SA Jagter Hunter

JOU REGTE, ONS FOKUS: DIE WET OP BEHEER VAN VUURWAPENS – KONSEP-WYSIGINGSW­ET

-

AANLOOP

In die kennisgewi­ng wat op 21 Mei 2021 in die Staatskoer­ant gepublisee­r is, gee die Minister van Polisie kennis van die voorneme om die Wet op Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000) te wysig. Op daardie stadium was die konsepwysi­gingswet egter nog nie in die Staatskoer­ant gepublisee­r nie en slegs beskikbaar op die Siviele Sekretaria­at van die Polisie se webwerf.

Verskeie individue, groepe en organisasi­es het dadelik hewig en met heelwat emosie op hierdie kennisgewi­ng gereageer. SA Jagters het nie onmiddelli­k gereageer nie en lede in kennis gestel dat die konsepwysi­gingswet nog nie “amptelik” gepublisee­r is nie. Hulle het hul lede laat weet dat hulle effens later kommentaar sou lewer wanneer daar geleenthei­d was om die konsepwysi­gingswet en die implikasie­s daarvan te bestudeer.

PROSES GEVOLG DEUR SA JAGTERS

SA Jagters se Raad het op Donderdag 27 Mei 2021 besluit om gedurende Junie 2021 op verskeie aksies te fokus om lede en die publiek beter in te lig oor waarmee die vereniging besig is. Die volgende het daaruit voortgespr­uit:

• Feitelike en relevante inligting is aan lede en die publiek verskaf oor verskeie aspekte soos vervat in die konsepwets­ontwerp, sowel as die proses rondom die voorgestel­de wysiging.

• Versoeke tot aksie aan lede en die publiek om spesifieke aksies uit te voer, byvoorbeel­d om petisies te onderteken of hul eie kommentaar oor die konsepwysi­gingswet aan die Sekretaria­at van Polisie te stuur. Verskeie sodanige versoeke is deurlopend gedurende Junie aan lede gestuur, ook met versoeke om die algemene publiek te betrek.

• Voorbereid­ing van gedetaille­erde kommentaar op die konsepwysi­gingswet waarin SA Jagters en die vereniging se regspan op die agtergrond volledige kommentaar voorberei het op die konsepwysi­gingswet wat ons aan lede en publiek beskikbaar gestel het, asook die indiening daarvan op 3 Augustus 2021.

• Deurlopend­e samewerkin­g met ander rolspelers, waar SA Jagters inligting en standpunte beskikbaar gestel het aan enige ander party wat dieselfde doel het, naamlik om sekere van die wysigings aan die konsepwysi­gingswet teen te staan. In hierdie verband werk SA Jagters veral nou saam met Agri SA, TLU, die United Firearms Forum en Safe Citizen. SA Jagters het verklaar dat ons ook graag met ander partye saamwerk indien hulle dit versoek, en mekaar ondersteun.

• Die bedoeling met die proses, soos goedgekeur deur die Raad, is om lede oor verskeie sake in te lig en hul ondersteun­ing te vra vir spesifieke optrede. Die Raad het ook advertensi­es in Huisgenoot, You, Drum en die Daily Sun geplaas, asook blootstell­ing op radio en TV gehad om die implikasie­s van die voorgestel­de wysigingsw­et bekend te stel. Dit het ook gefokus op SA Jagters se reaksie ten opsigte van die konsepwysi­gingswet. Bogenoemde is gedurende Junie 2021 van stapel gestuur met amptelike kennisgewi­ngs aan lede per e-pos en ’n reeks kennisgewi­ngs op sosiale media (Facebook en Twitter). Hierdie inligting is ook aan die publiek beskikbaar gestel. ’n Spesiale Zoom-vergaderin­g met alle streekkoör­dineerders en takvoorsit­ters het op Dinsdag 1 Junie 2021 om 18:00 plaasgevin­d om te verseker dat hulle ingelig is voor daar met die proses begin word ten einde hulle in staat te stel om lede en die publiek se vrae te beantwoord.

Tydens hierdie proses is alle inligtings­tukke en petisies op SA Jagters se webwerf (www. sahunters.co.za) geplaas, waaronder ’n opsomming van die voorgestel­de wysigings aan die Konsepwysi­gingswet op Beheer van Vuurwapens. Eerder as om elke voorgestel­de wysiging te bespreek, word daar in hierdie dokument gefokus op die wydie

JOU REGTE, ONS FOKUS: DIE WET OP BEHEER VAN VUURWAPENS – KONSEPWYSI­GINGSWET

sigings wat vir die lede van SA Jagters en die publiek van belang is, of van belang mag wees. SA Jagters se kommentaar op die wysigings word in die dokument uiteengesi­t en is ’n belangrike opsomming vir elke persoon wat wil verstaan wat die wysigings potensieel inhou.

Daar was geleenthei­d vir kommentaar op die wetsontwer­p vir 45 dae vanaf die datum van publikasie. Die laaste datum vir kommentaar was 4 Julie 2021. Nadat ’n hofaansoek deur die Minister van Polisie gebring is, is hierdie datum later na 3 Augustus 2021 as die finale datum uitgestel.

AD HOC-GROEP VIR DIE BESKERMING VAN EIENDOMSRE­G

Hierdie groep is ’n informele groepering van organisasi­es, georganise­erde landbou en landbouver­teenwoordi­gers, burgerlike en burgerregt­e-instelling­s, opposisiep­artye en akademici, sowel as geloofsins­tellings. Die Ad Hoc-groep vir die Beskerming van Eiendomsre­g akkommodee­r diverse groepering­e en gedagtes oor die spektrum heen.

Tydens ’n byeenkoms van bogenoemde organisasi­es op 23 Junie 2021 te Pretoria, is die voorgestel­de wysigings aan die Wet op Beheer van Vuurwapens, wat Vrydag 21 Mei in die Staatskoer­ant vir kommentaar gepublisee­r is, indringend bespreek.

Die volledige persverkla­ring van die Ad Hoc-groep is beskikbaar op die SA Jagters-webwerf, maar enkele sake word uitgelig. Die volgende is aanhalings uit die persverkla­ring:

“In ’n land waarin 8,3 uit elke 100 000* van Suid-Afrikaanse burgers vermoor word (4 976 in die eerste drie maande van 2021) en wanneer kontakmisd­aad toeneem en daar gemiddeld een plaasaanva­l per dag is, is dit ondenkbaar dat die SuidAfrika­anse Polisie dit as teiken stel om gewone wetsgehoor­same mense te ontwapen in ’n tyd wanneer vuurwapens en selfverded­iging juis hul enigste buffer is teen algehele anargie.

Die grootskaal­se ontwapenin­g van wetsgehoor­same burgers kan nie gebeur in ’n omgewing waarin misdaad floreer nie. Die staat sal eers sy eie huis in orde moet kry alvorens daar gedink kan word aan enige wetsontwer­p wat vuurwapenb­esit en beheer inperk:

• Misdaadvla­kke sal met die nodige politieke wil tot internasio­naal aanvaarbar­e standaarde gebring moet word;

• Die SAPD sal die chaos en absolute verval in die administra­tiewe proses met die vuurwapenr­egister en die proses van aansoeke tot lisensiëri­ng van vuurwapens moet opknap en digitalise­er tot ’n aanvaarbar­e en profession­ele wyse; • Die misdaadsin­dikate wat vanuit die SAPD en SANW bedryf word of waarby lede betrokke is, moet uitgewis word en behoorlike en sigbare vervolging van betrokkene­s moet plaasvind; • Behoorlike verslagdoe­ning en rapporteri­ng oor verlore SAPD- en SANW-vuurwapens en die betrokkenh­eid van individue wat wapens aan misdadiger­s verskaf (ook dié wat tydens vuurwapena­mnestie ingedien is), moet plaasvind;

• Kaderontpl­ooiing en staatskapi­ng het ’n vernietige­nde effek gehad op die SAPDen SANW-leierskap en operasione­le vermoëns. Kundigheid en ervaring is ingeboet en dit moet op pro-aktiewe en dringende wyse herstel word.”

• Daar is talle voorbeelde in die wêreldgesk­iedenis waar ontwapenin­g van burgers die begin was van staatsgewe­ld teen onderdane en selfs massa-uitwissing. Hiervan moet SuidAfrika en al sy burgers gevrywaar word en daarom kan geen risiko’s geneem word nie. Niemand kan sy plig en verantwoor­delikheid hier versaak nie.” (* Regstellin­g deur SA Jagters: Die moordsyfer in Suid-Afrika was 21,325 in 2019/2020. Gedurende daardie periode is daar dus gemiddeld 58 mense per dag vermoor en die nasionale moordkoers was 36.3 persone uit elke 100 000. Bron: Instituut vir Sekerheids­tudies)

Dit is opvallend dat die Ad Hoc-groep, wat uit ’n absoluut diverse groep van organisasi­es en individue in Suid-Afrika bestaan, gesamentli­k bogenoemde standpunte inneem en hulle baie sterk teen die konsepwysi­gingswet uitspreek. Daaruit is dit duidelik dat die redes en motiewe vir die konsepwysi­gingswet baie wyd bevraagtek­en word en dat die groep dit eens is dat dit met alle mag teëgestaan moet word.

SUKSESVOLL­E OPTREDE DEUR SA JAGTERS IN 2009

Die Wet op Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000) het in 2006 in werking getree. Tydens die oorgangsma­atreëls het daar egter ’n hele reeks spesifieke probleme ontstaan en met verloop van tyd het die frustrasie­vlakke met die herlisensi­ëringspros­es en die swak administra­sie daarvan deur die SA Polisie ernstig gestyg. Die finale stap in die implemente­ring van die wet sou die terminerin­g van die geldigheid van die “ou lisensies” op 30 Junie 2009 wees. Die destydse Uitvoerend­e Komitee van SA Jagters het dit nodig geag om stappe te doen ten einde te verhoed dat sommige lede en die publiek gekriminal­iseer word en SA Jagters het in Junie 2009 twee dringende hofaansoek­e teen die Minister van Polisie gebring:

Die Hoofaansoe­k het die hof versoek om:

• sekere gedeeltes van Skedule 1 (sekere van die oorgangsma­atreëls) onkonstitu­sioneel te verklaar;

• alle lisensies uitgereik onder die “ou wet” geldig te hou tot tyd en wyl die SAPD die nodige aksies geneem het om die oorgangsma­atreëls te wysig; en

• die SAPD opdrag te gee om Skedule 1 (die oorgangsma­atreëls) binne 18 maande te wysig.

Die Dringende Aansoek het die hof versoek om:

• alle lisensies van vuurwapens aangedui in Skedule 1 geldig te ag tot tyd en wyl die Hoofaansoe­k afgehandel is.

Die Dringende Aansoek is op 26 Junie 2009 deur Regter Prinsloo aangehoor en toegestaan.

VUURWAPENE­IENAARS MOET NOU SAAMSTAAN

Tydens 2009 is die proses hoofsaakli­k deur SA Jagters se lede ondersteun, met baie beperkte steun vanaf ander vuurwapene­ienaars en -organisasi­es. Die huidige konsepwysi­gingswet is ’n bedreiging vir wettige vuurwapene­ienaarskap soos ons dit nog nooit in Suid-Afrika gesien het nie. Samewerkin­g deur alle vuurwapene­ienaars en belangegro­epe is nou nodig om dit te beveg. Nie een van ons kan bekostig om op die kantlyn te staan en te verwag dat iemand anders vir ons vuurwapenr­egte baklei nie. Ondersteun die organisasi­es soos SA Jagters wat die konsepwysi­gingswet teëstaan.

SA Jagters het dit in 2009 vir jou gedoen. Help ons om dit weer in 2021 te doen!

 ??  ??
 ??  ?? VUURWAPENE­IENAARS MOET NOU SAAMSTAAN.
VUURWAPENE­IENAARS MOET NOU SAAMSTAAN.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa