SA Jagter Hunter

TROFEË – ANDERS GEDOEN

Oorweeg gerus ‘n ander alternatie­f as dit by trofeemont­ering kom.

-

Oorweeg gerus ‘n ander alternatie­f as dit by trofeemont­ering kom.

DAWIE STRAUSS

Professor Jan Bonsma, die vader van die Bonsmarabe­esras, tans die grootste beesras in ons land, het altyd gesê dat ’n kort potlood baie beter is as ’n lang geheue. Hy het dit hoofsaakli­k gebruik om aan te dui hoe belangrik rekordhoud­ing vir die vooruitgan­g in teling is. Die vordering wat die Bonsmara-ras die afgelope 50 jaar gemaak het, is ’n duidelike bewys van hoe belangrik ’n kort potlood werklik is.

As ek deur my boekrak kyk, staan ek verstom om te sien hoe min Afrikaanss­prekende mense hul jagervarin­gs opgeteken het. Toevallig is die eerste skrywer Botha (Afrikaans) en dan die Skotse skrywer, WDM Bell, opgevolg deur nog agt Engelse skrywers verder tot by Cummings, waarna Eloff (weereens in Afrikaans) volg. Uit die 58 jagboeke op my rak is 17 uit die pen van Afrikaners; die res is almal Engels.

Byna alles wat oor die goue jare van grootwildj­ag sowat 100 jaar gelede opgeteken is, is deur anderstali­ges gedoen. Het ons voorouers dan nie gejag nie? Nee, allermins – lees maar net Jagkonings van Von Moltke. Ons oupas en oupagrootj­ies het dit net nie aangeteken nie. Die situasie tans is steeds dieselfde.

Ons Afrikaners kan lekker “storie”, maar skryf wil ons nie.

My geologiedo­sent, oom Johan Loock, het my reeds in my eerste jaar op universite­it die waarde van ’n klein notaboek en ’n kort potlood geleer. Hy het dit in so ’n mate by my ingeprent dat hy kamstig heel verontwaar­dig was toe ek hom anderdag, sowat 40 jaar later, ’n stoute liedjie wat hy ons geleer het en wat in een van my notaboekie­s neergepen is, gewys het.

HOU DAGBOEK!

Ná universite­it het ek dagboek van al my jagtogte gehou – nie lang stories nie, net kort sinne. Soos byvoorbeel­d: 17 Julie 2006, olifantbul­letjie jaag ons in die Zambezival­lei. Dit is nie nodig om haarfyn aan te teken wat gebeur het nie. ’n Mens se geheue is wonderlik en net so ’n kort sinnetjie laat alles weer helder in jou kop opspring. Jy kan skielik onthou hoe jy Braam aangepor het om vinniger te ry. Ons was agter op die LandCruise­r en kon sien dat die bul ons inhaal omdat hy nie nodig gehad het om die kronkels van die pad te volg nie. Die verontwaar­digde trompetter toe hy besef hy het die resies verloor, hoor jy weer in jou kop.

DIE HERINNERIN­G VAN TROFEË

As ek met daardie notaboekie op my skoot in my lapa sit en lees wat ek geskryf het, en ek kyk na die horings wat teen die muur hang, is ek dadelik weer in die bos. Wanneer ’n mens jonk is, besef jy nie hoe gou hardloop die tyd verby nie. Dan besef jy nie hoe belangrik onthougoed­jies vir jou oudag is nie. Van daardie onthougoed is daardie njala-skouermont­ering teen die muur, of die kronkelpun­t-gemsbokhor­ing op die mooi houtskild.

Die Engelse noem dit “trophies”. Ons het die woord oorgeneem en noem dit “trofeë”. Die verklarend­e woordeboek sê ’n “trofee” is iets wat jy byvoorbeel­d verwerf as sukses op die sportveld behaal word. My probleem hiermee is dat ek as skut niks te doen gehad het met die pragtige horings van die 30”gemsbokbul wat heel toevallig voor my teleskoop ingeloop het nie. Daarom beskou ek eerder die skouermont­erings en horingskil­de teen die muur as aandenking­s van goeie tye in die veld of bos. My notaboekie help om daardie goeie tye in al die kleure van die reënboog in te kleur.

Die trofeë is egter iets tasbaars, iets waaraan jy kan vat – die blouwildeb­ees se horings met hul gladgeskuu­rde voorkante neem jou skielik weer terug in tyd. Dan onthou jy weer die oomblik toe jou jagmaats jou gelukwens daar waar jy langs die gevalle ou strydros kniel vir die foto. Jou eerste blouwildeb­ees. Skouermont­erings is groot en duur en horingskil­de soms net baie meer prakties.

OORWEEG ’N HORINGSKIL­D

My eerste bok, ’n blesbok, het ek op ons familiepla­as Nooitgedac­ht in die Wepenerdis­trik geskiet. My pa het die skedel met horings vir oom Dennis Snyman op die dorp gegee, wat dit op ’n mooi houtskild gemonteer het. Daarna het hy nog ’n paar ander horings vir my gemonteer. ’n Kenmerk van sy werk was die mooi, klein halfedelge­steente wat hy aan die onderpunt van elke skild wat hy gemaak het, vasgesit het.

Ná my troue het my wederhelf Lizette my duidelik laat verstaan dat sy niks van die kaal wit skedels hou nie. Gelukkig trou ons dogter Tersja toe met Ian Oberholzer, wat handig met sy hande is en lief is vir leerwerk. Hy het die kaal skedels met leer oorgetrek en die voorkoms van die skilde pragtig verander, tot so ’n mate dat Lizette ook daarvan gehou het. ’n Paar jaar later het my broer Pieter vir my ’n skild gewys wat Willem Jansen van Bloemfonte­in vir hom gemaak het. Wat ’n pragstuk! Op die skild wat met leer oorgetrek was, is ook ’n getekende prent van die bok. (Hierdie kunswerke kan op die meegaande foto’s gesien word.) Willem het oor baie jare heen verder al my skilde gemaak. Mettertyd het hy baie bekend geword en ’n mens moes ná die jagseisoen ’n maand of twee wag voor hy laat weet het dat jou skild gereed was om te kom haal. Willem het ook vir baie oorsese jagters skilde gemaak. Sy vrou Rita-Marie het my onlangs vertel dat, behalwe ’n paar voormalige Oosblok-lande, daar byna nie ’n land in die wêreld is waar daar nie van Willem se kunswerke hang nie.

Willem is in 1949 in Witrivier se wêreld gebore en was later op Ventersdor­p in die skool. In 1971 het hy by Natuurbewa­ring in die Vrystaat begin werk. In 1986 het hy sy BJuris-graad by Kovsies verwerf en in 1986 ’n meestersgr­aad in Publieke Administra­sie. Voor sy uittrede in 1998 was hy adjunkdire­kteur en het hy ook ’n tyd lank as direkteur van Natuurbewa­ring in die Vrystaat waargeneem. Hy het my vertel dat hy die veldwerk by Natuurbewa­ring baie geniet het. Later was hy egter baie betrokke by die vervolging van natuurbewa­ringswetso­ortreders vanweë sy regsagterg­rond. Van dié gedeelte van die werk het hy glad nie gehou nie. Ná sy uittrede in 1998 het sy stokperdji­e, skilde maak, toe ’n baie suksesvoll­e beroep geword.

Willem se kennis van die veld en sy diere wat hy as natuurbewa­arder opgedoen het, het veroorsaak dat hy pragtige, lewensgetr­oue sketse op leer kon vaslê – voorwaar ’n kunstenaar in eie reg.

Op 16 April 2021 is Willem ná baie pyn aan kanker oorlede. Sy nalatenska­p sal egter nog vir baie jare bly voortbesta­an. Sy werke pryk met trots teen my muur.

 ??  ??
 ??  ?? BO: Van die trofeë in my lapa wat my soete herinnerin­ge besorg. Die twee koedoes is gemonteer deur Dennis Snyman, met leerwerk deur Ian Oberholzer. Die res van die werk is deur Willem Jansen gedoen. BO LINKS: Van my trofeë wat deur Morkel Venter gemonteer is. ONDER LINKS: My eerste rooibok se horings. Die werk is gedoen deur Dennis Snyman.
BO: Van die trofeë in my lapa wat my soete herinnerin­ge besorg. Die twee koedoes is gemonteer deur Dennis Snyman, met leerwerk deur Ian Oberholzer. Die res van die werk is deur Willem Jansen gedoen. BO LINKS: Van my trofeë wat deur Morkel Venter gemonteer is. ONDER LINKS: My eerste rooibok se horings. Die werk is gedoen deur Dennis Snyman.
 ??  ?? My edelhert-skild, gemonteer deur Willem Jansen.
My edelhert-skild, gemonteer deur Willem Jansen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa