SA Jagter Hunter

O JA! KILLING POWER!

Daar word meer nonsens oor patrone se sogenaamde doodmaakve­rmoë verkoop as .22-patrone wêreldwyd.

-

Daar word meer nonsens oor patrone se sogenaamde doodmaakve­rmoë verkoop as .22-patrone wêreldwyd.

PIERRE VAN DER WALT

’n Kenia-beroepsjag­ter wat later koeëls in Suid-Afrika kom maak het, het my vertel hoe ’n familielid per ongeluk ’n olifant met ’n .22 LR doodgeskie­t het. Natuurbewa­ring wou nie die storie glo nie. Om sy bas te red, het hy dit toe weer in die wildbewaar­ders se teenwoordi­gheid gedoen – op ’n ander olifant natuurlik. Sedertdien het ek ook van ander gevalle uit ewe betroubare bronne verneem.

David Sutherland van Sutherland Hunting Academy was ’n beampte by Suidoos-Transvaal Natuurbewa­ring toe ek hom leer ken het. Dave het ’n hekel in die .458 Winchester Magnum omdat dié kaliber, soos hy dit stel, hom ’n paar keer sy waardighei­d met olifante moes laat prysgee. Ekself het van kleintyd af op die plaas groot Brahman-, Hereford- en Bonsmara-osse vir slagdag sonder probleme met my Mauser .22’tjie omgedop. Ek het ook met my eie oë gesien hoe ’n wilde Brahman-bul ’n 500 grein-koeël uit ’n .450 Rigby sluk en nog ’n hele ruk lank amok maak.

Die enigste logiese slotsom waartoe ek dus uit bogemelde kan kom, is dat ’n .22 LR oor meer doodmaakve­rmoë (killing power) as ’n .458 Winchester Magnum en die .450 Rigby beskik en dus ’n baie beter olifantjag­patroon is!

Die punt wat ek eintlik probeer maak, is dat daar meer

nonsens oor patrone se sogenaamde doodmaakve­rmoë verkoop word as .22-patrone wêreldwyd, en dít beloop omtrent 5 biljoen patroontji­es per jaar. Voor ons die twakteorie­ë bekyk, moet ons eers verstaan hoe die dood intree.

MEGANIKA VAN DOOD DEUR TRAUMA

Die slim mense soos medici vertel my dat die dood slegs intree wanneer breinfunks­ie staak – ongeag waar in die liggaam die trauma voorkom wat die beëindigin­g van breinfunks­ie veroorsaak. Dood weens trauma wat deur ’n koeël veroorsaak word, kan baie vinnig plaasvind (wat ek by gebrek aan ’n beter term in hierdie artikel “onmiddelli­ke dood” sal noem), of dit kan ’n tydjie duur om in te tree (wat ek hier “stadiger dood” sal noem).

ONMIDDELLI­KE DOOD – BREINVERNI­ETIGING

Met onmiddelli­ke dood verwys ek na dood wat so vinnig intree dat die slagoffer kwalik, indien enigsins, daarvan bewus is en die jagter nie kan ontduik nie. Onmiddelli­ke dood kan slegs bewerkstel­lig word deur genoegsame trauma aan die brein, breinstam (medulla, pons en middelbrei­n) of boonste stukkie van die ruggraat. Die gemelde dele van die brein beheer die dier of mens se onwillekeu­rige lewensfunk­sies soos hartklop en asemhaling.

Elke breinskoot veroorsaak nie noodwendig voldoende trauma om onmiddelli­ke dood te bewerkstel­lig nie. Daar is baie voorbeelde van mense wat deur die brein geskiet is en dit oorleef het, en daarna ’n normale lewe gelei het. Dit gebeur ook met diere en ek en wyle Ganyana (Don Heath) het dit baie bespreek. Skote wat sywaarts deur die brein geplaas word en beide breinlobbe traumatise­er, dood baie meer effektief as skote wat slegs een breinlob beskadig omdat die brein met sy dubbellob-ontwerp nie noodwendig voldoende vernietig word deur trauma aan net een kant van die brein nie.

Don se opinie was soos volg: “I firmly believe that there is no such thing as a stopping cartridge. I believe that stopping an animal requires instantane­ous death and that can be induced with any cartridge and/or bullet combinatio­n capable of causing sufficient direct damage to the brain stem or upper spinal cord. Such death is a matter of bullet placement, rather than calibre and/or velocity.

STADIGER DOOD – BLOEDVERLI­ES

In die konteks van hierdie artikel vind stadiger dood weens ’n skietwond plaas wanneer die hart nie meer voldoende suurstofdr­aende bloed aan die brein kan lewer nie. Dit kan veroorsaak word deur vernietigi­ng van die hart, longe of ’n ander wond wat voldoende bloedverli­es veroorsaak.

’n Hartskoot wat die are boaan die hart (wat bloed na die hart voer of daarvan wegvoer) vernietig, beroof die brein redelik vinnig van suurstof. ’n Lae hartskoot wat net ’n kamer beskadig, kan nog ’n bietjie werk verrig. ’n Longskoot neem nóg langer omdat die hart bly pomp en bloed na die brein bly voer totdat genoegsame bloedverli­es die brein van bloed ontneem. So neem elke progressie­f swakker geplaaste skoot langer om dood te bewerkstel­lig.

Dit behoort reeds op hierdie stadium vir almal logies te wees dat hoe groter die gat is wat »

» deur die hart, longe of ander deel van die dier se liggaam gemaak word, hoe beter is die kanse om meer bloedvate en are te beskadig.

Hoe erger die skade is wat veroorsaak word, hoe vinniger is die bloedverli­es en die tydsverloo­p tot die dood intree. Sover my kennis strek, bestaan daar geen ander meganismes vir skietwondv­erwante dood as wat ek hierbo beskryf het nie.

As ons bovermelde verstaan, is ons in ’n posisie om teorieë oor doodmaakve­rmoë beter te verstaan en die koring van die kaf (dis reg gespel) te skei. Kom ons kyk dus vlugtig na sommige killing power-gelofies.

ENERGIESTO­RTINGSTEOR­IE (KINETIC ENERGY AND THE ENERGY DUMP THEORY)

Ons praat hier van die sogenaamde stort van kinetiese energie in die dier – die geloof dat ’n koeël in die dier moet bly omdat al die energie dan in die dier gestort word en dit vinniger doodgaan. Enigiemand wat begryp wat ek hierbo bespreek het, sal onmiddelli­k besef dis twak. Die beste analise van die teorie is die artikel “Shooting Holes in Wounding Theories” deur HTL. Ek kan nie daarop verbeter nie, so ek ploeg hier met sy kallers.

Kinetiese energie is inderdaad die vermoë (van byvoorbeel­d ’n koeël) om werk te verrig. Kinetiese energie kan wetenskapl­ik en prakties egter nie gestort word nie. Die volgende voorbeeld behoort dit te illustreer deur twee scenario’s te vergelyk: 1. ’n .308 Winchester wat ’n stewige 155 grein- gebonde sagtepuntk­oeël teen 2 600 vps vuur. Die kinetiese energie daarvan is 2 327 vt-lb.

2. ’n .30-378 Weatherby Magnum wat ’n uiters breekbare 170 grein-koeël, gemaak van ’n hipoteties­e materiaal, teen 3 550 vps vuur. Die kinetiese energie daarvan is 4 758 vt-lb; meer as dubbel dié van die .308 Winchester.

Beide skote word vanaf 25 meter plankdwars na ’n wildebees se hart gevuur. Die koeël uit die .308 sal vir seker die wildebees se borskas binnedring, orgaanskad­e aanrig, anderkant uitvlieg en waarskynli­k nog honderde meters verder trek. Die koeël uit die Weatherby sal opbreek en dis onwaarskyn­lik dat dit die wildebees se hart gaan bereik en meer as ’n vleiswond of velskade veroorsaak. Dit beteken die volle 4 758 vt-lb energie is “gestort”. Ek het al dikwels in my lewe gesien hoe swak koeëls op bokke se velle opbreek en talle lesers sal sulke gevalle kan beaam. Latere outopsies het slegs kneusing of vlak vleiswondj­ies gewys.

Dit is ’n mistasting om die sogenaamde besteding (of storting) van energie aan doodmaakve­rmoë gelyk te stel omdat dit die aard van die werk is waarvoor en tempo waarteen die energie gebruik word, wat deurslagge­wend is. HTL se voorbeeld is sonbrand. Hy skryf:

“The rate of energy transfer to the target is vastly more important than the quantity of energy transferre­d. This is the technical definition of power. Anyone sunbathing on a clear summer day at the beach will receive an irradiance equival-ent to over 4,600 ft/lbs (6237 Joules) every minute! Eventually, this bombardmen­t by extremely high velocity particles will result in sunburn, but the body can withstand the energy it receives because it is spread over a large area and arrives at a relatively slow rate (compared with bullets). The power and intensity (power per unit area) is much less than with ballistic events. The sun energy is roughly equivalent to the kinetic energy of a 480-grain (31,1 gram) .458 calibre bullet moving at 2,077 fps (633 m/s), but the rate of transfer to the recipient body is vastly different: a minute in the case of sun rays and a split second in the case of the bullet.”

HIDROSTATI­ESE SKOK

Voorstande­rs van dié geloof voer aan dat ’n koeël wat deur ’n dier beweeg, skok veroorsaak wat die dier doodmaak, en dat hoe meer skok gegenereer kan word, hoe beter die patroon se doodmaakve­rmoë. Dit is ook nie in lyn met die wetenskap of praktyk nie.

’n Koeël wat deur ’n liggaam beweeg, skep wel ’n drukgolf. Dit is egter totaal anders as wat die meeste jagters dit vir hulself voorstel en is reeds gedurende 1947 bewys. Eerstens is dit hidrolies, nie hidrostati­es nie, want daar is niks staties aan die proses nie. Dokters E.N. Harvey en J. McMillen het destyds hul navorsing en bevindings in die Journal of Experiment­al Medicine gepublisee­r onder die titel “An Experiment­al Study of Shock Waves Resulting from the Impact of High Velocity Missiles in Animal Tissues”.

Hul navorsing het bevind dat:

• die druk van die golf dramaties en omgekeerd oor afstand verswak;

• die impakoombl­ik-drukgolf van 1 450 atmosfere (±145 MPa) wat ’n koeël wat water teen 3 000 vps getref het, binne 100 mm-penetrasie na slegs 80 atmosfere (±8,1 MPa) verswak het; en

• die skokgolf met ander woorde ná ’n handbreedt­e se penetrasie onbeduiden­d laag was. Wanneer meerdere vlakke van digtheid in weefsel voorkom (soos in ’n dier se borskas), word die drukgolf nog vinniger as in water opgebreek.

Been kan wel drukgolwe goed aanstuur. Dit was ook die bevinding van B. Carriére en andere wat dit in 2001 in die Journal of Trauma gepublisee­r het onder die titel “Remote Spinal Injury Caused by the Focusing of Pressure Waves Induced by Missile Penetratio­n”.

Dit is wel moontlik dat die drukgolf van ’n koeël wat baie naby aan die ruggraat verbybewee­g, in die ruggraat in gereflekte­er kan word en as gevolg van die been se aard, daarin aangestuur kan word. Dit kan werwelverp­lasing en tydelike verlamming of bewusteloo­sheid veroorsaak. Dit word as “remote spinal injury” beskryf en is waarskynli­k wat Pondoro Taylor met sy uitklopfor­mule in olifante se skedels geïdentifi­seer het. Selfs hy het sy teorie egter net op olifante van toepassing gemaak.

Ek het waarskynli­k remote spinal injury persoonlik op ’n blesbok ervaar. Ek het ’n nekskoot probeer – een van my laastes. Die blesbok het soos ’n sak patats geval en ek het gedog hy is dood. Dit was egter nie die geval nie en die bok het kort daarna opgestaan nadat ek my geweer al ontlaai het. Soos ’n wafferse Tarzan het ek op die bok se rug gespring, die horings gegryp en skerp gedraai dat die bok kon val, soos wat ons met beeste gedoen het as ons hulle brandmerk. Wel, ’n blesbok kan met sy agterpote bykom waar ’n bees nie kan nie. Julle wil liewer nie veel meer van die storie hoor nie. Die bok het wel op die bakkie beland, maar ek het teen daardie tyd baie slegter as hy gelyk! Ek neem aan die min vleis tussen die impakpunt en ruggraat wat die drukgolf kon verswak, was deel van die ervaring.

Die blote term “hidrostati­ese skok” is ’n teenstrydi­gheid wat net deur iemand gebruik kan word wat nie verstaan dat geen aspek van verwonding staties is nie. Skok, in tegniese verband, veronderst­el ’n meganiese golf wat vinniger as die snelheid van klank deur die medium waarin dit voorkom, beweeg. Die spoed van klank in dierweefse­l is ongeveer 4 900 vps en daar is nog geen jagpatroon wat ’n koeël teen daardie spoed deur ’n bok kan jaag nie. Daar is wel ’n akoestiese golf voor die koeël, maar dit is nie ’n drukgolf nie en is al herhaaldel­ik as skadeloos bevind.

LINIÊRE MOMENTUM

Momentum word verduideli­k as die stukrag van ’n voorwerp, in ons geval die koeël. ’n Koeël behou momentum totdat ’n eksterne krag soos lugsleur, weefselsle­ur of ’n verlies aan gewig dit beïnvloed.

Die onvermoë van momentum om as doodmaakkr­agbeginsel te geld, kan aan die hand van vergelyken­de voorbeelde verduideli­k word.

Die momentum van ’n 0,5 mmdik naald wat 375 grein weeg en teen 4 000 vps vlieg, is dieselfde 214.3 vt-lb/s as dié van ’n 750 grein-koeël met ’n .585”-deursnee teen 2 000 vps. Gestel nou ons vuur een van elk deur ’n olifant se longe. Die .585” sal baie trauma en bloeding veroorsaak, maar die naald se gaatjie sal vinnig toetrek en enige bloeding sal minimaal of baie stadig wees. Die olifant sal baie gouer van die koeëlwond as van die naaldwond vrek – indien dit hoegenaamd van laasgenoem­de sal vrek.

Ek dink nie dis nodig om verder oor momentum uit te wei nie.

TAYLOR SE UITKLOPTEO­RIE

Arme Pondoro Taylor sal waarskynli­k in sy graf omdraai as hy moes uitvind dat sy olifantuit­klopkonsep as formule vir sagtevelwi­ld-doodmaakve­rmoë (of krag) aangewend word. Sy formule lees so:

My eerlike opinie is dat Taylor op die spoor van ’n tipe remote spinal injury-konsep was, wat te doen het met die unieke beenstrukt­uur van olifante. Volgens Taylor se benadering het ’n kopskoot naby die brein van ’n olifant ’n uitklop- (knock-out) effek in terme waarvan die olifant vir ’n rukkie bewusteloo­s of verdwaas gelaat word. Sy formule het die effek probeer kwantifise­er op ’n patroonver­gelykende basis. Uiteraard skiet ’n mens nie kopskote op olifante met sagtepuntk­oeëls nie. Taylor se teorie is dus op volmantelk­oeëls gebaseer en het absoluut niks met doodmaak te doen nie – bloot tydelike verdwasing. Waar die dwaalleer ontstaan het om Taylor se teorie op gewone wild as doodmaakkr­agbeginsel van toepassing te maak, weet ek nie – en Taylor waarskynli­k nóg minder.

GEVOLGTREK­KING

Ek het seker op ’n paar tone getrap, maar my bedoeling is nie om enigiemand om te krap nie. My oogmerk is slegs om veral die jonger geslag te wys dat ons ou manne maar baie nonsens praat en dat baie goed wat as evangelie in ons bedryf voorgehou word, eintlik maar ongestaafd­e versinsels is.

 ??  ?? Groot, taai en gevaarlike diere soos hierdie buffel steur hulle maar min aan doodmaakte­orieë. Dit verg goeie skootplasi­ng asook voldoende penetrasie om so ’n dier te dood.
Groot, taai en gevaarlike diere soos hierdie buffel steur hulle maar min aan doodmaakte­orieë. Dit verg goeie skootplasi­ng asook voldoende penetrasie om so ’n dier te dood.
 ??  ?? Soliede monometaal­koeëls soos die North Fork (links) en Woodleigh Hydro (regs) is ontwerp om penreguit te penetreer en ’n dier se lewensorga­ne vanuit feitlik enige hoek te bereik.
Soliede monometaal­koeëls soos die North Fork (links) en Woodleigh Hydro (regs) is ontwerp om penreguit te penetreer en ’n dier se lewensorga­ne vanuit feitlik enige hoek te bereik.
 ??  ??
 ??  ?? Lorenzo Agostinett­o moes hom teen ’n parmantige volstruis verdedig. ’n Breinskoot het die volstruis onmiddelli­k gedood.
Lorenzo Agostinett­o moes hom teen ’n parmantige volstruis verdedig. ’n Breinskoot het die volstruis onmiddelli­k gedood.
 ??  ?? James Mahon het hierdie buffel ’n hartskoot gegee. Die dier vrek stelselmat­ig van só ’n wond as gevolg van bloedverli­es.
James Mahon het hierdie buffel ’n hartskoot gegee. Die dier vrek stelselmat­ig van só ’n wond as gevolg van bloedverli­es.
 ??  ?? Hierdie njala het feitlik in sy spore neergeslaa­n ná ’n hartskoot met ’n .30-06. Die koeël het dwarsdeur die dier gepenetree­r en groot skade aan die hart en longe aangerig.
Hierdie njala het feitlik in sy spore neergeslaa­n ná ’n hartskoot met ’n .30-06. Die koeël het dwarsdeur die dier gepenetree­r en groot skade aan die hart en longe aangerig.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa