SA Jagter Hunter

BESTAANSJA­G WEER TOEGELAAT

-

Dit was met groot verligting dat Suid-Afrikaanse jagters op 5 Junie die goeie nuus ontvang het dat die jag vir vleis (oftewel bestaansja­g) onder streng beheerde omstandigh­ede weer toegelaat word onder vlak 3inperking. In terme van die regulasies wat deur die minister van omgewingsa­ke, bosbou en visserye bekend gemaak is, kan jagters met behulp van die nodige permitte weer interprovi­nsiaal reis ten einde te kan jag om vleis vir hulle eie huishoudin­gs te kan bekom.

Soos te verwagte het die inhoud van die regulasies bykans onmiddelli­k groot spekulasie by die publiek ontlok, en een van die vrae wat die meeste gevra is, is of ’n jagter sy vrou en kind mag saamneem op ’n jagtog in hierdie tye. Die antwoord hierop is ongelukkig nee, tensy die jagter se vrou en kind self jagters is, en oor jagpermitt­e van hulle eie beskik. Familienaw­eke en vakansies in die jagveld is dus nog nie ’n realiteit nie, maar sal hopelik weer ’n moontlikhe­id wees as die land na vlak 2-inperking geskuif word.

Ongelukkig het sommige jagters steeds gekies om die regulasies te verontagsa­am en doodluiter­s hulle families saam met hulle geneem. In een geval is ’n bespreking vir vier jagters by ’n jagplaas gemaak, maar ’n totaal van 26 persone het opgedaag, insluitend vrouens en jong kinders! Sulke optrede is uiters onverantwo­ordelik en kan daartoe lei dat die toegewings wat gemaak is, teruggetre­k word. Dit kan nie genoeg benadruk word dat dit nou, meer as ooit, belangrik is om by die regulasies te hou en jagters se beeld te beskerm nie.

Soos met alle nuus van hierdie aard, het dit baie werk agter die skerms geverg om die minister te oortuig om wel bestaansja­g onder vlak 3-inperking toe te laat, en die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewari­ngsverenig­ing was, saam met ander rolspelers, aan die voorpunt van sake hier. Lizanne Nel (bestuurder: Bewaring) en Boetie Kirchner (bestuurder: Jagsake) het baie harde werk agter die skerms gedoen om jag nie net weer ’n moontlikhe­id te maak nie, maar ook om die lede ingelig te hou oor die stand van sake in samewerkin­g met HAWASA (Hunting and Wildlife Associatio­ns of South Africa). Hiermee dan ’n hartlike dankie aan al die rolspelers wat jag weer ’n moontlikhe­id gemaak het!

Soos wat ons ook al gesien het in die laaste paar maande, kan die situasie op kort kennisgewi­ng weer verander. So het daar op 14 Junie verskeie omsendskry­wes op sosiale media die rondte gedoen wat aangedui het dat die regering oorweeg om die regulasies (wat op 5 Junie in die Staatskoer­ant gepublisee­r is) te herroep en te vervang met strenger regulasies. Dit sou die toestande waaronder ons mag jag onder die bestaande regulasies, weer inperk. Soos te verwagte, het hierdie skrywes wye reaksie ontlok, en het verskeie humeure weereens opgevlam.

Die realiteit ten tye van publikasie hiervan is egter dat die regulasies soos uitgevaard­ig op 5 Junie steeds geldig is, en dat bestaansja­g steeds wettig is met die korrekte permitte. Hierdie regulasies kan slegs herroep of vervang word deur middel van ’n kennisgewi­ng wat in die Staatskoer­ant gepublisee­r word. Tot tyd en wyl dit plaasgevin­d het, is bestaansja­g dus wettig en versoek ons jagters om die regulasies te respekteer, die jag te geniet en veilig te wees

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa