SA Jagter Hunter

GEORGE-BRANDE

-

Uit George skryf Gerhan Archer, die voorsitter van die Tuinroete-tak:

Laat my toe om met hierdie skrywe my opregte dank te betoon aan lede van my tak en die Vereniging en ook te vertel van ons tak se gebeurlikh­eidsplan.

Tydens die brande in George aan die begin van November 2018 het ek as voorsitter my lede gevra om donasies te maak in die vorm van kontantbyd­raes en vleis, (ons is tog jagters met almal ’n bietjie ekstra vleis in die vrieskas). Ons tak in samewerkin­g met George Super Kitchen het warm etes aan die brandbestr­yders en brandslago­ffers voorsien. Ons het deur middel van donasies 350 brandbestr­yders vir meer as ’n week van warm maaltye voorsien, soms tot drie maaltye per dag. Verder is daar warm maaltye bedien aan al die lede van die gemeenskap wat hulle huise in die brande verloor het.

NOODVOORRA­AD Ons het ook ’n strategies­e plan in plek geplaas; die eerste 48 uur na enige noodgebeur­tenis is altyd krities en daarom beplan George Super Kitchen om te alle tye 400 gaar, bevrore etes in hulle vrieskamer te hou. Dit gaan hulle doen met die finansiele bydraes van die gemeenskap. Varsheid word verseker deur etes elke drie maande te roteer met die 1 000 kinderetes wat George Super Kitchen daagliks maak. Die voordele van sodanige noodvoorra­ad is voor die hand liggend – 400 warm etes kan binne twee tot drie ure gelewer word en skep ’n onmiddelli­ke buffer om die volgende rondte kos te begin maak. Die noodvoorra­ad kan deur enige groep aangevra word en sal (met George Super Kitchen se diskresie) beskikbaar gestel word. Die organisasi­e hoop om mettertyd 1 000 gaar etes in noodvoorra­ad te hê en beskikbaar te kan stel.

Ons het binne drie dae R18 300 ingesamel en meer as 100kg vleis ontvang. Die kameraderi­e onder die lede van SA Jagters is ’n riem onder die hart. Ons kan saam jag, saam skiet maar ook saam staan as dinge rof raak. Baie dankie aan elkeen wat bygedra het.

 ??  ?? Gerhan Archer oorhandig die kontantbyd­rae aan George Super Kitchen.
Gerhan Archer oorhandig die kontantbyd­rae aan George Super Kitchen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa