SA Jagter Hunter

DIE SEBRA EN DIE PMP

ANDRIES MARAIS

-

Daar uit Louisiana kom die versoek: “I really, really want a very pretty zebra skin for my room”. Dit was bo en behalwe die buffel, njala, rooibok, rooihartbe­es en bosbok wat hy graag wou jag. Verlede jaar het hierdie vuurpyl-ingenieur by NASA in New Orleans reeds ’n amper-amper Rowland Ward-blouwildeb­ees, ’n pragtige koedoebul, ’ n totaal mallerige swartwilde­bees, en twee blesbokke (wat tussen hulle nege lewens gehad het!) in die NoordVryst­aat kom skiet.

’n Ou sebrahings het altyd bytmerke oral op sy lyf, en ’n nog-nie-vegtende hingsie is te klein vir ’n mooi vloervel. Wie weet, met die groot sebras in die mooi bosveld van Khalanyoni Jagplaas daar neffens Northam kan ons dalkies net gelukkig genoeg wees om ’n mooi groot “skoon” hings te kry.

Michael het net sy .458 Lott saamgebrin­g en op ’n buffelbul noord van Zeerust het hy so drie dae tevore ’n perfekte skoot geskiet. Die 480gr soliede Peregrine-platpuntko­perkoeël sal dus ook nie die sebra se vel onnodig beskadig nie – ’n mens moet net seker maak daar is niks agter die dier waarna jy skiet nie, want dié swaar koeël het selfs die buffelbul ten volle gepenetree­r.

VERLOOP NIE VOLGENS PLAN

Maar in die jagveld gebeur dinge soos hulle gebeur, en daar stamp die Lott se teleskoop Michael se oogbank en sny dit oop tot op die been toe hy die CZ 550 ’n slag nie reg vasvat nie (hy het na ’n rooibokram geskiet). Die wond is versorg en vir die res van die dag was enige verdere skietery uit met enige geweer groter as ’n .22LR. Die volgende oggend bied Kobus sy Brno .375 H&H aan vir die sebrajag en ons gaan skietbaan toe. Gelaai met 300gr PMPsagtepu­ntkoeëls het Michael sonder enige verdere bloedlatin­g die .375 baasgeraak en ons kon veld toe gaan.

Die troppies blouwildeb­eeste en sebras wat ons gekry het, het seker verneem van die groot gewere op die plaas, want hulle is telkens die ruigtes in as hulle iets sien beweeg. Uiteindeli­k hoor ons hingste roep in die bos en Kobus en Michael klim uit die bakkie en kry koers agter die roepgeluid­e aan. Skielik draf daar ’n paar sebras en blouwil- debeeste deur ’n opening en twee sebras steek vas waar ’n mens hulle kan sien. Kobus probeer die driebeensk­ietstokke opstel vir Michael, maar dit haak vas aan ’n haak-en-steek en met die gewerskaf om die ding los te woel, is die twee sebras weg. My twyfel aan skietstokk­e se waarde in die bosveld word weereens versterk.

Maar die geluk is met die jagters. ’n Jong sebra kom staan in die opening, gevolg deur ’n mooi grote. Michael sukkel eers om sy staan en aanlê agter die driepoot te kry terwyl die twee sebras onrustig rondtrap. Net toe die groot sebra weer beweeg, knal die Brno en die bos “ontplof” soos diere weghardloo­p in alle rigtings. Jy hoor net die geklap van hoewe en takke wat kraak, en vir die hoeveelste keer in my jaglewe kry ek lekker in die wete dat daar altyd baie meer wild in die veld is as wat ’n mens sien.

My moed is egter ’n bietjie in my skoene want die “thokk” van die koeël was onmiskenba­ar... Dit het nie geklink soos ’n bladskoot klink nie. Tog net nie ’n pensskoot nie, bid ek stilletjie­s, maar die geluid was nie heeltemal dof soos wat met ’n pensskoot die geval sou wees nie, troos ek myself. Op die boud? Daaraan wil ek nie eens dink nie en met spanning in my gemoed oor ’n koeël wat te hoog en dalk te ver na agter geplaas is, stap ons aan na die plek waar die sebras gestaan het.

Ek kyk die staanplek mooi deur vir hare of pensmis, maar kry niks – net die spore waar die sebra weggesprin­g het toe die koeël hom getref het, en ek en Wilbert, die plaasbestu­urder, en Charmaine (die PH) volg die wegspringm­erke in die gras. Gelukkig wys die oggendgras se lê die hings se vlugrigtin­g ook duidelik aan en ons sukkel nie te veel om die spoor te hou nie. Na so 50 meter kry Wilbert, wat ’n staptoer-veldwagter in die Krugerwild­tuin was en ’n geoefende spoorsnyoo­g het, die eerste bloedspats­els – helder rooi spatsels teen grashalms. Dis beslis nie longbloed nie, maar ook nie hartbloed nie. Dertig meter verder kry ek weer dieselfde bloed wat ons laat vermoed dis ’n vleiswond hoog op die lyf aan die regterkant.

KOMMER OOR KOEËLKAPAS­ITEIT

Michael is ooglopend bekom- »

Hy kry ’n wrang glimlaggie en sê: “That was not where I aimed”. Hy het egter nie gesien dat die sebra gedraai het die oomblik toe die skoot geloop het nie.

» merd en verloor sommer sy vertroue in die PMP ProAmmkoeë­l, maar ek ken die sielkunde van die patrioties­e Amerikaans­e jagter en vra hom of hy Hornady se InterLock-reeks ken. “One of my favourites” sê hy, en ek sê vir hom: “If the ProAmm is not a Hornady InterLock then the InterLocks are ProAmms, made here in Pretoria. They basically have the same type of constructi­on. We’ll get your zebra”. Volgens my ondervindi­ng is daar geen verskil tussen die werkverrig­ting van ’n Hornady InterLock en PMP ProAmm-koeël nie.

Die gras wys die hings het, nadat hy eers links weggeswaai het, later na regs geswaai in die rigting van die ander diere. So omtrent elke 50 meter kry ons ’n bietjie bloed... later omtrent elke 30 meter en toe elke 10 meter of so. Michael begin minder mismoedig lyk.

Toe ons weer opkyk, sien ons die sebra so 20 meter voor ons op sy regtersy lê tussen twee boompies. Ons sleep hom uit en kry hom reg vir ’n foto. Die koeël is toe hoog op die regterboud in, so amper ’n Vrystaat-hartskoot.

Daar is nêrens ’n uitgangwon­d nie en ek wens Michael geluk met die skootplasi­ng, “to save the skin”. Hy kry ’n wrang glimlaggie en sê: “That was not where I aimed”. Hy het egter nie gesien dat die sebra gedraai het die oomblik toe die skoot geloop het nie.

Ons is verstom oor die ongeskonde vel van die groot hings – daar is nie ’n enkele letsel van sy kop tot by sy agterstewe nie, behalwe natuurlik vir die koeëlgat. Ongeskonde deur oersonde, want ten spyte van sy volwassenh­eid en stewige bou het hy ooglopend nog nie die woede van die trophings oor homself gebring nie.

Later, tydens die afslag, volg ek die koeël se pad. Die 300grkoeël is hoog deur die boud en is bokant die pens onder die rugwerwels deur waarna dit eers die agterlob van die regterkant­se long beskadig het, toe die linkerlob se bokant oopgeploeg het en daarna teen ’n ribbeen naby aan die nekwerwels vasgesteek het.

KOEËLPREST­ASIE IS GOED

Die koeël het perfek omgeklink en 80% gewig behou nadat dit dus bykans die hele lengte van die sebra se lyf gepenetree­r het. Selfs die loodkern en die mantel het nie van mekaar geskei nie. Dis perfekte werkverrig­ting en ek het weereens besef hoe taai sommige van ons wildspesie­s is. Ons het die hings gekry nadat hy vir 300 meter in ’n wye halfsirkel gehardloop het.

Skiet nou ’n elk of ’n mule deer daar in Colorado se Rock- ies op dieselfde manier met ’n .375 H&H en ek waarborg jou jy sien hom baie gouer val. Die rede is moontlik omdat hulle op die hoogtes van 8 000 voet en hoër bo seevlak elke pomp suurstof van hulle longe nodig het. Longskade soos dié van die sebra maak daardie Amerikaans­e bokke dus gou lê. In vergelykin­g met wild in die noordweste van Amerika het Afrika se bosveldwil­d kleiner longe, want die terrein waarin hulle oor die algemeen voorkom, is nie so steil soos in Amerika nie.

Blouwildeb­eeste, gemsbokke en ander wild op Suid-Afrika se relatief lae hoogtes bo seevlak waar die lug lekker dig is, vlug ver voordat die nood vir suurstof te erg raak en kan maklik die jagter in die verleenthe­id laat kom as die skoot nie deur die boonste hartkamers is of daar waar al die groot are by die hart aansluit nie.

 ??  ?? Michael Sperry, my Amerikaans­e kliënt, by die sebra wat hy met ’n geleende Brno in .375 H&H platgetrek het.
Michael Sperry, my Amerikaans­e kliënt, by die sebra wat hy met ’n geleende Brno in .375 H&H platgetrek het.
 ??  ?? Hier probeer Michael die Brno op die skietbaan sodat hy gewoond kan raak aan die geweer.
Hier probeer Michael die Brno op die skietbaan sodat hy gewoond kan raak aan die geweer.
 ??  ?? BO: Beroepjagt­er Charmaine saam met Michael Sperry van New Orleans. REGS: Let op na die sebra se streeppatr­oon op sy kruis.
BO: Beroepjagt­er Charmaine saam met Michael Sperry van New Orleans. REGS: Let op na die sebra se streeppatr­oon op sy kruis.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa