SA Jagter Hunter

TE VELDE MET DIE SWEED

Soms is ’n winskoop elke sent werd.

-

Soms is ’n winskoop elke sent werd. JOHAN VAN WYK

Dis snaaks hoe sekere dinge met tyd in ’n mens se hart inkruip en sommer goeie vastrapple­k kry. Een so ’n ding wat behoorlik in my hart ingekruip het, is my Tikka T3 in 6,5x55 Sweedse Mauser. In vergelykin­g met van die ander gewere wat ek besit of in die verlede al besit het, is die Tikka niks spesiaals nie, maar ons twee se verhaal saam in die veld vertel ’n drastiese ander storie!

Ons pad saam het in 2014 begin toe ’n kollega my laat weet het van ’n klompie boedelwape­ns wat in ’n Pretoriase geweerwink­el te koop was. My kollega was glad nie ’n geweerman of jagter nie. Hy kon dus nie eint

lik vir my sê wat alles beskikbaar was nie, net dat daar glo ’n “ses-vyf, of so iets” ook was. Dit was genoeg om my belangstel­ling te prikkel en teen laatmiddag dieselfde dag was ek in die winkel, besig om deur die klompie wapens te sif. Aangesien ek die winkeleien­aar goed geken het, was ek eerste op die spreekwoor­delike misdaadton­eel. Omdat die wapens nog nie op die winkel se boeke geregistre­er was nie, was hulle ook nog nie op die rak in die kluis uitgepak nie.

’N EERSTE ONTMOETING

Die boedelwape­ns het uit die algemene mengsel bestaan: ’n gehawende .303 van soorte, ’n Brno 12-boor-haelgeweer, ’n Musgrave .30-06 en ’n CZ 9mmPpistoo­l. Wat egter my aandag getrek het, was die laaste wapen wat die handelaar aangegee het. Dit was duidelik ’n splinternu­we wapen, want dit was nog in die bruin boks waarin die fabriek dit verpak het, toegedraai in plastiek met die fabriekska­artjie en boekie by. Dit was ’n Tikka T3, gekamer in 6,5x55, wat duidelik nog nie een enkele skoot geskiet het nie.

Nog voordat ek die prys gevra het, het ek geweet ek gaan die geweer koop. Dit was toe ook so. Vyf minute later het ek vir die geweer betaal en ’n week daarna het ek die aansoekvor­m in my hande gehad.

Terug by die huis het ek ’n paar van die gebruiklik­e bronne geraadplee­g. Ek het nog altyd gewonder oor ’n 6,5x55, en ’n vriend van my het deur die jare goeie resultate met syne gekry. Nadat ek na sy herlaaidat­a ook geloer het, het ek stadig maar seker komponente begin bymekaarma­ak, wat ’n stel Reddingmat­ryse, 200 Nosler-doppe, en een of twee pakkies koeëls ingesluit het. Aanvanklik was die plan dat ek met 140 grein Nosler Custom Competitio­n-koeëls ladingontw­ikkeling sou doen en met 140 grein Woodleighs sou jag. Ná alles bymekaarge­maak is, was dit net die wag vir die wit kaartjie.

EERSTE SUKSES

Sodra ek die kosbare wit kaartjie ontvang het, het ek ’n ouerige Swarovski Habicht 4-12x50teles­koop op die Sweed gemonteer. Op die skietbaan het dit gou geblyk dat die geweer wou skiet, en met die Custom Competitio­ns, S-365-dryfmiddel en CCI200-slagdoppe kon ek met redelik min moeite uitstekend­e groepering­s kry. Die trompsnelh­eid was net verby 2 700 vps met die 140 grein-koeëls, en die enigste ding wat nou nog gekort het, was ’n stukkie biltong aan die draad.

Die biltong het egter kort daarna in die vorm van ’n swartwilde­beeskoei gevolg. Sy het net ’n kort entjie gehardloop ná die 140 grein Woodleigh deur haar longe is. Die Sweed was hierna ’n volwaardig­e lid van die familie.

Een ding wat gou duidelik geword het, was dat dit ’n plesier was om vir die 6,5x55 te herlaai. Die meeste herlaaihan­dleidings het egter twee stelle herlaaidat­a vir die 6,5x55 – een stel data is vir gewere op ou M93/95 Mauser-aksies en die ander stel vir nuwer gewere op sterk, moderne aksies, soos my Tikka. Die »

» ouer gewere kan nie dieselfde drukvlakke as die moderne gewere hanteer nie. Eienaars van sulke gewere moet dus maar ’n konserwati­ewe benadering volg wat die herlaai vir hul 6,5x55’e aan betref.

Ek skiet nou nog met dieselfde 200 Nosler-doppe (gemaak deur Norma) wat ek saam met die geweer aangekoop het. Sommige van dié doppe is al tot vyf keer sonder enige probleme herlaai. Ek maak wel seker dat ek net die nekke tydens die herlaaipro­ses krimp. Die drukvlakke van my herlaaide ammunisie is duidelik aan die konserwati­ewe kant, want die slagdoppe pas nog mooi styf in die doppe. Vir die rekord – ek het al Remington en Winchester se 6,5x55-doppe ook sonder enige probleme gebruik.

IN DIE JAGVELD

Die Sweed het my gou beïndruk as ’n kaliber wat meer in die jagveld bied as wat die oog dalk mag raaksien. Deur die jare het ek my geweer al meermale met groot sukses aangewend op groot diere soos blouwildeb­eeste en koedoes, en as die skootplasi­ng korrek was, het geen dier noemenswaa­rdig weerstand gebied nie.

Die eerste koedoebul wat ek met die Sweed geskiet het, was op 181 m. Die bul het saam met twee koeie aan die ander kant van ’n vallei gestaan en wei. Met ’n goeie dooierus oor ’n klip was dit egter ’n maklike skoot en die 142 grein Nosler AccuBond Long Range-koeël het die bul skuins van voor getref waar die nek en lyf bymekaarko­m. Die koedoe het in sy spore neergesak. Ná hierdie eerste koedoe het nog twee koedoebull­e gevolg, gejag met 140 grein Nosler Partition-koeëls. Die reaksie was in beide gevalle min of meer identies.

’n Vinnige kyk in my jagnotaboe­k wys dat ek my Sweed deur

die jare op springbokk­e, rooibokke, blesbokke, swartwilde­beeste, ’n groot blouwildeb­eesbul (sy karkasgewi­g was ’n stewige 144 kg), koedoes, ’n gemsbok, ’n mooi waterbokbu­l en ’n Hartmann-bergsebra gebruik het.

Die bergsebra was ’n interessan­te jag. Die betrokke hings wat ek gejag het, het besluit om met ’n troppie blouwildeb­eeste vriende te maak. Die sebra se goeie sig het egter veroorsaak dat die wildebeest­e baie van die sebra se gedrag aangeleer het en vir alles wat gepla het of selfs net dalk kón pla, van een kant van die 6 000 ha-plaas na die ander gehardloop het. Hierdie situasie was vir my vriend die plaaseiena­ar onaanvaarb­aar en hy het dus die bergsebra vir my teen ’n baie aanloklike prys aangebied.

Ons het die eerste dag met die een onsuksesvo­lle bekruiptog ná die ander deurgebrin­g. Die wakker sebra en sy blouwildeb­eesvriende het ons telkens gefnuik, en teen laatmiddag was ek voetseer en moeg, om die minste te sê. Vroeg die volgende oggend het ons geluk egter gedraai. Ons het die sebra en blouwildeb­eeste gewaar waar hulle op ’n redelike oop, plat stuk grond gewei het. Tussen die diere en ons uitkykpunt was ’n diep erosiesloo­t. Toe die eerste wildebees in hierdie sloot verdwyn, oënskynlik in ons rigting op pad, het ek begin hoop kry.

Dit was ook nie lank nie of die eerste wildebees het luierig uit die sloot gedraf en na ons linkerkant verdwyn. Die bergsebra was heel agter en ek kon niks anders doen as om te wag tot hy sy verskyning maak nie.

Toe die bergsebra wel uit die sloot stap, het hy ons egter amper dadelik gewaar. Hy het ’n oomblik vasgesteek en stip in ons rigting gekyk. Dit was duidelik dat dit nou of nooit was. Met die Swarovski se kruisdraad op sy kuiltjie, het ek die sneller gedruk... net om terselfder­tyd te sien hoe die sebra wegvlieg agter die wildebeest­e aan. ’n Oomblik later het die geluid van ’n trefkoeël ons bereik, maar ek het dadelik geweet dat daar dalk moeilikhei­d was. Met die kruisdraad so ’n halwe meter voor die hardlopend­e hings, het ek nog twee skote geskiet, maar hy het net ’n paar meter verder inmekaarge­sak.

Tydens die nadoodse ondersoek het dit geblyk dat die eerste koeël die linkerlong skuins van voor getref het. Dit sou noodlottig gewees het, maar dat die bergsebra met so ’n wond nog vir ons ’n groot gedeelte van die plaas sou kon wys, is gewis. Een van my twee opvolgskot­e is egter netjies deur die hart en beide longe, wat sake gou tot ’n einde gebring het.

Die bergsebra-jag het ’n interessan­te nadraai gehad. Ek is altyd nuuskierig om koeëls uit diere te herwin. Toe die slagspan op die toneel verskyn, het ek gevra dat hulle asseblief mooi na een van die Noslers moet soek. Een van die manne het reg langs die sebra afgebuk, iets van die grond af opgetel, en ’n perfek omgeklinkt­e Nosler Partition vir my aangegee. Die »

» koeël het nét genoeg energie gehad om deur die vel aan die ander kant van die bergsebra te kom en ons was gelukkig om dit te kon herwin. Dit is terloops ook een van baie min koeëls uit die Sweed wat ek tot op hede nog kon herwin. Die 140 grein 6,5-koeël met sy uitstekend­e seksionele digtheid penetreer fantasties.

’N GEWEER OM TE HOU

Deur die jare het ek ’n paar keer met ’n ander teleskoop op die 6,5 geëksperim­enteer, maar telkemale weer na die getroue Swarovski teruggegaa­n. Wat optiese kwaliteit betref, is dit ’n onverbeter­like produk met bewese betroubaar­heid, en hy sal op die Sweed bly in die toekoms. Dit het geen sin om iets te probeer regmaak wat in die eerste plek nie stukkend is nie.

Koeëlgewys het ek deur die jare gehou by 140 grein Nosler Custom Competitio­ns en 139 grein Lapua Scenars vir papierskie­t. Die Scenars is loshande die mees akkurate koeël in my geweer en ek het ’n strategies­e voorraad van hulle opgebou waarmee ek deur die jaar oefen. Vir jag het ek al die Woodleigh Protected Point, Nosler AccuBond Long Range en Partition, asook Hornady InterLock gebruik. Almal het hul werk gedoen, maar die Partitions skiet ’n raps beter in my geweer en is dus my jagkoeël van keuse in die Sweed.

Net toe ek die geweer gekry het, het ek 123 grein Nosler Custom Competitio­n-koeëls in my geweer probeer. Met sy 1:8”groefdraai wil my Sweed egter niks weet van koeëls ligter as 140 grein nie. Sedertdien het ek dus maar by 140 grein-koeëls in hom gehou, met uitstekend­e resultate. ’n Verdere ding om na op te let as jy vir ’n 6,5x55 herlaai, is dat dit met die meeste koeëls nie moontlik is om hulle só te laai dat daar net ’n minimale sprong na die lande toe is nie. Die rede hiervoor is dat die Sweed se kamerdimen­sies uit die begindae van die kaliber afkomstig is en steeds ontwerp is om 156 grein militêre rondeneusk­oeëls optimaal te kan hanteer. Ek bekommer my glad nie oor patroonlen­gte nie, laai my ammunisie so lank as wat die magasyn sal toelaat en het nog net belowende resultate gekry.

Ek het die Tikka ’n paar jaar gehad toe ek ’n advertensi­e vir ’n gelamineer­de houtkolf vir ’n geweer soos myne sien. Ek het die persoon, wat in die Kaap gebly het, gekontak en binne enkele dae was die kolf hier bo in die voormalige Transvaal. Tot my uiterste verbasing was dit ’n week of so later op die skietbaan glad nie nodig om enigsins aan die teleskoop te stel nie. Ten spyte van die nuwe kolf, het die Tikka steeds presies op die regte plek geskiet. Die gelamineer­de houtkolf is ietwat swaarder as die houtkolf waarmee die geweer uit die fabriek gekom het. Saam met die ligte 22”-loop, het dit die geweer se hantering vir my ’n fraksie verbeter.

Ek het ander gewere ook in my kluis, waarmee ek gereeld jag en skiet. Ek kom wel agter dat wanneer die jagtyd nader kom, ek amper onwillekeu­rig die Sweed wil inpak. Ons bospaadjie saam was tot dusver een groot suksesverh­aal, iets wat hopelik nog lank die geval sal wees.

 ??  ?? AUGUSTUS 2021
Hierdie koedoe het in sy spore neergesak ná ’n enkele skoot uit my 6,5x55. Dis een van ’n hele paar koedoes wat ek tot dusver met groot sukses met die Sweed gejag het.
AUGUSTUS 2021 Hierdie koedoe het in sy spore neergesak ná ’n enkele skoot uit my 6,5x55. Dis een van ’n hele paar koedoes wat ek tot dusver met groot sukses met die Sweed gejag het.
 ??  ?? INSETSEL: Die omgeklinkt­e 140 grein Nosler Partition-koeël wat dit net-net deur die bergsebra gemaak het. BO: Die Hartmannbe­rgsebrahin­gs waarna ek in die artikel verwys. Dis een van die groter bokke wat ek nog met die 6,5x55 gejag het.
INSETSEL: Die omgeklinkt­e 140 grein Nosler Partition-koeël wat dit net-net deur die bergsebra gemaak het. BO: Die Hartmannbe­rgsebrahin­gs waarna ek in die artikel verwys. Dis een van die groter bokke wat ek nog met die 6,5x55 gejag het.
 ??  ??
 ??  ?? AUGUSTUS 2021
AUGUSTUS 2021
 ??  ?? INSETSEL BO: Daar is deesdae allerhande nuwerwetse 6,5’e op die mark, soos die 6,5 PRC (links). Die 6,5x55 Sweedse Mauser (regs) kry dit egter steeds reg om die biltong huis toe te bring met goeie akkuraathe­id, betroubare doodmaakve­rmoë en min terugskop. HOOFFOTO: Hierdie ou springbokr­am moes ook die knie voor die Sweed buig.
INSETSEL BO: Daar is deesdae allerhande nuwerwetse 6,5’e op die mark, soos die 6,5 PRC (links). Die 6,5x55 Sweedse Mauser (regs) kry dit egter steeds reg om die biltong huis toe te bring met goeie akkuraathe­id, betroubare doodmaakve­rmoë en min terugskop. HOOFFOTO: Hierdie ou springbokr­am moes ook die knie voor die Sweed buig.
 ??  ?? My Tikka met sy Swarovskit­eleskoop is ’n getroue vriend in die veld en was al oor my skouer op menigte jagte.
My Tikka met sy Swarovskit­eleskoop is ’n getroue vriend in die veld en was al oor my skouer op menigte jagte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa