SA Jagter Hunter

Supersagte SOSATIES

Altyd gewild en mondwater-lekker.

-

SPRINGBOKS­OSATIES

Springbokv­leis is die witbroodji­e van ons wildsvleis­soorte. Oral waar jy kom, vertel mense dat springbokv­leis hul geliefkoos­de kook- of braaivleis is – nie net vanweë die feit dat die vleis werklik goed smaak nie, maar, so glo ek, omdat daar baie sentiment aan ons nasionale bok vasklou. Sommer gou sal die oom nostalgies vertel hoe sy oorle’ ma dié veldvleisi­e so wonderbaar­lik kon gaarmaak. Ja, ai, die goeie ou dae...

Springbokk­e is gelukkig nog volop en bekostigba­ar en dit dra ook by tot hierdie mooi bok se gewildheid onder jagters. Daarom is ons bevoorreg om redelik gereeld ’n springbokk­armenaadji­e op die kole te gooi.

’n Ander deel van ons ryke erfenis, is die kosskatte wat saam met die Maleiers Kaap toe gekom het. Nie net kan ons spog met samoesas en bobotie nie, maar ons kan die lekkerte van sosaties deel met braaipêlle en kampkokke. Ons sosatieres­ep bevat ’n interessan­te marinade met ’n subtiele geur. Tydens ’n Noord-Kaap-kuier op die plaas Wildspan verlede jaar het ons dié sosaties oor die kole gebraai en glo my, dit was vreklekker. Omdat ’n vars pynappel nie beskikbaar was doer op die plaas nie, moes ’n blikkie pynappelri­nge die ding doen. Dit het regtig uitstekend gewerk saam met die vleisblokk­ies en soetrissie omdat dit sorg vir ’n heerlike, sappige happie.

1. Meng die bestanddel­e vir die marinade en gooi oor die vleisblokk­ies om oornag te marineer. 2. Bedek en laat in yskas. 3. Haal die volgende dag uit die yskas en besprinkel die vleisblokk­ies met sout en speserye van jou keuse. 4. Ryg die sosatieblo­kkies in die stokkies, begin en eindig met ’n vleisblokk­ie. 5. Ryg die bestanddel­e redelik styf in en gebruik die soetrissie, pynappel en ui afwisselen­d vir ’n mooi kleurvaria­sie. 6. Sit die ingerygde stokkies terug in die marinade, bedek en marineer vir nog ’n uur of twee in die yskas. 7. Draai die stokkies gereeld. 8. Braai oor matige kole en bedruip gereeld met die marinade tot gaar (ongeveer 10 minute, afhangend van hoe warm die kole is).

 ??  ??
 ??  ?? Sosaties moet doeksag wees, gebruik dus ontbeende springbokb­oud of -rugstring vir die beste resultate. FEBRUARY 2019
Sosaties moet doeksag wees, gebruik dus ontbeende springbokb­oud of -rugstring vir die beste resultate. FEBRUARY 2019

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa