvisiere steeds gebruik kan word as die knaldemper aangeskroe­f is. Hierdie toetsmodel was toegerus met ’n Leupold DeltaPoint wat, soos almal seker weet, ’n dot-sight is, toegerus met ’n rooi kolletjie wat aan- en afgeskakel kan word. Die DeltaPoint wat ons getoets het, is een van daardies wat ’n sensor in het en die liggie laat aangaan die oomblik as jy die pistool optel en beweeg. Sit die pistool neer en die liggie gaan outomaties af.

En wat ’n plesier is dit nie om die Leupold DeltaPro te gebruik nie. My oë weier deesdae om beide die korrel en »

» visier in fokus te bring, so ’n dot-sight werk uitstekend. Ek was skepties of die Leupold, wat direk op die pistool se glystuk (slide) gemonteer is, die skok sou kan hanteer as dit vorentoe en agtertoe gepluk word met elke skoot, maar my vrese was ongegrond. Ons het 100 skote geskiet met die pistool en die Leupold het perfek gewerk en sy zero behou. Ek sien selfs baie kompetisie­skuts monteer deesdae dot-sights direk op die glystuk sonder enige probleme.

NIE TE GROOT NIE

Soos te verstane sal ’n mens nie graag ’n groot, swaar knaldemper aan ’n pistool wil koppel nie. Die A-Tec PMM-6 waarmee die pistool toegerus was, is 185mm lank en 35mm in deursnit. Dit lyk effens lomp aan die pistool, maar ek was verbaas om te vind dat die pistool nie naastenby so lomp is as wat ek gedink het dit sou wees nie. Die bietjie ekstra gewig aan die loop het my gepas en eintlik glad nie gepla nie. Dis nou nie ’n kombinasie wat jy weggesteek onder ’n T-hemp aan jou broek se belt sal dra nie, maar die pistool met knaldemper was baie verbruiker­svriendeli­k.

Nobleteq het spesiaal ammunisie vir die toets verskaf en hulle het 147gr CMJ-koeëls gelaai wat teen ’n gemiddelde subsoniese snelheid van 928vps die tromp verlaat het.

Nadat ek ’n paar skote geskiet het om net eers aan die pistool/knaldemper­kombinasie gewoond te raak, het ek ’n hele klomp skote vinnig en vir akkuraathe­id op 10m geskiet. Alhoewel die P-07 regtig baie lekker hanteer, is sy sneller nie naastenby so goed soos dié van my Shadow-pistool nie. Dus het ek nie veel verwag toe ek die pistool uit die vryhand vir akkuraathe­id getoets het op 10m nie. Ek was egter beïndruk met die groepering, want ek skiet bitter min pistool. Die Leupold DeltaPro het dinge natuurlik vergemakli­k, want jy plaas net die kolletjie op die teiken en druk die sneller.

Met die snelvuur het dit ook goed gegaan, of laat ek liewer sê goed genoeg om enige aanvaller op 10m of nader in sy spore te stuit. Ek sal beslis meer aandag moet gee aan snelvuuroe­feninge met ’n pistool. Ek kon egter daarin slaag om al my skote binne ’n sirkel van 20cm op 10m te plaas.

GEEN PROBLEME

Die CZ P-07 het sonder enige probleme gefunksion­eer en nooit enige storings of ander probleme gegee nie. Nadat ons met die pistool op die skietbaan by die winkel geskiet het, het ons ook die CZ/A-Tec-kombinasie op Jan-hulle se plaas buite Parys gaan toets. Ek was verbaas oor hoe goed die knaldemper die subsoniese ladings se klank gedemp het. Dit was baie gemaklik om in die binnenshui­se skietbaan sonder oorbeskerm­ing te skiet en nog soveel meer in die oop lug op die plaas. Die terugskop van die pistool word ook aansienlik verminder en dit maak hierdie kombinasie uiters geskik vir opleidings­doeleindes, veral wanneer beginners touwys gemaak moet word. Vir daardie rede alleen sal ek maklik so ’n CZ aanskaf.

Met ammunisie wat nie subsonies is nie, is die klank heelwat harder. Hou dus maar by swaar koeëls wat stadiger gelaai is. Ek dink ook dat ’n pistool met ’n knaldemper baie effektief vir binnenshui­se beskerming aangewend kan word. Diegene wat al ’n paar skote binne-in ’n kamer afgevuur het sonder om oorbeskerm­ing te dra, sal kan getuig dis glad nie ’n plesierige affêre nie. Dit mag dalk die aanvaller help afskrik, maar jou ore ervaar dieselfde trauma as syne. Die knaldemper verminder ook die trompflits wat kan help dat jy minder verblind word indien jy jouself wel in die donker in jou huis moet verdedig.

IDEAAL VIR OEFEN

Behalwe vir opleiding en huisbesker­ming is ’n pistool met subsoniese ammunisie en ’n knaldemper beslis aan te beveel vir enigeen wat dit geniet om informeel teiken te skiet of net te oefen. ’n Pistool in 9mmP skop nou nie juis vreeslik parmantig nie, maar dis veel lekkerder om met een te skiet wat byna glad niks skop nie en nog lekkerder om sonder oorbeskerm­ers te kan skiet. * Vir meer inligting en pryse oor die CZ/A-Tec/Leupold-pakket kontak gerus vir Jan Lubbe van Sons of Guns in Parys by 056110-0025 of 082-421-1122. * Om ’n video van die toets te kyk, volg dié skakel: https:// youtu.be/y8VJhFumMk­c

 ??  ?? Die CZ P-07 met die A-Tecknaldem­per wat ons getoets het. Nobleteq het goedgunsti­glik die ammunisie spesiaal gelaai vir die toetse.
Die CZ P-07 met die A-Tecknaldem­per wat ons getoets het. Nobleteq het goedgunsti­glik die ammunisie spesiaal gelaai vir die toetse.
 ??  ?? Jan Lubbe van Sons of Guns, Parys, in sy winkel.
Jan Lubbe van Sons of Guns, Parys, in sy winkel.
 ??  ?? Só vertoon die CZ met die knaldemper afgeskroef. LINKS: dot-sight. ’Die pistool was toegerus met n Leupold DeltaPro Dis direk op die glystuk gemonteer en het perfek gewerk.
Só vertoon die CZ met die knaldemper afgeskroef. LINKS: dot-sight. ’Die pistool was toegerus met n Leupold DeltaPro Dis direk op die glystuk gemonteer en het perfek gewerk.
 ??  ?? Hierdie is ’n sesskoot-groepering op 10m uit die vrye hand (staanhoudi­ng). Die CZ is akkuraat met Nobleteq-ammunisie.
Hierdie is ’n sesskoot-groepering op 10m uit die vrye hand (staanhoudi­ng). Die CZ is akkuraat met Nobleteq-ammunisie.
 ??  ?? Op hierdie twee foto’s wys Jan Lubbe van Sons of Guns hoe die CZ en knaldemper van beide kante af lyk as dit in die vuurposisi­e gehou word. Terugskop was baie min en die A-Tec-knaldemper het die knal van die subsoniese ammunisie baie effektief gedemp.
Op hierdie twee foto’s wys Jan Lubbe van Sons of Guns hoe die CZ en knaldemper van beide kante af lyk as dit in die vuurposisi­e gehou word. Terugskop was baie min en die A-Tec-knaldemper het die knal van die subsoniese ammunisie baie effektief gedemp.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa