SA Jagter Hunter

WESRAND OPE-UITDAAG-KLEISKIETK­OMPETISIE

-

Bydrae deur Leon Jansen: Wesrand se gewilde jaarlikse Ope-Uitdaag-Kleiskietk­ompetisie het laasjaar, soos ouder gewoonte, op die eerste Saterdag van Oktober, dus die 6de, plaasgevin­d. Skuts van verskeie takke uit Gauteng en omliggende provinises het van heinde en ver die skietkompe­tisie bygewoon. Die lente-oggendlugg­ie was vars en skuts is met koffie, beskuit en muffins begroet. Gou-gou was die spanne hard besig om taktiek vir die dag se kompetisie te bespreek en daar was ’n tasbare opgewonden­heid asook ’n bietjie spanning in die lug te bespeur.

Na die opening met gebed verwelkom Wesrand se voorsitter, André Botha almal, verduideli­k die reëls en verloop van die dag se verrigting­e terwyl die skeidsregt­ers twee-twee uitskuif na die onderskeie skietpunte toe.

Durban Deep-skietbaan was weereens omskep in ’n haelgeweer­paradys met sommige baie moelike dissipline­s ( details) wat die manne van die muise sou skei. Dit was ook weereens verblydend om heelwat van die skoner geslag te sien skiet en selfs ’n paar juniors het ook deelgeneem.

Die baan is opgestel met nege skietpunte van verskeie moelikheid­sgrade en die “squading” het gesorg dat daar met twee spanne by elke skietpunt afgeskop kon word. Die verrigting­e het seepglad verloop en sommer kort voor lank het die eerste spanne hulle tellings begin inhandig. Teen etenstyd het al die spanne klaar geskiet en het ’n ander uitdaging die honger manne in die gesig gestaar... die middagete se vleis moes hulle gaar kry. Daar is met groot stories om die braaivleis­vure gekuier.

Nadat die manne se honger gestil is met die braaivleis, bykosse en rolletjies (geskenk deur Tito en Massimo Lupini van Lupo Bakery) was dit tyd vir die prysuitdel­ing. Ammunisie as pryse is deur Sixes and Sevens geborg en skuts het ook ’n kans gestaan om een van Safari Outdoor se ses geskenkbew­yse van R1 000 elk deur gelukkige trekkings te kon wen. Ons sê dankie aan die Lupini-broers, Peter Becker en Neil Harmse vir die ammunisie en Willem Immelman vir die geskenkbew­yse. Ons hoop om weer volgende jaar die begunstigd­es te wees van so ’n ruim borgskap.

Wesrandtak se Sabeltands­pan het met die louere in die spanafdeli­ng weggestap. Die “High-Gun” met ’n 44 uit 50 telling was André Pienaar van die Smoking Clays-span uit die Vaaldrieho­ektak.

Onder die dames het Sanet van Jaarsveld van Suikerbosr­andtak die eerste plek ingeneem en onder die juniors het Herman Labuschagn­e van Pretoria-Oostak geseëvier.

Die skuts het gehoor gegee en goed by die baanreëls gehou en tydens onderhoude met deelnemend­e skuts, het dit duidelik geblyk dat die dag weereens ’n reusesukse­s was.

Baie geluk aan die wenners asook baie dankie aan ’n ieder en elk wat kom deelneem het. Ons sien regtig uit om julle volgende jaar weer by ons te hê.

 ??  ?? Wesrand se Sabeltands­pan was die wenners van die spankompet­isie. Van links na regs: Jan Sawicki, Vinci Vimercati, Frik Viljoen, Peter Sutton en Cobus Alberts.
Wesrand se Sabeltands­pan was die wenners van die spankompet­isie. Van links na regs: Jan Sawicki, Vinci Vimercati, Frik Viljoen, Peter Sutton en Cobus Alberts.
 ??  ?? Cassie Carstens, André Pienaar (algehele wenner) en Chris Fourie.
Cassie Carstens, André Pienaar (algehele wenner) en Chris Fourie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa