SA Jagter Hunter

SINGAPOER LÊ BESLAG OP ’N TWEEDE REUSEVRAG IETERMAGOG­SKUBBE IN TWEE WEKE

-

Net ’n week nadat die Singapoer-owerhede op ’n vrag van 12.9 ton-ietermagog­skubbe beslag gelê het, is ’n tweede vrag van 12.7 ton van dié uiters bedreigde dier se skubbe ook ontdek.

Die tweede vrag was in ’n 12m-skeepsvrag­houer verpak wat vanaf Nigerië na Viëtnam onderweg was. Die inhoud is verklaar as sade, maar die owerhede het by verdere ondersoek die onwettige vrag ontdek en op die skeepsvrag­houer beslag gelê.

Na raming is dié vrag meer as US $40 miljoen op die swartmark werd en moes ongeveer 21 000 ietermagôe doodgemaak word daarvoor

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa