SA Jagter Hunter

KOMPETISIE

-

Stukke van ’n beskadigde hut, sowel as olifantmis is onlangs tydens die inperkings­periode langs die Outeniquaw­andelpad in die Knysnawoud opgemerk. Volgens SANParke kan dit net die werk wees van Oupoot, ’n 46-jarige alleenlope­rolifantko­ei wat haarself in dié gedeelte van die Knysna-woud tuisgemaak het.

Die bewegings van Oupoot is die afgelope 15 jaar deur middel van kamerategn­ologie gemonitor en desnieteen­staande beweringe van ’n olifantpop­ulasie in die Knysnawoud, was sy telkens die enigste olifant wat op kamera vasgevang kon word.

Volgens SANParke was Oupoot se bewegings die laaste paar jaar beperk tot inheemse woud- en fynbosgebi­ede, maar sy het ook dikwels op privaatgro­nd rondbeweeg in haar soeke na kos.

 ??  ?? Foto: The Citizen.
Foto: The Citizen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa